Page 1 of 1
VUUR!!!!
Posted: Fri Jun 17, 2011 3:20 pm
by Gerhard
Aan al die boere...
Dis daai tyd van die jaar waar VUUR n vloek woord is....
Ek het nou net met boere naby Dullstroom gepraat.
Hulle het nou net die 2de brand onder beheer gekry in 24 uur...
Die eerste een het omtrent 10km ver gehardloop voor hulle hom kon stop in die wind en daar het manne baie skade gekry.
Sterkte wanneer julle vuur baklei en onthou asb...
WEES VERSIGTIG...
Re: VUUR!!!!
Posted: Fri Jun 17, 2011 3:32 pm
by .::Alwyn-U::.
Daai is mos 'n yslike groot brand wat so v?r strek!
Re: VUUR!!!!
Posted: Fri Jun 17, 2011 3:49 pm
by Gerhard
AlwynU wrote:
Daai is mos 'n yslike groot brand wat so v?r strek!
Dit lyk of die vuur ontstaan het met Eskom se drade wat aan mekaar geraak het met die wind wat so kwaai waai...
Daarna was die chaos met die vuur en wind.
Ek het al gesien hoe klim so n veld brand die N1 Noord as die wind hard begin waai soos die laaste paar dae
Re: VUUR!!!!
Posted: Fri Jun 17, 2011 4:20 pm
by .::Alwyn-U::.
Ja dis ongelooflik! ek het al van stories gehoor van vuure wat so vinnig strek, ek is verbaas elke keer!
Re: VUUR!!!!
Posted: Fri Jun 17, 2011 4:29 pm
by Gerhard
AlwynU wrote:
Ja dis ongelooflik! ek het al van stories gehoor van vuure wat so vinnig strek, ek is verbaas elke keer!
Ek het al vuur baklei waar dit deur die tamboekie kom dan klink dit soos n diesel lokomotief wat aankom.
Dan gee jy pad en soek die volgende 2 spoor paadjie om terug te brand in die vuur in. (Was weermag grond)
Het ook al vuur in n droe rietbos sien in gaan en dan n dwarrel wind maak binne daai rietbos wat dan die vlamme maklik 30 meter op trek in die dwarrel wind dat dit lyk soos n cuttting torch.
Ek het ou binne band in repe gesny van 30 cm breed en 1m lank en dan 1.5m stuk blou draad aan die eenkant vas gewerk.
Sit dan die los kant in die vlamme totdat die binne band begin brand. Dan kan jy maar so lekke draffie voor die vuur uit maak verkieslik op n 2 spoor paadjie want die rubber drip soos dit brand en maak n vinnige voorbrand wat dan terug brand teen die vuur in. Jy moet dan net wakker slaap om te keer dat die vuur wat jy aan gesteek het nie oor die 2 spoor klim nie...
Ek haal my hoed af vir die boere wat elke winter vuur baklei... Bitter harde, moeilike en lewens gevaarlike werk...
Re: VUUR!!!!
Posted: Fri Jun 17, 2011 4:44 pm
by .::Alwyn-U::.
ja verseker! Baie respek aan daai manne wat sulke goed doen..
Re: VUUR!!!!
Posted: Fri Jun 17, 2011 7:45 pm
by Christo
Vuur is sekerlik die slegste ding van my dag. Ek het hoeka Woensdag vuurgeslaan, en dit terwyl die wind hom teen amper 200m per minuut in die fluitjiesriet afwaai. Ek klim ook nie graag berg nie, maar as daar 'n vuur is staan my dikgat nie in my pad om hom dood te speel solank hy tussen klippe brand nie. Hier brand dit gereeld in die laat somer en dan is alles baie droog. Dit is ook moeilik om orals uit te kom met voertuie. Ek het op elke afdeling 'n firechief firefighter wat agter op 'n bakkie pas en as jy die vuur kan bereid met bakkies en daar is 'n fullerwa wat kan aanvul maak ons groot stukke vuur dood met die firefighters. Die jaar wat verby is het ek seker so 800mandae betaal aan vuurslaan. Die grootste vuur het ontstaan toe 'n man 'n vrou verkrag het en die span hom gejaag het die berg in, hy het toe die veld aan die brand gesteek om weg te kom en dit was baie droog. 2 dae voltyds met seker 200+ mense.
Vuurslaan is baie baie sleg. Ek was eerder skottelgoed.
Re: VUUR!!!!
Posted: Thu Jun 23, 2011 5:21 pm
by Gerhard
Re: VUUR!!!!
Posted: Mon Jul 18, 2011 6:29 pm
by Problem Animal Control
Manne
Nou praat julle so lekker van my werk. Ek is n brandweerman in Klerksdorp en hat al oneindig veldbrande geblus. Dit is die gevaarlikste brand wat n mens kry en as jy nie wakker is nie het jy moeilikheid,laas maand het Wolmaransstad se brandweerwa uit gebrand a.g.v onkunde en nalatigheid. Wat ek wel op die hart het en wil se is dit: MAAK VOORBRANDE EN SKRAAP BRANDPAAIE!!!!!!!! Van begin Mei af het ons al meer as 300 grasbrande in die omgewing gehad,daar het twee weke gelede tot n boer se stoor gebrand a.g.v n grasbrand. Sterkte aan al die manne wat met sulke brande te doen het,ek weet presies watse hel julle deur gaan.
Groette
PAC
Re: VUUR!!!!
Posted: Tue Jul 19, 2011 4:24 am
by Gerhard
Piet-Skiet wrote:
Ek verdomp haat I veldbrand! Dis eending van hierdie tyd van die jaar. Het vrydag weer brand geslaan by my buurman. Die gras hier word hoer as ek en as die wind waai kan jy mar los. Nie eers I 10m bree brand pad help nie. Hy spring hom! Voel altyd so moerig as ek hoor ek moet vuur slaan.
Ek het al gesien hoe klim vuur bo oor die N1 Noord so 30km Noord van Pretoria...
Toe hol ek so om voor brand te maak om terug te brand dat ek eers baie later doring boom doringtjies in my arms kry...