Page 1 of 1

Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 3:25 pm
by ablm468
Sal graag wil hoor wat julle ervaring van Moreson ranch was? Sal julle later my indrukke gee.

Re: Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 4:00 pm
by 300Winmag
Ek sal graag hoor wat julle s?. Ek het daai advertensie al paar keer bekyk maar nog nie tyd
gekry om na hulle te gaan nie.

Re: Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 4:09 pm
by Cobus(Cobb)
Yip, ek wag ook in spanning...

Re: Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 4:37 pm
by Dawid
Watter advertensie waar  ??? ??? ??? ???

Re: Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 4:41 pm
by Frederik
Ek het al van 2004 af intl. jagters soontoe gevat so het geen idee met biltong jagte nie maar die ild is daar en as jy wil kon ons nog altyd self bekruip het al is dit oop maar met die berge maak dit moontlik om dit te doen.
Baie blesbokke en groot swartwildebees trofees.

Re: Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 5:46 pm
by ablm468
Wat van diens?

Re: Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 7:19 pm
by Jagtersdok
Ek was nog net daar gewees met bachelor naweek.
Mmm ons het so hard geboks met die local manne dat die polisie opgedaag het ;D
Die waitres op die barcounter het darem 'n Cyoty Ugly effek gehad.
Ek dink hulle pryse is ook vrek hoog

Re: Moreson ranch

Posted: Wed Jun 29, 2011 7:45 pm
by Frederik
Hansman wrote: Wat van diens?
Ek sal weer kliente soontoe vat as hulle Vrystaat spesies soek.

Re: Moreson ranch

Posted: Thu Jun 30, 2011 1:39 pm
by BLOK
Dok

Van watter pryse praat ons nou die cyotie's of die wild sin ;D ;D ;D

Re: Moreson ranch

Posted: Thu Jun 30, 2011 2:30 pm
by Cobus(Cobb)
Hans...

Ek wag nou te lank....gee bietjie JOU indrukke v/d plek..

Re: Moreson ranch

Posted: Thu Jun 30, 2011 3:21 pm
by Jagtersdok
Cyotes verniet, wild duur ;D

Re: Moreson ranch

Posted: Thu Jun 30, 2011 4:12 pm
by BLOK
Klink vir my as ek na jou ervaring daar luister na een cyotie een blou oog twee cyoties twee blou oe en die wild baie geld. ;D ;D

Maar alle raakskote was seker goeie skote.  ;)

Blok

Re: Moreson ranch

Posted: Thu Jun 30, 2011 4:14 pm
by Beretta
Dag Manne
En die drank gewaarborg ses fights per bottel as so luister ;D

Re: Moreson ranch

Posted: Thu Jun 30, 2011 8:42 pm
by Jagtersdok
Blok ek wil nie brag nie, maar nog geen ou het die voorreg gehad om my blou oog te gee nie. Maar die spitbraai was darem lekker daar by die plek

Re: Moreson ranch

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:02 am
by Christo Els
Jagtersdok, Dan moet jy aansoek doen vir nr 11 springbokvleul, want 'n mens kry nie blou o? as jy vinniger is as die ander en ook nie omkyk nie. ;D ;D ;D ;D
Jagtersdok wrote: Cyotes verniet,  ;D
Ek het nie geweet hulle noem dit spitbraai nie  ;D ;D

Re: Moreson ranch

Posted: Sun Jul 03, 2011 8:09 pm
by ablm468
Ha ha ha manne, ek het nou julle indrukke sover waarder. Kon nie vroeer respond nie het vleis gewerk.

Ek moet se die jag was lekker,

Sal aanbeveel dat hulle aanklokreel instel wat vir almal geld sodat dit na 11h00 ligte uit is en manne dan moet gaam slaap, moenie verskillende reels vir groepe en vir die res he nie.

Dan sal ek reken die restaurant kort bietjie finesse, alles loop nie so glad nie.

Die plek het werklik potensiaal, met die leeu teel projek ens dit kan mense lok. Kinders kon met die leeuwelpies speel wat hulle baie geniet het. Hierdie is dus meer as net 'n jagplek ook 'n vakansie oord vir die gesin. 

Daar is baie wild, +/- 1500 blesbokke en baie swb en bwb. Die verblyf is basies, nie luuks nie kan egter doen met meer verhitting, een klein "blaasheatertjie" is verseker onvoledoende vir die koue Vrystaatse dae wat ons pas deur is. Ons eenheid het nie mikrogolf in gehad nie, bietjie ongemaklik as mens iets wil warm maa sonder die mikro. .

Die kapasiteit itv jag gidse is ook onvoldoende, indien daar groot groepe ingeboek word saam met individuele jagters moet daar gesorg word dat daar genoeg gidse is om aan almal aandag te gee. Moenie dat die indruk gelaat word dat my geld minder werd is as die van 'n groep nie. Wat vir een geld behoort vir almal te geld.

Verder is die plek baie sentraal gelee +/- 150km vanaf jhb. Het voldoende slag fasiliteite. Gevoel is egter dat daar beter beheer moet geskied oor afslag van wild en skoonmaak van karkaste, van my bokke het nog mis in die ribbekaste gehad, maw nie oordentlik gewas nadat afgelsag is nie.

Die diere is wild aangesien daar baie jagters is, so skote is nie naby nie 300 - 350 m so maak seker jou geweer is ingestel op die afstande anders gaan jy betaal vir kwesbokke.

Ek sal die plek aanbeveel maar gaan met oop oe in, weet waarvoor jy jouslef inlaat.

Jagtersgroete

Hansman