Page 1 of 1

Wilde Vark

Posted: Mon Apr 04, 2016 3:13 pm
by jdvisagie
Hi julle,

Ek het n wilde vark Vrydag aand geskiet.. Lekker groot sog.. 66kg heeltemal geslag op slaghuis se skaal.. Ouens wat die storie ken sê my sy moes 120kg "live weight" geweeg het..

30-06 150gr pmp soft point tussen die oë van 110m... :)

http://johannvisagie.co.za/vark1.jpg
http://johannvisagie.co.za/vark2.jpg

Re: Wilde Vark

Posted: Mon Apr 04, 2016 3:52 pm
by Boesman10
Mooi man. Lyk my daardie night sight was die moeite werd. Niie geweet 100 meter is haalbaar met hom nie.

Re: Wilde Vark

Posted: Mon Apr 04, 2016 5:18 pm
by jdvisagie
Ek het die Nitesite Eagle... Hy is ge-rate tot 500m.. Maar ek dink 350m is meer realisties..

Re: Wilde Vark

Posted: Mon Apr 04, 2016 6:46 pm
by gbvl
As ek mag vra, in watter geweste het jy die vark geskiet?

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 5:00 am
by tripodmvr
jdvisagie en gbvl. Versoek aan beide van julle. Sit jul blyplek aan regs bo in die user control panel dan vermy dit baie onnodige vrae oor waar om julle te kry. Julle kan selfs net 'n streek ook insit, maar dorp help as daar dinge te koop is.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 5:16 am
by gbvl
Jammer ek het nou gekyk maar is op tapatalk en nie seker waar om dit te doen. Sal later op die webblad probeer.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 5:23 am
by gbvl
Dink dis nou reg

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 5:24 am
by tripodmvr
gbvl, jou standplaas wys nou. Jy is hier op my voorstoep.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 9:20 am
by jdvisagie
Boland, Kaapstad.. So gemaak tripodmvr :)

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 9:39 am
by tripodmvr
Baie dankie. Hoe ver van die moederstad loop daardie varke?

Ek het nou die aand getwyfel oor jakkals tussen die beeste - hoe maak jy as jy nou 'n stoetvark omdruk wat jy vir 'n rondloper raaksien?

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 9:50 am
by henried
Hulle loop duk op die Weskus, tussen Hopfield en Velddrif.
Ek en SJ het geleentheid gehad om 'n LCA jag op 'n plaas te doen, dinge het toe nie uit gewerk nie, maar hulle is daar.
As ek reg onthou kon ons in Wellington omgewing ook gaan skiet, baai groot vark glo daar.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 10:30 am
by GreyGhostGear
het die outjie so jaar of 3 terug naby Hermon geskiet:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20120728-00053_zpsi6x4zxue.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20120728-00054_zpsfoawafcp.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20120728-00056_zpsbyjq2fa6.jpg

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 12:03 pm
by jdvisagie
Ja, daars varke van Wellington tot by Velddrif... Veral op plase langs die Berg Revier.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 12:22 pm
by tripodmvr
GGG, daar is darem baie sterk Europese wildevark bloed in daardie vark.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 12:46 pm
by Gawie(13mm)
jdvisagie wrote:Ja, daars varke van Wellington tot by Velddrif... Veral op plase langs die Berg Revier.
Tot jy die geweer uit sy sak haal, dan is hul weg. ;D
Daai goed het geen vaste patroon of gewoontes nie. Jy sal vir drie maande lank ''n voerplek maak en hul elke aand voorsit, maar die aand wat jy oorslaan, hou hul partytjie by jou voerplek.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 1:16 pm
by jdvisagie
Dit is so Gawie... Mens kry hulle nie altyd as jy uitgaan nie.. Soms baie frusteerend.. Hulle beweeg rond en mens moet maar hoor waar hulle is. Die beste tyd is na lekker reën, dan kom hulle meer uit opsoek na wortels en erdwurms. Grond lekker sag vir hulle dan ook..

Op daai plaas waar ek daai sog geskiet het is daar n baie groot beer.. Hom nog nie gesien nie maar hy het massiewe spore.. Hy's n alleen loper.. Ek gan bly soek tot ek hom kry.. Maar die varke is wetters skelm, hulle ruik en hoor baie goed.

Re: Wilde Vark

Posted: Tue Apr 05, 2016 9:24 pm
by Andre308
tripodmvr wrote:GGG, daar is darem baie sterk Europese wildevark bloed in daardie vark.
Oom Marius is 100% reg.

Hierdie varke se ouers is so rondom die begin van die 1900's gevestig in die Franschhoek/Paarl area. Hulle was afkomstig vanaf Europa.

Hulle doel was om n sekere soort mot te beheer wat n liefde vir Denneboom het. Die varke het so dan n liefde vir die mot larwes. (die doel was dat die varke die Denne plantasies sou beskerm teen die motte)

Hulle het toe later n paar mak varke raak geloop in hulle tyd hier in die kaap, en dus die verskillende kleure, hare ens wat nou wild hier voorkom in die Kaap.

Die varke is al so ver soos Calvinia, maar die groot groep is op die suide oewer van die Bergrivier.

Re: Wilde Vark

Posted: Wed Apr 06, 2016 10:07 am
by FHM
Andre308 wrote:Hulle was afkomstig vanaf Europa.

Hulle het toe later n paar mak varke raak geloop in hulle tyd hier in die kaap, en dus die verskillende kleure, hare ens wat nou wild hier voorkom in die Kaap.
Klink baie soos die Germane en die Reoboth saga...if you catch my drift... :-X

Re: Wilde Vark

Posted: Wed Apr 06, 2016 10:10 am
by Andre308
FHM wrote:
Andre308 wrote:Hulle was afkomstig vanaf Europa.

Hulle het toe later n paar mak varke raak geloop in hulle tyd hier in die kaap, en dus die verskillende kleure, hare ens wat nou wild hier voorkom in die Kaap.
Klink baie soos die Germane en die Reoboth saga...if you catch my drift... :-X
Dit is presies hoekom jy n wilde vark kan skiet wat donker van kleur is met blou oe...

Re: Wilde Vark

Posted: Sat Jun 11, 2016 9:03 am
by Allieman
Hier by ons teen die riviere loop ook n klomp wilde varke. dink egter dit is van die volk se varke wat uit gekom het en nou al aan gepas het in die veld. van die varke het al lang hare en is ook al donker van kleur. Hulle naby die rivier en as daar iemand mielies naby is vreet hulle lekker.

Re: Wilde Vark

Posted: Sat Jun 11, 2016 9:40 am
by Askari
Ek het self al baie "European Wild Boar" op Kersefontein, teen die Bergrivier tussen Veldrif en Hopefield geskiet. Hulle is vreeslik skelm en nogal uitdagend om te voet te jag. Het ook al 'n paar gesien wat as kleintjies gevang is en saam met "mak" varke grootgemaak is. Hulle word heelwat groter as plaasvarke met die verandering in dieet. Indien reg gaargemaak, is hul vleis baie lekker. Veral 'n boud of blad wat stadig in die oond gebak word is iets besonders!

Re: Wilde Vark

Posted: Sat Jun 11, 2016 10:03 am
by Diesel Dog
FHM wrote:
Andre308 wrote:Hulle was afkomstig vanaf Europa.

Hulle het toe later n paar mak varke raak geloop in hulle tyd hier in die kaap, en dus die verskillende kleure, hare ens wat nou wild hier voorkom in die Kaap.
Klink baie soos die Germane en die Reoboth saga...if you catch my drift... :-X

Ma! Ma! Ma-goed ,Pa-goed het lekkers gebring.