Page 1 of 1
Case length Trimmer
Posted: Mon Jan 18, 2016 1:56 pm
by Francoisv
In my soeke na 'n doppie lengte snyer wat die dop 100% reguit oplyn het ek by die benchrest manne gaan kers opsteek. Dit is vir my belangrik dat die snyer indeks vanaf die agterkant van die dop (kop) na die bek. Die sny moet dan ook 100% herhaalbaar wees. Ek het op Wilson se snyer besluit en op interresante produkte afgekom in die proses. Hieronder 'n paar fotos.
ImageUploadedByTapatalk1453117901.529695.jpg
ImageUploadedByTapatalk1453117932.733390.jpg[/
[attachment=2]ImageUploadedByTapatalk1453117984.439873.jpg
Case length Trimmer
Posted: Mon Jan 18, 2016 1:57 pm
by Francoisv
Ek kon die Wilson plaaslik opspoor, maar moet die case-holder vanaf Sinclair/Brownells af laat kom teen U$16.80 posgeld ingesluit. Die stand het ek self gemaak.
ImageUploadedByTapatalk1453118234.508112.jpg
Re: Case length Trimmer
Posted: Mon Jan 18, 2016 4:20 pm
by Ben
Baie Netjie Francois,
Daai dop kan mos nou nooit beweeg nie.
Re: Case length Trimmer
Posted: Mon Jan 18, 2016 4:27 pm
by Riebeeker
Wraggies goeie werk.
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 9:47 am
by DanieDegenaar
Daai is baie oulik.
Ek het laas week my Sudami Case trimmer gekry en hy hardloop deur die doppe! Ek het almal gemeet en hulle is presies dieselfde en "true" gesny.
Wragties 'n wonderlike plaaslike produk hier uit Centurion uit.
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 10:15 am
by ruaanb
ja nee daai sudami trimmer loop soos stroop.
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 11:42 am
by Maroelas
Werk die Sudami met neck sizing ook? Of net full length sizing?
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 11:50 am
by ruaanb
Werk met beide.
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 4:27 pm
by Hein M.
Francoisv wrote:Ek kon die Wilson plaaslik opspoor, maar moet die case-holder vanaf Sinclair/Brownells af laat kom teen U$16.80 posgeld ingesluit. Die stand het ek self gemaak.
Ek het ook 'n Wilson. Werk baie mooi.
Kan iemand nie daardie case holder vir jou op 'n draaibank sny nie? Dit sal darem baie goedkoper wees as die een uit die VSA...
Het myne by S&O Stellenbosch gekoop. Jy seker hulle het nie?
Mooiloop!
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 4:32 pm
by Francoisv
Hein
Hulle het 'n paat kalibers maar nie 308. Ek het met 'n masjienis/gunsmith gepraat, mar kon nie ooreenkom op beter prys. Die dag dat ek 'n draaibankie gaan koop is nie ver....
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 4:33 pm
by ruaanb
Francoisv wrote:Hein
Hulle het 'n paat kalibers maar nie 308. Ek het met 'n masjienis/gunsmith gepraat, mar kon nie ooreenkom op beter prys. Die dag dat ek 'n draaibankie gaan koop is nie ver....
Gesels met Marco hier op Jaracal manne. Hy verstaan van.
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 4:53 pm
by Hein M.
Francoisv wrote:Hein
Hulle het 'n paat kalibers maar nie 308. Ek het met 'n masjienis/gunsmith gepraat, mar kon nie ooreenkom op beter prys. Die dag dat ek 'n draaibankie gaan koop is nie ver....
Daai ou probeer jou rook... Die metaal kan maar sag wees - Hy moet net die dop ondersteun... Seker daarvan hier is 'n paar ouens op die forum wat so 'n joppie lag lag kan doen.
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 4:58 pm
by Hein M.
Ek sny 243, 308 en 8x60Mauser doppe met dieselfde case holder. Daar pas 'n klomp kalibers in dieslfde holder. S&O het seker nie so een waarin die genoemde klomp pas nie?
Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 6:32 pm
by Francoisv
Hein
Ja die manne hier in die dorp sien jou kom...Die caseholders is reeds oppad. Sit bietjie vas in Chicago. Hoop om dit gou te kry.
Ek dink nie dit sal te moeilik wees om die ding te maak nie. Die binnekant sal met 'n reamer gesny moet word om die taper te kry.
Re: Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 6:48 pm
by JTM
Haan(Hein) het nou vir my 'n Wilson caseholder ingebring saam met sy laaste bestelling. Dalk 'n opsie. Ander as jy net enige ander caseholde by S&O kan kry, kan 'n geweersmid dit nie net vir jou uitream met kamer reamer nie? Of kos dit te veel?
Case length Trimmer
Posted: Tue Jan 19, 2016 10:01 pm
by Francoisv
JTM wrote:Haan(Hein) het nou vir my 'n Wilson caseholder ingebring saam met sy laaste bestelling. Dalk 'n opsie. Ander as jy net enige ander caseholde by S&O kan kry, kan 'n geweersmid dit nie net vir jou uitream met kamer reamer nie? Of kos dit te veel?
JTM
ek het vergeet van Haan!
Daai hele kontrapsie van Wilson saam met sy caseholder werk op R3000 ($180) uit. R1500 by SO betaal vir die trimmer met micrometer, stand gemaak en die caseholder gaan my so R300 kos.
Die $180 sluit posgeld uit wat heelwaarskynlik 'n addisionele $30 sou by wees.