Page 1 of 3

.375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:08 am
by ArnoldM
Hallo Manne,

Ek gaan later die jaar 'n buffel in Hoedspruit skiet, waaroor ek baie opgewonde is.

Ek het besluit om PMP se African Elite koeels gelaai met die Swift A-Frames in 300gr hiervoor te gebruik.

Die outfitter wat die jag reel, se grootste geweer is ook 'n .375H&H.

Wat ek graag by julle wil hoor, sou julle eerder 'n buffel OP die blad, as AGTER die blad skiet? Die vleis word blykbaar vir die gemeenskap gegee, met die gevolg dat vleisskade verontagsaam kan word.

Volgens die outfitter/PH is die bos dig en kan mens redelik naby aan die buffels kom, om daardie rede het ek ook my teleskoop laat afhaal.

Wil net weet wat die mees effektiefste skoot op 'n buffel op kort afstand sal wees, breinskoot uitgesluit.

Dankie manne, hoor graag van julle.

Groete,
Arnold Meiring

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:15 am
by DWB
Skiet hom om soveel moontlik skade te maak.

Skouers breek en hart en longe ens.

Swot jou skootplasing boeke goed op en maak seker jy verstaan dit presies.

Met 'n bul moet jy onthou hy het 'n dewlap wat jou kan flous.

Op quartering toward kan jy minstens 30cm van onder af op skiet met die dewlap.

Die African Elite is 'n goeie rondte, maak net seker jy sukkel nie met druk probleme nie.

Remington Safari Grade met die A-Frame is great!

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:17 am
by DWB
O ja, en begin so lank spaar vir nommer 2, want as nommer 1 op die grond lê wil jy dit onmiddelik weer doen!!!

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:26 am
by ArnoldM
Dankie Deon. Stem saam jou.

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:28 am
by DWB
Jy kan jouself 'n guns doen en Africa's Most Dangerous van Kevin Robertson en Nyathi van African Hunter lees.

Geniet die hele tog na jou jag, die oefen, die baie skiet en al daai lekker dinge.

Dis 'n belewenis!

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:31 am
by ArnoldM
Waar kan mens dit koop Deon?

Baie dankie my maat, ek gaan so maak.

Groete,

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:32 am
by DWB
Nyathi is baie goedkoop by Savuti Arms in Boksburg huidiglik. R350

Die ander kan jy by Rowland Ward bestel, of Zimbi of S&O

https://www.rowlandward.co.za/content/d ... b960daad14

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:33 am
by ArnoldM
Thanks!

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:50 am
by Geno
Skiet om been te breek, en hou aan skiet tot hy plat is. Dis my ondervinding.
Enkel-long skote werk nie. Jy MOET albei longe uithaal om hom plat te skiet.

Geniet hom, dis verslawend!

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:55 am
by kopskoot
Arnold

Goeie advies wat Deon hierbo gee. Skiet op die groot bene ( afhangende van hoe hy staan).As jy dan die vitals mis, maak jy hom ten minste stadiger en spoor jy hom makliker op.

Gaan kyk gerus Boddington on Buffalo se dvd, om jou in die mood te kry, daarin gee hy ook baie goeie advies en sien jy verskillende senarios wat jy moontlik tee gaan kom. Uit my bietjie ervaring, weet ek nou, dat meeste van die goed gebeur baie vinniger as wat jy dink en mens kry selde die geleentheid om na 'n buffel te skiet wat rustig loop en wei, terwyl jy jou regmaak vir die skoot,deur bv skietstokke perfek reg te skuif en jou teleskoop op die gewenste vergroting te kry ens. Dit gebeur meestal "SKIELIK". en dan pomp die adrenalien ook nog dik strale deur dun aartjies, wat amper dieselfde effek as 'n beroerte het en jou soms dinge laat doen, wat jy nooit op besluit het nie.

Ek het gevind,deur video's van ander ouens se jagte te kyk (veral Boddington s'n) en deeglik te bestudeer, skerp jy jou instinkte so bietjie op en hanteer jy daai situasies effe beter.

Sterkte met jou voorbereiding, en hou ons tog op hoogte!

Groete Ronald

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:03 pm
by ArnoldM
Geno wrote:Skiet om been te breek, en hou aan skiet tot hy plat is. Dis my ondervinding.
Enkel-long skote werk nie. Jy MOET albei longe uithaal om hom plat te skiet.

Geniet hom, dis verslawend!
Maak sin.... Thanks Eugene!

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:05 pm
by DWB
Ronnie, daai adrenalien faktor is 'n bogger!

Maar ai, om agter daai groot swart lywe aan te loop........ Dis al wat ek wil doen

Moenie soos ek maak en hom 'n nag in die veld agter los nie... dis nie goed vir die gemoed nie.

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:06 pm
by ArnoldM
Baie dankie Ronald, ek sal beslis vir my daai dvd's kry, ek het al Sullivan se goed, maar dit help nie juis met beplanning, skootplasing ens. nie.

Weereens, dankie ou maat.

Beste groete,

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:07 pm
by ArnoldM
DWB wrote:Ronnie, daai adrenalien faktor is 'n bogger!

Maar ai, om agter daai groot swart lywe aan te loop........ Dis al wat ek wil doen

Moenie soos ek maak en hom 'n nag in die veld agter los nie... dis nie goed vir die gemoed nie.
Ek kan myself net indink....

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:13 pm
by kopskoot
ArnoldM wrote: ek het al Sullivan se goed, maar dit help nie juis met beplanning, skootplasing ens. nie.
Ek wou dit byvoeg in my eerste post, maar dog toe: dalk klink ek swartgallig of jaloers. Maar hier is dit nou:

Dit gaan jou niks help om Sullivan se brevade's te bestudeer nie, jy gaan niks daaruit leer, behalwe dat hy glo,hy god's gift to world is, maar eintlik ( soos vriend Wouter reg opgemerk het) dat hy 'n " stoet p... " is!

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:15 pm
by ArnoldM
Ek hoor jou, geneig om saam te stem.... [SMILING FACE WITH SMILING EYES]

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:40 pm
by Umshwati Boy
Geno wrote:hou aan skiet tot hy plat is
+1

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 1:58 pm
by Jean Marais
Nog nooit 'n buffel gejag nie, maar al gesien hoe sommiges dit doen. Hierdie bly seker vir my een van die beste eenskoot pogings nog met 'n 375 H7H:



Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 2:03 pm
by Geno
Daai lyk soos 'n waterbuffel.
Die aussies tik hulle met .30cals om...

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 2:28 pm
by Jean Marais
Geno, jy's dalk reg, maar dit bly darem 'n mooi skoot O0

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 3:38 pm
by Frederik
Arnold, kry vir jou lae vergroting scope met detachable mounts.
Oop visier as daardie buffel in koelte staan is nie jou maat nie, die lywe is groot en donker en daardie eerste skoot is van kardinale belang. Daarna maak jy jou magasyn leeg as jy kans kry en onthou om te wag en jou magasyn weer vol te maak voor julle opvolg.

Kom neem ook deel aan BASA en DGS shoots jy sal vinnig uitvind of jou toerusting dit gaan maak en dit is die naaste wat jy aan die regte jag kan kom op 'n baan. Verder is daar baie goeie info bo genoem.

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 3:44 pm
by ArnoldM
Hi Frederik,

Baie dankie vir jou raad!

Ek het ñ lae vergroting Leupold spesifiek vir die .375, en wou hom eers oplos, maar voel nie gemaklik om op sulke kort (klink dit my) afstande, met ñ teleskoop te sukkel nie.

Ek oefen baie op buffel teikens, maar sal dit egter baie geniet om so skiet by te woon. Wanneer is die volgende een?

Groete,

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 3:58 pm
by Frederik
Arnold ons volgende shoot is die Saterdag 6 Feb net buite kant Bronkhorstspruit.

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 4:01 pm
by Wouter Roets
Arnold

Bly by dit waarmee jy vertroud is. As jy nie baie en goed oop visier skiet nie is dit nie nou die tyd om dit te probeer nie. Hierdie jagte gaan oor vertroudheid met jou toerusting wat selfvertroue skep. n Lae vergroting teleskoop is geen probleem selfs op baie kort afstande. Jou eerste skoot is by verre die belangrikste een so gebruik alles tot jou beskikking om hom presies te plaas. Oefen soos jy gaan jag en onthou die groot ding hiervan, Enjoy!

Groetnis
Wouter

Re: .375 H&H en Buffeljag

Posted: Mon Feb 01, 2016 4:04 pm
by Kallie404
Arnold,

Geniet jou voorbereiding, dis amper net so lekker as die groot oomblik self. Alhoewel ek persoonlik die .375 as marginaal beskou op buffel is daar niks fout met hom as skoot plasing reg is en goeie patrone gebruik word nie. Op hierdie foto het n klieent van my laas jaar n groot ou bul op die blad geskiet met sy .375 met gewone PMP solids............die resultate spreek vanself.