Page 1 of 1
Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sat Apr 16, 2016 11:48 am
by bakoor
Hi, ek moet 'n keuse maak om 'n goeie nagjag teleskoop te koop. My vraag...wat koop ek? My begroting is +- R14 000. Ek gaan nie die geleentheid hê om enige scope op te tel en deur dit te kyk nie, want ek bly ver van enige sentrums.....gaan moet oor internet bestel.
Vortex viper 6.5 -20 x 50 (mil dot)
Rudolph 6 x 24 x 50
Hawke sidewinder 4-16 x 50 (10 x half mil dot)
Hawke 30 SF 5-30 x 50 (LR dot) of (TMX mil dot)
Enige ander voorstelle sal waardeer word, help my asseblief manne.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sat Apr 16, 2016 12:24 pm
by Dewitt
Zeiss Duralyte(dink hy is nou Conquest) 3-12x50
Meopta 3-12x50
Groete
Dewitt
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sat Apr 16, 2016 12:34 pm
by Lamtjop
Bakoor, ek sal kyk na europese scopes. Hul spits hulle meer daarop om scopes te bou vir lae lig toestande, die meopta 3-12x56 is n bitter duidelike scope kyk ook na swarovski z3 , 4-12x50. Huntex pryse is onder R15000.Zeiss conquest 8x56, S&B klassik, of n Kalhles. Lekker shop.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sat Apr 16, 2016 1:12 pm
by bakoor
dankie, julle maak al klaar vir my 'n nuwe wêreld oop. Sien ek gaan eers baie huiswerk moet doen, want ek kan nie beskostig om 'n fout te maak nie.
Nogmaals dankie vir julle hulp sover.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sat Apr 16, 2016 3:26 pm
by ruaanb
Ek het die Hawke Endurance SF 6-24 x 50 LR Dot. werk mooi in die nag vir my in elk geval
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sat Apr 16, 2016 4:04 pm
by Boomstomp
Lamtjop gaan kyk na Kahles scopes,
www.opticsinternational.co.za het 'n paar. Ek weet hulle bou 2 scopes wat presies gemaak word vir aanjag.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sun Apr 17, 2016 2:57 pm
by Capt. Yoda
Watse 6-24 Kahles verkoop hulle vir R14 000?
Bakoor hoekom soek jy n 24x scope om in die nag te skiet?
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sun Apr 17, 2016 3:53 pm
by Boomstomp
Capt. Oblivious wrote:
Watse 6-24 Kahles verkoop hulle vir R14 000?
Bakoor hoekom soek jy n 24x scope om in die nag te skiet?
Ekt nie gesien 6-24 vergroting is vereiste nie.
Meeste Europese teleskope vir nagjag is meer 3-10 of 3-12 vergroting, met 50mm of 56mm objektiewe lense, en spesiale "coatings" op die lense. Sou geraai het dis meer waarna mens kyk.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sun Apr 17, 2016 4:51 pm
by Capt. Yoda
Ja ek stem saam n goeie12x sal leke werk in die aand
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sun Apr 17, 2016 5:51 pm
by bakoor
6-24 is nie 'n vereiste nie, ek soek net 'n goeie, duidelike nag teleskoop. Baie dankie vir julle hulp sover. Dit wil vir my ook lyk of the 12 x 50 of 56 die beste opsie gaan wees.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Sun Apr 17, 2016 9:24 pm
by Jackalsniper
Wildman het huntex special gehad op meopta, anders Humansdorp koop. Ek skiet met n Meopta 3-12 x 56. met 4b kruis. baie helder! En ek het hom nog net een keer ingestel, en ek ry baie met my geweer in die bakkie op grond paaie ens ens so die geweer skud maar van tyd tot tyd en hy het nog nooit uitgestel of iets nie. my tweede scope sal weer n Meopta wees. Kyk ook maar n scope met groter vergroting as 12 het paralax verstelling wat partykeer maar pla as men vinnig wil inzoom en ID. kry iets wat eenvoudig is en vir nagskiet 56 mm lens.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Mon Apr 18, 2016 6:24 pm
by bakoor
Baie dankie vir al die hulp, ek het vir my 'n Meopta 3-12 x 56 gekry en hoop om hom more aand uit te toets.
Re: Hulp met teleskoop keuse
Posted: Mon Apr 18, 2016 6:49 pm
by henning
Ek het hopeloos te min ondervinding met teleskope maar my Vortex Viper is indrukwekkend met die prys wat jy daarvoor betaal.
Groete
Henning