Page 1 of 1
jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 3:50 pm
by BLOUVALKIE
hallo aan al die ooms
my naam is Jacque en ek bly in Uitenhage. ek volg die forum al lankal saam met my pa en toe dink ek om ook maar aan te sluit.
ek is 10 jaar oud en jag al van 6jaar oud af. ek wonder of ek die jongste lid is op die forum en dit sal lekker wees om met al die ander jong seuns te kan chat oor wat hulle jag en doen saam met hulle pa's.
die ooms moet maar se as hulle dink ek is te jonk maar my pa sal altyd saam met my wees so ek mag net die forum onder sy toesig gebruik.
lekker dag vir al die ooms
jacque
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 4:04 pm
by 222
Jacque
Welkom ou maat. Hoe jonger jy begin hoe vinniger en makliker leer jy. S? tog op 'n mooi manier vir jou pa dat jy op die forum raakgelees het dat mens nie so moet maak nie maar so. Dit help nogal om die ou wat dit ges? het se naam te noem.
Vra my ek weet dit is hoekom ek dryf en hy skiet, darem nie so koel in die bakkie nie.
Sterkte en mooi skiet
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 4:21 pm
by whisper
Hallo Valkie, welkom hier op ons forum, bly om te sien dat die jong bulle ook nou hier betrokke is. Hopelik sal jy die eerste van baie jong outjies wees.
Mooi loop.
Whisper.
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 4:58 pm
by Jagtersdok
Baie welkom Bulseun
Is jou pa dalk Jacky?
Bly jy is hier, leer sommer reg van kleins af
Dokkie
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 5:02 pm
by JPS
Welkom blouvalkie
My seun is ook 10 jaar die jaar. Hy is ook mal oor die site
Groete
Jp
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 5:36 pm
by .::Alwyn-U::.
welkom hier

mag jy nog baie oud word op die site!

Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 5:46 pm
by Beyers
Welkom Jaque
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 6:03 pm
by Monrique (SJ)
Blouvalkie
Hoop jy gaan dit sommer baie geniet.
@Neels
Dink ook dis Jackie se laaitie.
Groetnis
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 7:22 pm
by Dewie
Halo Jacque
Ek is ook 1 van die nuwe lede en ek is 13
Ek hoop ons gan lekker chat
Leker aand
Dewie
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Fri Jul 01, 2011 9:49 pm
by tafjak
Jacque
Welkom ou maat. Dit is darem lekker as die jongspan ook saam gesels, die ouer manne kan sommer ook iets by julle leer.
Mooiloop
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sat Jul 02, 2011 8:04 am
by Wiehan111
Welkom kerels geniet dit
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sat Jul 02, 2011 9:32 am
by BLOUVALKIE
Dagse oom Neels oom is reg pitsmit is my pa en ek geniet die forum baie. Ek leer baie by die groot ooms. Dankie vir al die welkoms
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sat Jul 02, 2011 10:47 am
by Louis102
Dewie wrote:
Halo Jacque
Ek is ook 1 van die nuwe lede en ek is 13
Ek hoop ons gan lekker chat
Leker aand
Dewie
Hey Jacque en Dewie, dis nou COOL! om sulke jong laaities te sien saam-chat. Julle moet sommer tuis voel. Hier is nogal 'n paar ooms na wie julle maar kan luister, maar o we?, hier's ook maar 'n paar ou korrelkoppe, soos ek, wie se s?goed julle maar met 'n knippie sout moet vat!
Ek hoop julle vertel ons sommer van alles wat julle aanvang.
Mooiloop
Louis
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sat Jul 02, 2011 11:12 am
by SmitH
Baie welkom Blouvalkie
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sat Jul 02, 2011 12:37 pm
by PITSMIT
oom louis102
dankie vir oom se mooi woorde. ek moet nog 'n vlakvark en rooibok gaan skiet in die vakansie en ek sal die fotos en jagstories vir almal opsit as ek klaar is.
lekker dag en almal moet vir die Stormers skree.
Blouvalkie
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sat Jul 02, 2011 8:05 pm
by Ambessa
Hallo Blouvalkie en Dewie
BLOUVALKIE wrote:...ek geniet die forum baie. Ek leer baie by die groot ooms.
...sien julle is al klaar goed welkom hier op die forum... ...soos julle reeds agtergekom het, hier is groot ooms en dan is daar nog groter ooms...
Geniet dit hier in die midde.
Ambessa
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sat Jul 02, 2011 8:08 pm
by Beretta
Ja oom Ambessa

Beretta
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Sun Jul 03, 2011 8:35 am
by BLOUVALKIE
dankie oom Ambessa
ek is mal oor die forum.
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Mon Jul 04, 2011 4:52 pm
by Raven
Blou Valkie,
Geniet dit hier, en baie welkom, hoop julle jong manne geniet dit hier.
Raven
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Tue Jul 05, 2011 1:50 pm
by theedge
jacque baie welkom en bly om te sien jy het aangesluit. Jong ek sien jy mag met n roer skiet jou pa het my die fotos gewys van nou die dag se skiet op die Rooibok teiken netjies hoor - dan praat ek nie van hoe netjies die fotos is van die mooi bokke wat jy geskiet het nie. Wil vir jou se jou pa is trots dat jy so saam met hom loop en hy spog nie bietjie by die werk nie. Leker om van jou te hoor
Re: jongste jaracal lid??
Posted: Tue Jul 05, 2011 7:24 pm
by BLOUVALKIE
dankie oom blikkies ek geniet dit baie om te jag.