Page 1 of 1

6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 26, 2016 6:47 pm
by hoenertjie@me.com
Naand Manne

Ek het n 6mm Musgrave by my oupa pa gekry en ek moet se, dit is my hart se punt.
Maar ek het bietjie vertroue met die geweer verloor.

Ek sukkel om te groepeer en dink daar aan om maar self te laai.

Isdaar iemad wat vir my kan se waar om tebegin .Laadings ens?

En komentaar oor die geweer. RSA Aksie...

Groete
Hoender

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 26, 2016 6:56 pm
by Heinz Petersen
Vertel vir ons eers van waar jy is en herlaai jy ook self. Dit sal die manne meer aanspoor om vir jou raad te kan gee om daai 6mm te red.
Ek glo ook nie jou naam kan HOENDER wees nie :D

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:05 pm
by hoenertjie@me.com
Hoender is maar die bynaam wat al n lang pad saam my kom.. (Lang storie)

Ek herlaai nie self nie maar van my beste vriende dien en hulle het my benader om saam hulle te herlaai .

Ek van potch en skiet die meeste van die tyd in Mareetsane, maar gaan volgende week bietjie springbok jag op witsand (Oliefantshoek).

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:18 pm
by ruaanb
rsa aksie....yummee hier is nog een ander een van wat ek weet en dan n paar P14 aksies en dan die Enfield aksies. Ek laai self vir myne en is uiters tevrede. Ek kry die beste resultate met 85gr HPBT Sierra Gameking.

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:21 pm
by ruaanb
Dis wat hy doen as ek my kant bring....Ek bewe nog bietjie lol
20160420_120453-1.jpg

Re: 6mm Musgrave

Posted: Tue Apr 26, 2016 10:15 pm
by Doepie01
Ek het ook n 6mm musgrave met die P14 aksie. Dit is n baie ou geweer maar dit is al waarmee ek skiet. Het my ook so n ruk gelede bietjie in die steek gelaat en geskiet net waar hy wil. Het orals die fout gesoek en toe einde ten laaste besluit om die geweer oor te pak en toe sommer die loop "floating" gemaak. Skiet van daar af soos n droom.

Vir jakkals skiet laai ek sierra se 85 gr en my lading is 39gr. Vir jag gebruik ek sierra of pmp 100gr punte met lading van 36.5gr. Ek is nie n geweer fundi nie maar dit werk vir my.

Groete