Page 1 of 1
Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 6:15 am
by Chris (vdB)
Dagse manne
Wie van julle jag met Hornady Interlock en hoe presteer hulle in n' 30-06. En watter een verkies julle tussen die BTSP en die gewone SP
Groete
Chris
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 7:18 am
by Dolf014
Ek gebruik Hornady Interlock (SP) in my 308.
Werk vir my baie goed.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 7:31 am
by 6.5/284Norma
Ek het vir jare Interlock in my 25-06 en 280 gebruik en was baie gelukkig met akkuraatheid en verrigting.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 7:53 am
by gillie
Hi Chris
Ek het 180gr gebruik op n paar rooibokke, die skade by die agterdeur was maar rof, dan praat ek van n skoot op so 140/150 meter. Vir daai rede het ek die 180's gelos.
Dan het ek met die 220gr roundnose n bwb geskiet, mooi in net voor die skouer (quartering to) die top van die hart oopgeskiet en so 150m min of meer verder morsdood gele. Wat my gepla het van die 220 is dat hy nie juis ver gepenetreer het nie, daar was geen uitgangswond nie, ja dis nie net noodwendig die punt se skuld nie, angle van entry ens kan ook rol gespeel het. Die bees het min of geen bloed gegooi nie, en dit was maar mooi soek daar in Rustenburg se bos om die bees te kry.
So ja, hulle skiet mooi akkuraat en hulle skiet dood, maar hulle het hulle "limitations" (soos enige iets maar), so hou dit net in gedagte voor jy die sneller trek.
Foto van die hart
http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/IMGP7493.jpg
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 7:58 am
by Chris@6
Ek gebruik al vir 'n geruime tyd Interlock's in my 308, beide BTSP en die gewone SP.Baie goeie akkuraatheid en resultate in die jagveld.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 8:04 am
by Capt. Yoda
Ek het al die jare die 180gr BTSP in my 06 en 300 gebruik.Seker naby 100 Gemsbokke en springbokke met hulle geskiet sonder n pein, kan nie aan een dink wat n 2de skoot nodig gehad het nie.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 8:14 am
by Ashley
Ek het laas jaar met die Interlocks 175gr SP in die 7x57 gebruik.
Hier is onder andere n Impala, maar die koeel reg deur is(op 70m) en vleis skade was baie aanvaarbaar.
Ek wou spoed juis lag hou , so 2400vps by die loop, dus impak so 2270vps
Hy "perform" goed MITS daar nie been getref word nie en impak spoed nie te hoog is nie.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 8:28 am
by andre007
Ek gebruik hulle in my .308,.243 en .223. Werk goed in hulle
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 9:03 am
by Bigfoot
Ek het hulle ook baie gebruik, maar nou gebruik ek die Hornady Interbonds, ek dink hulle is baie beter.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 9:20 am
by Baasvark
Bigfoot wrote:Ek het hulle ook baie gebruik, maar nou gebruik ek die Hornady Interbonds, ek dink hulle is baie beter.
Hou self van die interbond maar het altyd gesukkel om te kry!
Het die interlock vir papier gebruik.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 11:01 am
by Chris (vdB)
Baie dankie vir julle almal se terugvoering
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 1:09 pm
by Dries101
Ek gebruik die rondeneus Interlock in my 7x57- sal moelik iets anders gebruik-sal dalk iets soos n 175gr Woodleigh of Nosler partition DALK gebruik vir n Eland bul andersins nog nooit n rede gehad om te skuif nie
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 1:28 pm
by Sloet
Hello Chris
Ek gebruik die 165gr Btsp in my 30-06. Die spoed waarteen hulle mooi werk by my is 2770fps. Ek hou baie van hulle, maar hulle is wel aan die sagte kant indien mens harde been tref.
Groete
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 3:18 pm
by DuToit
Goeie middag Kerels,
Pas 180gr interlocks gekry om te laai in 'n CZ550 30-06, Remington doppe en Federal Primers, enige iemand idees vir 'n lading - 365 kruit?
Groete
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 4:05 pm
by OU VOORSLAG
Eks is ook baie erg oor die 150gr SP in my .303. En so ver moontlik skiet ek met hulle, skiet wel premiuim punte as ek groter wild skiet.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 4:12 pm
by Chris (vdB)
Sloet, mooi groep wat jy daar geskiet het. Sien jy het ook n' Brno ZKK600
Baie dankie vir almal se terugvoering
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Tue Feb 16, 2016 4:22 pm
by Flip Nel
Ek het laasjaar met 225gr koeels geskiet uit my 338 Win mag, hulle breek maar lelik op en taamlik vleisskade maar alles is dood.
Re: Wie jag met Hornady Interlock?
Posted: Wed Feb 17, 2016 6:03 pm
by Hornet
My Musgrave 30-06 doen baie goed met die 150gr SP InterLocks, terwyl die .270 Hasqvarna net so goed doen met 130 Gr SP InterLocks. Al wat ek gebruik al vir jare.
My ondervinding: 1. Vleisskade maar erg as jy been vang. Hou maar by Kop en Nek sover moontlik
2. Beskikbaarheid is n probleem - as jy sit en slaap en nie genoeg voorraad hou nie.