Page 1 of 1
Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 6:00 pm
by ablm468
Ek het die naweek gejag in die Vrystaat en het nie so noukeurig opgelet wat die manne met die karkaste doen nie. Het vertrou dat omdat dit 'n groot bekende jagplaas is hulle sal weet hoe om met 'n karkas te werk. Het egter 2 blesbokke waar die bladholtes vol bloed is sowel as 'n bwb wat bloed op die blad het, enige raad om van die bloed ontslae te raak en moontlik nog van die vleis te red die goed het nou vir 2 dae al in die koelkamer gehang. Ek verstaan vleis wat pensmis op gekry het moet jy maar afsny en weggooi, kan bloederige vleis gered word? Indien wel hoe gaan mens te werk?
Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 6:31 pm
by tripodmvr
Ek sny lang snye oor die bloederige gedeelte en spoel dit met water af. As jy 'n "WAP" kan kry help dit om die bloed af te spuit. Maak net seker daar is nie seepreste in die tenk nie.
Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 6:34 pm
by Beyers
Was met water kan klein bietjie asyn insit
Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 6:36 pm
by Monrique (SJ)
So n asyn en water mengsel werk nogal goed soos Beyers se.
Groetnis
Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 8:05 pm
by DawieKotze
Ek hou van vleiswerk, maar bloederige vleis is nie een van my gunstelinge nie. Ek het al als probeer - van afwas met asynwater tot laat l? oornag in asyn water en na my mening is dit nie die moeite werd nie! Die vleis en/of biltonge het altyd 'n bitter smaak.
My honde en katte vind baie aanklank by dit nadat ek dit bietjie gekook het en in die vrieskas hou vir hulle om oor tyd saam met my wat biltong eet, te geniet as ons rugby kyk

Dit vergoed tenminste vir die tyd wat oubaas gejag het en nie aandag aan hulle gegee het nie!!
Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 8:14 pm
by Beretta
Intresante storie die WAP ding myne spuit amper die paint van my kar af

Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 8:20 pm
by ablm468
Dankie manne het die asyn ding gedoen, dit lyk beter. sal julle op hoogte hou as ons die biltongtjies kerf.
Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 9:13 pm
by erx
Het maar altyd met die asyn water mengsel afgespoel. Was op 'n jagplaas waar hulle die blaaie met 'n growwe nylon skropborsel geskrop het onder lopende water, perfek gewerk.
Was onlangs op 'n wilds bewerkings kursus van Freddy Hirch, hul se gee al die bloed vleis vir jou honde, dis daai bloed wat wors na 'n rukkie suur laat word.
Groete
erx
Re: Bloederige vleis
Posted: Wed Jun 29, 2011 9:30 pm
by tripodmvr
Beretta wrote:
Intresante storie die WAP ding myne spuit amper die paint van my kar af
Dis juis wat die sterk water met die bloederige vleis doen. Dit blaas alles weg. As die bloed egter lank daar was is asynwater moontlik die enigste redding.
Re: Bloederige vleis
Posted: Thu Jun 30, 2011 8:49 am
by Spanner
Ek het by 'n ou slagter in Secunda verneem wat hy die vleis was, in bietjie asyn water laat l? en dan opsny vir dro?wors en maal. Hy gooi tog self 'n klein bietjie asyn in die dro?wors en die "suurword" sal nie gebeur nie. Ek het dit die jaar probeer en dit werk soos 'n droom. Ek het nie vreeslik baie bloederige vleis gehad nie maar ek het 99% daarvan benut en dit het nie hondevleis geword nie. Maak net seker jy sny al die vleis weg wat met pensmis of pens-sappe in aanraking gekom het. Moenie kanse vat daarmee nie.
Spanner
Re: Bloederige vleis
Posted: Thu Jun 30, 2011 8:53 am
by Geno
Spanner, wie is daai slagter? Oom Frans Nel van Trichardt slaghuis?
Re: Bloederige vleis
Posted: Thu Jun 30, 2011 9:58 am
by Spanner
Ja, dis hy. Baie gawe ou oom. Hy het eers al my karkasse vererk voor ek self die toerusting gekoop het. Hy het ook sy wors resep vir my gegee en ek het dit so bietjie aangepas na my spesifieke smaak - en nou is ek tevrede. Oom Frans maak kookwater gerookte vleise, ek sal maar aanhou om my vleis by hom te laat rook.
Re: Bloederige vleis
Posted: Thu Jun 30, 2011 10:05 am
by Geno
Dis korrek ja! Hy verstaan sy storie! Ek gaan hoeka die naweek Secunda toe.
Re: Bloederige vleis
Posted: Thu Jun 30, 2011 10:43 am
by Spanner
Jy moet maar 'n ordentlike baadjie ook insit - ek verstaan die aande is nou lekker koud. Ek is in Nederland vir twee weke en hier is dit 35?C met 95% humiditeit ! Dit begin eers 22:15 hier donker word, en dis al 04:20 weer lig. Dit krap my biologiese klok heel om !