Page 1 of 1
Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Wed Jan 27, 2016 9:11 pm
by cassie_calvinia
ek het net paar vrae. paar algemeenste kultivars in SA.
algemeenste siektes, en dodders vir die siektes.
en sommer so paar algemene feite.
paar moets en moenies. net die basiese goed. asb
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 7:22 am
by Apie
Cassie ek neem aan jy praat van besproeiings mielies?
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 7:26 am
by cassie_calvinia
droe land
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 7:29 am
by Apie
Mees algemene siektes is Noordelike Blaarskroei of Grys Blaarvlek.
Daar is nog Diplodia Fusarium ens.
Vir daai tipe siektes is dit die beste om voorkomende behandeling te doen. Swamdoders wat n Strobelorien en triazool bevat is baie goed voorkomend.
Korrektief doen die triazool en carbendazim kombinasies beter.
Maak seker dat jou bemesting indien gebandplaas nie te naby aan pit is nie(met die groot hoeveelhede kunsmis wat mens op besproeiing toedien plasing krities) 50mm laag en 50mm weg is gewoonlik goed.
Stand en egalige opkoms is super belangrik.
Passop vir stronkboorders.
Jy moet gereeld kyk vir tekens
Jy sal dalk manne nader aan jou omgewing moet kontak vir kultivarkeuses.
Ek glo wat in Prieska goed doen sal by jou ook werk.
Die belangrikste is egter jou voetspore in die lande. Dis nou die regte kunsmis.
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 7:50 am
by cassie_calvinia
ek wil nie self plant, dit is maar vir navorsing.
dankie, dit help al baie
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 7:58 am
by BeesBreet
Ek weet van die manne in prieska doen baie goed met Monsanto Dekalb 73-72 wat Ek ook dink n bul mielie is.
Maar soos Apie se, jy sal ouens in jou area moet vrae wat doen goed daar. Plante stant of hoe veel plante per ha is ook belangrik maar dit wissel ook asgv area, grond en water...
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 10:10 am
by Omnia
Manne dis hoekom Omnia Kunsmis daar is om die tipe raad aan julle te verskaf , hulle sit met die beste landbou kundiges ens. in die land en die diens . Praat onder koreksie maar ek dink nogal die diens wat hulle aan jou verskaf is gratis . Ons sit met die grootste grond monster lab. in die land self mense so ver as Amerika het al grond monsters hier na toe gestuur . Se my watse gedeelte van die land julle is en ek laat daai agent van daai streek jou kom sien!!
Onthou dis nie net oor grond nie ons doen als , .. plae , sap monsters , grond ontledding als wat dit vir die boer maklik maak om die die beste uit sy opbrengs te kry!!
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 11:27 am
by cassie_calvinia
Omnia wrote:Manne dis hoekom Omnia Kunsmis daar is om die tipe raad aan julle te verskaf , hulle sit met die beste landbou kundiges ens. in die land en die diens . Praat onder koreksie maar ek dink nogal die diens wat hulle aan jou verskaf is gratis . Ons sit met die grootste grond monster lab. in die land self mense so ver as Amerika het al grond monsters hier na toe gestuur . Se my watse gedeelte van die land julle is en ek laat daai agent van daai streek jou kom sien!!
Onthou dis nie net oor grond nie ons doen als , .. plae , sap monsters , grond ontledding als wat dit vir die boer maklik maak om die die beste uit sy opbrengs te kry!!
glo die meeste boere weet dit.
soos ek gese het, soek die inligting net vir navorsing, nie vir boer
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 2:40 pm
by johans
eks seker omnia behoort jou te kan help met jou navorsing
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 3:50 pm
by cassie_calvinia
cassie_calvinia wrote:ek wil nie self plant, dit is maar vir navorsing.
dankie, dit help al baie
alweer tyd vir graad 1 leesklasse
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 3:54 pm
by Omnia
Hulle gaan jou nog help met jou navorsing ook
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Thu Jan 28, 2016 4:24 pm
by BeesBreet
Omnia wrote:Hulle gaan jou nog help met jou navorsing ook
Middag Omnia
Wat is jou regte naam? En van waar?
(Jammer vir hijack)
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Fri Jan 29, 2016 9:09 am
by johans
maatskappye soos omnia doen elke dag navorsing al vir jare,geen boer gaan jou beter kan help met jou navorsing as hulle nie.maak nie saak of jy wil self plant of nie.hulle het al die inligting
Re: Raad gesoek van 'n mielie boer asb
Posted: Sun Jan 31, 2016 12:39 am
by Johnnie De Wet
Omnia wrote:Hulle gaan jou nog help met jou navorsing ook
I beg to differ!
