Page 1 of 2

Waar zero ek my 308

Posted: Sun Apr 10, 2016 12:22 pm
by Petrus.nel
Middag Maats.
My 308 Tikka het n Ruddolph scope op. (4~16*50.)
Baie lekker scope. Ek het onlangs gesien hy begin baie regs en hoog skiet. Ekt daarna agter gekom my scope het geskuif. Lyk of hy nie eweredig vas was nie. Ek het hom reg geskuif en mooi vasgemaak.

Ek het gister weer op 25 meter begin en hom mooi ingestel op 25 meter. Op 100 skiet hy toe nog heelwat links en bietjie bo. Stel toe 12 clicks regs, daarna skiet hy toe presies so net aan regterkant. 6 clicks links en hy is op kol. 2 skote sny op kol en daarna skiet hy weer 5cm hoog maar in lyn.

My punt is ek sukkel om hom mooi te zero op 100.

Wat doen ek verkeerd? Hy skiet nou redelik konstant 5cm hoog met so 5cm groep. ( ek werk nog aan my tpl, ek vermoed eks te ver van die lande af)

Enige raad van die kenners. Driepoot en daai manne?

Baie dankie
Sp

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sun Apr 10, 2016 12:32 pm
by Petrus.nel
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160410/3eec36f5aba4f7188a610360ce99c68a.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sun Apr 10, 2016 12:33 pm
by Petrus.nel
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160410/6fe5dd16861763959e2a6567e6e6efe4.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sun Apr 10, 2016 1:11 pm
by GVC86
Laat jy die loop afkoel tussen skote?

Vriend van my het net so gesukkel met sy zero na skoot nommer 4, mag dalk nie die probleem wees nie.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sun Apr 10, 2016 4:00 pm
by Petrus.nel
Dis moontlik Gvc86. Ekt op een stadium gedink hy maak so na die 2de skoot. Maar was egter nooit n probleem nie. Skiet so 8 skote in 15 min. Dan laat rus ek hom. Hoelank moet hy rus na elke skoot?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sun Apr 10, 2016 4:28 pm
by PWV
Hallo Petrus
Hier op die forum is nie 'n ou wat so heldersiende is om dadelik jou probleem op te los nie.
'n Mens moet maar stelselmatig by 'n kant begin en alle moontlikhede ondersoek, bv. is daar drukpunte aan die loop wat konstante akkuraatheid kan beïnvloed, is die aksie goed gebed in die kolf, is die loop "free floating", is die teleskoop goed gemonteer, met watter soort ammunisie skiet jy, herlaai jy self, ens.?
Daar is baie "foute" wat 'n mens stelselmatig moet illimineer voordat jy met die instelling kan begin.

Om jou oorspronklike vraag te beantwoord: my teleskoop is op 100 m ge-zero. Met 'n 20-MOA rail, kan ek gemaklik tot op 800 m opstel.

Is daar nie 'n gesoute skut in jou omgewing om jou te help nie? Daar is baie Jaracal-lede in Bloem.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sun Apr 10, 2016 9:35 pm
by Lukie
Watse punte en kruit gebruik jy?

Rede hoekom ek vra is, die 308 is baie vergewend wat puntdiepte betref. Die massa van die punte is egter 'n ander storie. Ligte (<155g) punte zero maklik op 100m, uit my ondervinding. Die swaarder punte (155 en op) groepeer makliker op 200m.

Dit was interessant om op te let dat my geweer met 'n 200m zero beter groeperings gee op 100m. Ek het geen verduideliking daarvoor nog nie. Net 'n observasie. Sterkte.

PS Oom Pieter is 100% reg. Begin op 'n punt en gaan deur elke veranderlike op jou geweer en ammunisie totdat jy die haakplek vind. Iemand wat jou "one on one" kan help in persoon, sal hierdie proses baie vinniger laat gaan.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Thu Apr 21, 2016 6:17 pm
by Lukie
Petrus, het jy toe reggekom met jou geweer?

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:28 pm
by Petrus.nel
Hi Lukie. Heel wat beter op my laaste besoek. Ek vermoed dis maar die hitte van die geweer. Ek het in heelwat kouer toestande geskiet en een skoot wag 3 min. Ek was baie tevrede. Het nou intussen hornady SST punte gekoop. So gaan nou die naweek lading vir hul try uitsort. Ekt ook gister n silencer opgesit om recoil weg te vat. So die naweek gaan weer n moeilike een wees.


Tikka T3 hunter 308

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:30 pm
by Petrus.nel
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160421/ec6697b75b0117e61e3850d60648b712.jpg


Tikka T3 hunter 308

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:31 pm
by Petrus.nel
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160421/1f21682e92750bea871215fb6fc7ac88.jpg


Tikka T3 hunter 308

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:33 pm
by Petrus.nel
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160421/4bdfa5ed360c89c61a558f452c84f8dc.jpg


Tikka T3 hunter 308

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:39 pm
by Petrus.nel
Ek probeer nou nmaar so ver moontlik.goed uitskakel. Hitte, recoil op scope, redding seating die ens. Gaan maar weer saterdag kyk.

Sent from my MediaPad T1 8.0 Pro using Tapatalk

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 6:31 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
'n Paar dinge wat dalk kan help. Siende dat jy 'n braaidrom daar voor aan die loop het, is jy seker die loop raak nie aan die kolf nie? ;D
Tweedens, ek sou die demper met kamoefleer band of 'n neoprene sokkie oortrek, om te help met die mirage wat die hitte van die demper veroorsaak.
Jy sê dat jy die ringe lekker styf vasgedraai het. Is die ringe "gelap" en reg opgelyn? Waarmee het jy hulle vasgedraai en hoe styf?

Van die os op die jas; dit is 'n baie netjiese roer wat jy daar het.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 7:58 am
by Heinz Petersen
Petrus, as alles inplek is soos die manne hier bo noem, stel jy dat jy gezero is op 100m. Skiet dan op 200m en kyk wat jou val is. As jy op 200m 2" val het, stel dat jy 1" hoog skiet op 100.. Dit is dan waar jy zero op 100m. Tensy jou geweer soos Gawie se Batman skiet. Hy skiet plat tot 300m.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 8:40 am
by Boersonderroer
Gawie(13mm) wrote:Dagsê.
Siende dat jy 'n braaidrom daar voor aan die loop het,
LMGA, jy het my vrydag gemaak. :laugh:

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 1:01 pm
by Petrus.nel
Hi Gawie. Dit lyk darm groter as hy rerig is. My loop raak defnitief nie aan die kolf nie. Die ou wat die silencer opgesit het het hom mooi styf vas gedraai en opgeline en als. So ek glo dis als reg. Het self nog nie geskiet met hom van ek die nuwe silencer op het nie. Heinz ek gaan hom so try zero more. Dankie


Tikka T3 hunter 308

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 2:02 pm
by Gawie(13mm)
Petrus.nel wrote:Hi Gawie. Dit lyk darm groter as hy rerig is. My loop raak defnitief nie aan die kolf nie. Die ou wat die silencer opgesit het het hom mooi styf vas gedraai en opgeline en als. So ek glo dis als reg. Het self nog nie geskiet met hom van ek die nuwe silencer op het nie. Heinz ek gaan hom so try zero more. Dankie
Tikka T3 hunter 308
Ek praat van die teleskoop maat, nie die demper nie.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 5:57 pm
by Lukie
Gawie, dankie vir jou raad op hierdie draad. Ek "poach" heelwat inligting vir myself ook uit jou posts uit. En "braaidrom," :laugh:

Petrus, ek is bly dinge begin regkom. Jou geweer lyk goed.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 7:49 pm
by Petrus.nel
Lukie, ek verstaan nog nie die braaidrom storie nie? Is dit my scope wat swak is of wat gaan aan. Dankie Lukie. Kan nie wag om more bietjie kruit te brand nie.


Tikka T3 hunter 308

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 9:28 pm
by Gawie(13mm)
Petrus.nel wrote:Lukie, ek verstaan nog nie die braaidrom storie nie? Is dit my scope wat swak is of wat gaan aan. Dankie Lukie. Kan nie wag om more bietjie kruit te brand nie.


Tikka T3 hunter 308
Jammer vir die beeldspraak.
Die "braai-drom" verwys na die grote van jou demper. Daar is absoluut niks verkeerd daarmee nie. Dit is maar 'n grappie tussen vriende .

Ek glo ook nie dat daar fout is met jou teleskoop nie.

Ek wil net graag weet of jou geweer se aksie in die kolf gebed is en of die teleskoop se ringe "ge-lap" is? Laaste vraag: "Hoe weet jy hoe styf jy die ringe vasgedraai het?"

Die rede vir my vrae is omrede jy gemeld het dat die teleskoop geskuif het.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Fri Apr 22, 2016 9:40 pm
by Petrus.nel
Baie dankie Gawie. Ek leer ook maar nog die goed jong. Dis n Tikka. Ek het hom nog niks verander nie. Ek glo nie hy is gebed nie. Oor ringe se lap weet ek niks. Ek weet ek het hul vasgedraai maar blykbaar nie styf genoeg nie. Toe ek silencer laat fit het, het die geweersmit gese die scope was nie naby aan so styf soos hy moet wees nie. Hy het hom toe baie styf vasgemaak. Maar ek weet nie enige iets van "ge - lap" nie.


Tikka T3 hunter 308

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sat Apr 23, 2016 9:18 am
by Gawie(13mm)
Petrus, jy is welkom om my te kontak.

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sat Apr 23, 2016 1:02 pm
by 375fanatic
Gawie my 9mm is gelap deur die bose gees wat oor die muur wou spring ;D

Petrus haal die loop en aksie uit die kolf uit dan kyk jy vir swart merkies in die kolf dit sal jou wys of die loop aan die kolf raak as jy skiet .

ek vat altyd sommer die skuur papier en gee hom n goeie skuur dat hy nie dink om aan die loop te raak nie

Re: Waar zero ek my 308

Posted: Sat Apr 23, 2016 5:36 pm
by Petrus.nel
Goed gegaan ouens. Ek is dood tevrede. Ek glo my geweer is nou uitgesort.


Tikka T3 hunter 308