.300 Remington Ultra Mag

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

.300 Remington Ultra Mag

Post by Lourens »

Dag manne,

Eerstens jammer vir my klomp verskillende topics so opmekaar, ek het onlangs aangesluit by die forum en is klaar verslaaf daaraan, ek kan nie genoeg kry nie!  ;D

Aangesien ek nog redelik nuut op die forum is het ek bietjie gesit en rondspeel en op 'n interesante topic afgekom rakende een van Ludwig se maters wat 'n .338 Edge wil bou.
Die geskikte aksie was onder bespreking gewees en daar is gepraat dat 'n Remington of Howa aksie moontlik gebruik sal word, in die geval as enkelskoot omdat die magasynkas te kort sou wees.
Hier het ek ook gelees daar is blykbaar al manne wat daarin geslaag het om .338 Lapua's op die Howa aksie te bou.

Dit het my bietjie laat dink... Ek wil my hele lewe lank nog 'n 300 Ultra Mag h? en al wat my gekeer het tot dusver was daai lang aksie wat so lekker duur is. Hierdie is ook maar 'n "I want it because
I want it geval" en al het ek ander kalibers wat die werk net so goed kan doen, is daar net iets aan hierdie ultra mags wat my hart vinniger laat klop.
Met die lees van die betrokke post besef ek toe dat n man mos dan ook die .300 Ultra op 'n Howa aksie kan bou, en hom dan as enkelskoot skiet nie waar nie?
Dit pla my glad nie dat hy nie 'n magasyn sal he nie, dink in elk geval nie jy gaan meer as een skoot nodig he met hierdie monster nie... ;D

Die goedkoopste opsie is dus om 'n Howa 1500 in 300 Win te koop, die boltface oop te maak en dan te rebarrel en rechamber na 300 Ultra toe. As die finansies rerig knyp kan 'n ou seker die bestaande loop hou
en net 'n nuwe kamer sny, maar ek dink darrem hy sal sommer spoggerig lyk met 'n lekker vet 26'' loop op!  8)

Is daar dalk ouens op die forum wat ervaring het met .300 Ultra's? Watter smid het dalk 'n reamer en guages? Ek lees graag wat die manne te se het!

Groete,

Rooijakkals
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by baboonstalker »

Ek wil my hele lewe lank nog 'n 300 Ultra Mag h?
Jakkals, Ek neem aan dat jy dan nou twaalf jaar of jonger moet wees (die 300 RUM het eers in 1999 sy opwagting gemaak). Ek stel voor dat jy eers vir jou 'n lekker ligte windgeweer kry en as jy hom baasgeraak het kan jy iets groter (miskien jou pa se .22 of 223) begin skiet.
'n 300 RUM gaan eers tot sy reg kom met die swaarder koe?ls (200 - 240gr) en dan gaan hy ook lekker skop.
;)
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by Lourens »

Haha baboonstalker... slaan ek nou sommer vroeg vroeg my naam met 'n plank hierso... maar jy weet wat ek bedoel. Van 1999 tot nou is darm al so 12 jaar lank.  :)
Ekt ok gedink hy sal mooi loop met 'n 220gr of 240gr koeel... Sal 'n lekker speelding maak om daai gemsbokke en elande van die kalahari somme van wyd af pak te gee!!
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by baboonstalker »

Ek sien ook die Amerikaners is lief vir die RUM's op langafstand jag en ek dink dit is maar waar hy tot sy reg gaan kom.

Hier is sy pedigree:

http://en.wikipedia.org/wiki/.300_Remington_Ultra_Magnum
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by Lourens »

Daai 7.82 Warbird lyk ook vir my soos 'n lekker speelding Ludwig, maar ek sal versigtig wees omdat ek dink n man gaan nogal bars om doppe en so hier by ons te kry.
Die .300 RUM is ook nie die maklikste kaliber om komponente voor te kry nie, maar ek het darm al hier en daar van dit gesien. Groot plekke soos Safari & Outdoor mag dalk
ook kan uithelp met doppe ens... Ek sal dit nogal geniet om gemsbok op lang afstand met hierdie perd te gaan haal... ;D

Ek sal hom maar een van my langtermyn projekte maak, intussen sal ek solank maar pro-aktief wees en die skouer begin Voltaren smeer...  ;D ;D ;D
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by Frederik »

My eerste ondervinding met die 300 Ultra mag was in 2000 met Amerikaanse jagter die ding skiet plat skop nogal maar was baie akuraat net te vinnig vir die barnes X let wel ek praat van die ou Barnes X hulle het nie oopgemaak nie maar in ingevou as jy dit kan glo en die diere wou nie dood nie want hulle was basies met 'n soliede koeel geskiet in elk geval sy skootplasing was goed en later deur die jag op die baan kon ek paar koeels uitkrap uit die sand wat toe ingevou was ???

Dit is seker waar die TTSX vandan kom.
So probleem is opgelos en ek het laasjaar met ook 'n ander klient se geweer mooi springbok ooi op 360 meter geskiet asook 'n volstruis op volspoed se bene laat invou met die.
Ek hou van hulle maar hulle is gebou vir 'n doel en dis plat skiet en lang afstande ek sal nie in die bos met een jag nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by bobby »

what's the barrel life on this calibre ?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by Geno »

Manne,

My eerste ondervinding met die 300RUM was in 2003 saam met 'n klient wat die 200gr Nosler Accubonds geskiet het teen oor die 3100fps uit 'n 30" loop.
Hy het my vertel dat hy gemaklik is met skote tot op 800yds, en kyk, daai man kan skiet!
Ons het heeltyd 'n rangefinder en windmeter by ons gehad, en die klient het 'n cheat-sheet gehad op die kolf.
Onjs het die volgende geskiet:
Wit blesbok: 497yds (morsdood)
Waterbok: 430yds (morsdood op die spot)
Blouwildebees: 110yds (Kwes)
Eland: 260yds (Dood)

Elke bok was opgetel, die wildebees eers die volgende dag agv 'n frontale skoot wat getrek was.

Dis 'n baie impressive kaliber, maar ek soek hom nie.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by Lourens »

Ludwig ou maat ek is nogal geneig om met jou te wil saamstem. Ek het maar aan 'n .300 Ultra gedink bloot omdat ek vandat hy sy kop uitgesteek het baie van sy specs gehou het en ook nogal gehou het van die idee om 'n vinnige amerikaanse ultramag te besit. Ek is opsoek na iets wat eksklusief as Kalahari geweer kan gebruik. Ek het 'n 7mm Rem Mag wat bitter akkuraat is en wat ek met 160gr Barnes TSX gebruik, maar sal nie van hom my long range geweer wil maak nie bloot omdat ek hom nogal baie aanwend as 'n werksgeweer in alle tipes veld.

Baie interessant vir my is dat jy die 7mm WSM gekies het, ek hou van daai short mags. Ekt nogal gedink 'n 270 WSM kan ook 'n lekker roer maak. Op watter aksie bou jy en wie doen vir jou die bouwerk?

Daar is 'n paar baie nice long range kalibers beskikbaar. Ekt ander dag 'n ou op die baan gekry wat sy nuwe 6.5-284 geskiet het en het amper 'n hartaanval gekry toe ek sien hoe akkuraat daai masjien is.
Die 6-5-284 is vir my 'n baie nice kaliber, ek sal net kwaai versigtig wees met hom op die groter en taaier goed soos wildebees en eland. 'n Ander kaliber wat ek gehoor het die long range en kompetisie
manne nogal baie skiet is die 7mm Tombi. Dis egter 'n kaliber wat ek glad nie ken nie en nie 'n idee het van sy specs nie. Maar so lekker long range kaliber met 'n lekker tactical kolf en 6-24 scope laat my
vinger sommer jeuk!
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by BLOK »

Toe ek die post begin lees het ek gewonder hoe lank gaan dit vat voor Ludwig met daai 7mm voorstel gaan kom.  ;D ;D

Party manne op die forum begin mens al lees soos n boek. Jy weet wat gaan kom jy weet net nie wanneer nie. :D

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by Lourens »

Daai is nou waarheid wat jy daar praat ou Ludwig, daar sal maar net sommige kaibers wees waarvan 'n man nooit genoeg kan kry nie. Ek gaan verseker bietjie meer leeswerk doen oor die hele long range geweer bou en die keuses wat 'n man als het. Ek dink jy het baie goed gedoen met die keuse van daai 7mm WSM, dit blyk om 'n skitterende rondte te wees en ek is seker jy gaan 'n paar goed nog hard pak gee op langafstand met daai oukie!
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by James Wilson »

Rooijakals,  gaan kyk vir intresantheid watter 300kaliber het die meeste performance vir die minste kruit verbruik. maw watter een is die meeste ekenomiese kruitverbruiker vs  performance. jy sal verbaas wees watter een is  dit.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .300 Remington Ultra Mag

Post by Arnold »

Met Somchem kruite werk die 300WM baie mooi, dieander groot goed se dop kapasiteit is te veel vir ons poeiers. 'n 300 WSM behoort ooki mooi te loop aangesien die twee mos boeties is  ;)
Post Reply