Heym, 7x57 AI, tactical.
Posted: Sun Apr 03, 2016 8:58 am
Manne en dames, dit verskaf my groot genot om my nuwe yster met julle te deel. Ek het hom Vrydag middag gaan haal en die aand die aksie in die kolf gepas en gebed. Saterdag het ek die skop kussing opgesit en die kolf geverf. Terwyl die verf droog raak, het ek die slot knop vervang met een van Marco se skeppings.
Die geweer het begin as 'n "nat nuwe" HOWA 30-06. Ek het ''n Heym loop by my plaaslike handelaar gekoop. Die "blank" loop was klaar gekamer vir 7x57.
Ek het die HOWA en die Heym vir Advanced Gunsmithing in Potchefstroom gestuur wat die kamer oor gesny het na 7x57 AI. Hul het die profiel op die loop gesny met 'n 4 duim knoks en taps tot 22 mm by die kroon. Die aksie is haaks gepas en die 26 en 'n kwart duim loop is toe geblou.
Die faktuur is uitgemaak vir R5 500.00.
Ek het 'n Warne 20 MOA basis opgesit en my ou staatmaker Leupoldt Mk4 met sy Burris QD ringe opgeklamp.
Toe jeuk my gat.
Ek het 45 grein 365 in 'n paar doppe gegooi en 162 SST koeëls ingedruk met 'n 0.5mm sprong. Die verf was nog letterlik nat, toe loop die skote. Die spoed was maar 'n beskeie 2600vps. Ek mik na 2750vps. Die QL manne is net so angstig soos ek om hom op ''n node te kry.
Na 15 skote vir loop inbreek het ek die groep van vyf skote op die 25mm plakker geskiet. Daar is 7 skote deur daai plakker!
"I am a happy man!!!!"
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160402_145118-1.jpg
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160402_152226.jpg
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160402_172353-1.jpg
....en voor julle almal met my stry, die lisensie sê HEYM en die kaliber is 7x57 AI. Dit is so op die loop gestempel.
Wie het vir my 'n " Batman" plakker?