Page 1 of 1
.243 Hornady GMX 80gr lading
Posted: Wed Apr 27, 2016 2:36 pm
by Spook2506
Hi Almal,
Ek wil bietjie my 243 toets met Hornady GMX 80gr punte. Het iemand n lading wat ek kan probeer met S365?
Geweer is Ruger M77 Hawkeye compact bull barrel.
Dankie byvoorbaat.
Re: .243 Hornady GMX 80gr lading
Posted: Wed Apr 27, 2016 2:49 pm
by DawieKotze
Spook - ek sien jy het vandag aangesluit - Welkom!
Hoe lank herlaai jy al?
Re: .243 Hornady GMX 80gr lading
Posted: Wed Apr 27, 2016 2:52 pm
by Spook2506
Hi Dawie,
Dankie.
Ja net nou aangesluit. ek laai al n so 2 jaar. ek laai vir my 25.06 en 30.06. ek het n lading vir my 243 met 100gr Nosler accubonds maar ek wil bietjie kleiner en vinniger gaan. het toevallig die naweek die gmx'se raakgeloop en toe kon ek myself nie keer nie.
my 25 en 30 se ladings is perfek vir my so ek verander niks daar nie.
Re: .243 Hornady GMX 80gr lading
Posted: Wed Apr 27, 2016 3:10 pm
by DawieKotze
Jy is welkom!
As jy al vir 2 jaar herlaai, dan moet jy darem al besef dat jy nie so 'n vraag kan vra nie. Dit kan uiters gevaarlik wees om 'n ander man se geweer se ladings in jou eie te gebruik.
Gaan lees bietjie daar onder die Quickload (QL) afdeling wat die manne benodig om jou op die regte pad te sit.
Re: .243 Hornady GMX 80gr lading
Posted: Wed Apr 27, 2016 3:38 pm
by Spook2506
Dis waar ja. ek het gedog daar is iemand wat n minimum lading kan voorstel solank. maar lyk my ek moet maar somchem se tabelle gebruik.
ek het toegang tot quickload en ken sy inligting benodig vir die node kalkulasies.
ek sal maar n paar goete laai en die chrony saam sleep plaas toe die naweek.
Re: .243 Hornady GMX 80gr lading
Posted: Wed Apr 27, 2016 7:32 pm
by tripodmvr
Gebruik QL en die basiese data wat jy vir S365 het. Verander die ladings vir die 80 GMX totdat jy maksimum druk kry. Verminder nou die grein lading met 10% om 'n beginlading te kry. Maks lading 44gr, dan is begin = 44 -4gr =40gr.
Re: .243 Hornady GMX 80gr lading
Posted: Tue May 03, 2016 1:30 pm
by Spook2506
Dankie Tripod.