Page 1 of 1

Ander kolf vir 303

Posted: Sat Jan 16, 2016 7:53 pm
by Giepie
Ek het begin Desember die lisensie vir 'n Lee Enfield No4Mk2 303 gekry. Ek is sover heel beïndruk met die groeperings. Die kolf lyk baie mooi, oorspronklike een, dit is net nogal ongemaklik om mee te skiet. Ek kry nie 'n lekker greep op dit nie, daarom begin ek nou kyk vir 'n kolf wat makliker in die snellerhand gaan sit. Dit is ook te laag om lekker met 'n teleskoop te gebruik.

Ek kyk onder andere na Arm Tec se sintetiese kolf. Daar is ook Boyds en ATI kolwe beskikbaar, maar ek wil nie baie spandeer nie. Ander het al snaakse modifikasies gedoen. Wat se ander opsies is daar.

So saam met dit, die huidige teleskoop montering is van Thor/Lynx. Ek wil graag 'n ander montering opsit dat ek die teleskoop en red dot maklik kan omruil. Het iemand al so iets gedoen? Die agterste vlerkies vir die oorspronklike visier is af gesny.

Re: Ander kolf vir 303

Posted: Tue Jan 19, 2016 9:56 pm
by vergund
Giepie ek het n ATI op myne en is baie tevrede, kos nie n klomp geld nie en werk soos n droom

Re: Ander kolf vir 303

Posted: Wed Jan 20, 2016 5:42 pm
by Brombeer
Vergund

Het jy self ingebring?

Re: Ander kolf vir 303

Posted: Wed Jan 20, 2016 7:22 pm
by vergund
Nee ek het by guns and bows in die kaap gekry , ek weet wildman en Gi combat supplies hou ook aan.

Re: Ander kolf vir 303

Posted: Wed Jan 20, 2016 7:54 pm
by Giepie
Baie dankie. Ek het by GI Combat in Montague 'n bestelling in gesit. Weet net nie waneer dit gaan land nie.

Re: Ander kolf vir 303

Posted: Wed Jan 20, 2016 8:43 pm
by vergund
Doen net jouself n guns , as jy die loop gaan float moet jy die front end en die asksie laat glass bed . Die voorpunt het effe beweging wat teen die loop kan druk as jy n bipod gebruik.

Re: Ander kolf vir 303

Posted: Wed Jan 20, 2016 9:46 pm
by Giepie
Dankie. Sal daarna kyk.