Page 1 of 1

.223

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:08 am
by boetie
dag manne

vriend van my is .223 met teleskoop aangebied vir goeie prys.
hy beoog om dit vir jakkals se kind en springbokke te gebruik.
die vraag is hoe geskik is die geweer en is die ammunisie redelik beskikbaar?

enige advies sal welkom wees

dankie

Re: .223

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:13 am
by tripodmvr
223 is weermag kaliber en baie gewild en ammunisie is dus oral beskikbaar. Baie geskik vir pesbeheer en goedkoop om mee te skiet. Baie akkuraat en uitnemend geskik vir haghals skiet.

Re: .223

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:18 am
by Christo Els
Dis volgens my baie lekker kaliber
Die Manne in my omgewing skiet skiet tot blesbok en rooibokke met hom,

Re: .223

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:30 am
by boetie
dankie menere

ek sal advies aanstuur.

Re: .223

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:34 am
by Hein M.
boetie wrote: dag manne

vriend van my is .223 met teleskoop aangebied vir goeie prys.
hy beoog om dit vir jakkals se kind en springbokke te gebruik.
die vraag is hoe geskik is die geweer en is die ammunisie redelik beskikbaar?

enige advies sal welkom wees

dankie
Boetie,

Alles wat die manne hier se en 1000 keer meer!

As die omgewing BAIE winderig is, is dit 'n probleem, maar verder wen jy al die pad!

Hein

Re: .223

Posted: Sat Jul 09, 2011 3:49 pm
by ablm468
Boertjie

Gaan kyk gerus onder die jag trofeekame op Jaracal onder Vrede jag 2011, jy sal sien wat maar .223 met Blesbokke.

Re: .223

Posted: Mon Jul 11, 2011 8:17 pm
by Piet Breedt
Ek het regtig duisende bokke met my Sako .223 geskiet. Met nag oes, selfs spesies wat ek nie hier wil noem, baie van hulle.

Re: .223

Posted: Tue Jul 12, 2011 7:36 am
by boetie
dankie manne hy het hom toe gevat