Page 1 of 2
Skiet tafel
Posted: Sat Jun 18, 2011 10:14 pm
by ablm468
Ek gaan skiet gereeld op skietbane waar daar geen skiettafels is of waar die skiettafels al stukkend geskiet is deur ander maters. Het enigiemnd dalk planne vir 'n hout opvou skiettafel wat mens self aanmekaar kan sit? Enige idees al welkom wees.
Re: Skiet tafel
Posted: Sun Jun 19, 2011 7:36 am
by Beyers
Re: Skiet tafel
Posted: Sun Jun 19, 2011 8:06 am
by Geno
Safari & Outdoor verkoop oulike mobiele skiet tafels.
Groete,
Eugene
Re: Skiet tafel
Posted: Wed Jun 22, 2011 7:54 pm
by foxbat25
Ek het so rukkie terug 'n paar opvoubare skiettafels gebou. Totale gewig = omtrent 33 kg, maar kan maklik deur een persoon hanteer en opgeslaan word.
Opgevou:
[img width=560 height=420]
http://i136.photobucket.com/albums/q183 ... 0_0051.jpg[/img]
Reg vir gebruik:
[img width=560 height=420]
http://i136.photobucket.com/albums/q183 ... 0_0040.jpg[/img]
In gebruik:
[img width=560 height=420]
http://i136.photobucket.com/albums/q183 ... 0_0031.jpg[/img]
Re: Skiet tafel
Posted: Wed Jun 22, 2011 10:54 pm
by .::Alwyn-U::.
Lyk baie lekker! goeie idees!
Groete
Re: Skiet tafel
Posted: Thu Jun 23, 2011 4:49 pm
by James Wilson
prys?
Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jun 24, 2011 8:01 am
by BLOK
Fox
Daai lyk nou sommer baie mooi en stewig.
Blok
Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jun 24, 2011 8:23 am
by Beyers
Foxbat
Hoe lyk die prys of die plan, asb?
Beyers
Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jun 24, 2011 11:50 am
by foxbat25
Dags? Manne,
Blok, die tafels is nogal stewig en werk goed. Ek het bietjie lanklaas (9 maande terug) die tafeltjies gebou. Ek sal weer materiaal pryse kry en dan 'n prys uitwerk. Ek dink die laaste ou by wie ek die hout vir die blad gekoop het, het my bietjie gerook. Daar moet goedkoper opsies wees.
Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jun 24, 2011 8:17 pm
by Pvdw
So moet die gat in 'n geweer se loop mos lyk
Watse voorlaaier is daai
foxbat25 ?
Peet
Re: Skiet tafel
Posted: Sat Jun 25, 2011 7:37 am
by foxbat25
Peet dis 'n Ardesa .45 Ranger.
Re: Skiet tafel
Posted: Sat Jun 25, 2011 7:55 am
by Freek
Baie netjies Eugene. Eeerste keer wat ek die tafel sien. Lyk of hy mooi werk.
Re: Skiet tafel
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:28 pm
by ablm468
Foxbat
Daai is nou net wat ek soek, waar kan mesn die tafels in die hande kry?
Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jul 08, 2011 5:49 am
by foxbat25
Hansman, ek het die twee en nog twee ander self gebou. Ek sit nog en oorweeg of ek dit moet doen vir so ekstra inkomstetjie.
Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jul 08, 2011 6:27 am
by .::Alwyn-U::.
Foxbat, ek kan dink dit vat n naweek of twee om te bou...
Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jul 08, 2011 8:14 am
by foxbat25
Alwyn, die eerste twee het omtrent drie weke se aande gevat, al die sukkel werk het bietjie tyd gemors. Toe ek nommer 3 en 4 bou het dit my omtrent 12 ure per tafel geneem, ek het geleer om nou vinniger te sukkel en kry dit nou makliker reg.

Re: Skiet tafel
Posted: Fri Jul 08, 2011 3:19 pm
by ablm468
Foxbat
as jy dit ooi oorweeg om die tafels te bou ek staan eerste in die ry, sal graagsop tafel wil; kry, die tafels by ons skietbaan is al stukend geskiet deur die tafeljagters. Hierdie lyk na 'n lekker tafel. Sterk en stewig gebou.
Re: Skiet tafel
Posted: Sun Jul 10, 2011 7:49 pm
by theedge
Great tafel goed gedoen
Re: Skiet tafel
Posted: Sun Jul 10, 2011 10:17 pm
by .::Alwyn-U::.
Wats die prys op hulle ? inset koste
Re: Skiet tafel
Posted: Mon Jul 11, 2011 5:54 am
by foxbat25
Alwyn, ek kan hulle bou vir 'n R 1800, aflewering uitgesluit.
Re: Skiet tafel
Posted: Mon Jul 11, 2011 6:26 am
by .::Alwyn-U::.
Netjies!
Re: Skiet tafel
Posted: Tue Jul 19, 2011 9:16 pm
by ablm468
Manne ek het die tafel in lewende lywe gesien, mooi stukkie werk wat Foxbart doen. Hy mag maar sweis. Ek het vir my een bestel. En gaan lekker laat waai op die tafel;.
Re: Skiet tafel
Posted: Wed Jul 20, 2011 6:39 am
by foxbat25
Hansman, werk aan jou tafel vorder fluks. Behoort hom vroeg volgende week af te lewer.
Re: Skiet tafel
Posted: Wed Jul 20, 2011 9:52 am
by James Wilson
F-O-T-O-S??????

Re: Skiet tafel
Posted: Wed Jul 20, 2011 10:49 am
by ablm468
foxbat25 wrote:
Hansman, werk aan jou tafel vorder fluks. Behoort hom vroeg volgende week af te lewer.
Dankie Foxbat.
Waardeer,
Hansman.