Page 1 of 1
Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 8:38 am
by Termiet
Daar is 'n nuwe jag plek 45km buite Graaff-Reinet. Die plaas is 7500ha en het 2015 vir die eerste keer laat begin jag. Ou plaashuis wat opgeknap is en amper soos 'n gaste huis want die bestuurder bly ook in die huis. Die plaas staan al 10 jaar met wild op en het elke tweede jaar wild laat vang, maar het 2015 besluit om nie meer te vang nie en meer selektief te jag. Alles is walk and stalk en vat max 4 jagters, maar die geriewe is van so aard (kan 8 mense slaap) dat die hele gesin kan saamgaan.
Kudu begin by R2500
Eland begin by R5500
Hartebees begin by R2500
Swart wildebees begin by R2500
Zebra R4500
Vlakvark R850
Verblyf R310
Dag fooi is R1000 (4 jagters) Bakkie, afslag, koelkamer, ph en middag ete ingesluit.
April/Mei 2016 is klaar vol bespreek.
Plek se naam is Highland Safaris -
info@highlandsafaris.co.za
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 9:08 am
by PWV
Termiet
Wat bedoel jy met, bv. die prys begin by R2500 vir die Koedoe? Hoe raak hy duurder?
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 11:23 am
by baas
PWV wrote:Termiet
Wat bedoel jy met, bv. die prys begin by R2500 vir die Koedoe? Hoe raak hy duurder?
Wil ook weet, n koedoe bul dan naant R20000????

Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 11:36 am
by Capt. Yoda
Begin by R2500 en elke duim se ma na 40" kos R1000 ekstra
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 11:57 am
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote:Begin by R2500 en elke duim se ma na 40" kos R1000 ekstra
Weet jy of raai jy?
Ek sal moet jagplek vasmaak, want in die Groot Karoo is die kanse vir jag vanjaar maar skraal.
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 12:11 pm
by Capt. Yoda
Ek raai maar net die man se af sny punt (en dat dit is hoe hulle dit doen anders werk hulle seker volgens kleur..) maar ek het self n paar plase waar jy so Koedoe jag en betaal per duim na 45".
Vir R10 000 kan jy paar mooi kombuis bulle skiet maar een 50" bul en jy is bq in die sop veral as die meeste van die bulle op die plaas maklik 45" is maar jy behoort darem die verskil tussen n kombuis bul en n 50" bul te kan sien
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 12:32 pm
by Kingy
Ek het n prys lys van laas jaar, en dit is volgens die horings!
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 12:43 pm
by Gawie(13mm)
So jag is uit vir my die jaar.
Sal maar 'n kombuis bulletjie op die lusern land gaan oes.

Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 12:52 pm
by Kingy
Meeste plekke se pryse is maar woes lyk dit vir my!
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Thu Jan 14, 2016 3:45 pm
by Boersonderroer
'n Vriendin van my se pa het in Graaff Reinet area laas jaar 'n 47 en 49 duimer geskiet laas jaar, so daar is redelike grootes
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Fri Jan 15, 2016 9:29 am
by Termiet
Die pryse van daai plek wat ek genoem het buite Graaff-Reinet is meestal vroulike pryse. Hul doen trofee jagte, maar stel ook diere vry vir biltong jagters en dit is meeste vroulike diere wat hul wil laat jag vir biltong. Daar is mankilke diere beskikbaar maar hulle meer as die vroulike diere.
Kudu koei is R2500
Kudu bul R3500 onder 40"
Kudu bul R4500 40 - 45"
Groter kudu bulle laat hul nie skiet nie al is daar genoeg. Hulle het ongeveer 300 kudu op die plaas.
Hartebees koeie is R2500
Hartebuus bulle is R3500
Eland koeie is R5500
Eland bulle is R5600 onder 30" (slag so 220kg uit met vel aan)
Groter bulle probeer hul terug hou vir trofee maar ek weet hul gaan vir R8000 en R15 000
Daar hardloop so 250 elande rond op daai plaas.
Die pryse van wild gaan maar wild wees agv die kleur spesies wat alles so op druk. 'n Man moet maar of nog spaar die jaar vir volgende jaar of sy geheime gat kry. Ek het gejag op die plaas 2015 en was uitstekend met baie wild. Alles word reg en eties gedoen. Ek weet hul het Julie 2015 oop gemaak vir jag en letterlik 18 jag groepe daar gehad. Ek was een van hulle en almal het dadelik weer bespreek vir 2016.
Daar is goedkoper kudu en springbokke beskikbaar, maar die kudu vind ek is trek diere en jy mag dalk gelukkig wees om een te skiet, springbokke is in klein kampe en ek is klaar met kamp jag waar daar 10 jagters sit in 'n 30ha kamp........daar was laas jaar amper 'n paar skiet gevalle onder die manne gewees wat ek van gehoor het.
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Fri Jan 15, 2016 10:34 am
by Gawie(13mm)
Termiet, daai pryse sal my nog laat opsaal!
Afhangende van hoe goed die vroulike diere uitslag, is dit nog bekostigbaar teenoor van die ander pryse wat ek al gesien het.
Dankie vir die terugvoer.
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Fri Jan 15, 2016 12:30 pm
by Capt. Yoda
Ja nee wat daars niks fout met daai pryse nie
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Fri Jan 15, 2016 12:44 pm
by PWV
Wonder hoe bepaal jy na watter horinglengte jy skiet? 'n Ligte fokkoppie waar jy skiet na 'n 40" en toe dit gemeet word is dit 40.5" - R1000 verskil!
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Fri Jan 15, 2016 12:45 pm
by win270
Lyk my die "kampjag" daar is nie te positief nie volgens Termiet.
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Fri Jan 15, 2016 2:23 pm
by Eugene
Baie goeie pryse hierdie!
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Fri Jan 15, 2016 7:53 pm
by win270
Vanaf die noordelike provinsies is dit 'n stywe entjie om te ry, sowat 825km eenrigting. Brandstof alleen teen vandag se prys sal vir heen en weer ongeveer R2100 kos. Dan moet tolgeld, ens bygevoeg word. Vleis moet oor 'n lang afstand vervoer word en koud gehou word.
Vir Jan Alleman raak dit ongelukkig 'n baie duur jagtog.
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Sat Jan 16, 2016 4:03 pm
by F.L.A.S.H
Die epos wat ek van hulle gekry het
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Sat Jan 16, 2016 7:28 pm
by ruaanb
hierdie is goeie waarde vir geld my 2c
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Sat Jan 16, 2016 8:12 pm
by win270
Die pryse sluit nie BTW in nie, dus moet mens alles met 14% vermeerder om die ware pryse te sien.
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Sun Jan 17, 2016 9:04 am
by Boesman10
Is die "Hunters Extra" van R1000 per persoon of vir n groep van 4?
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Mon Jan 18, 2016 7:55 am
by JuanVE
Mis ek dit, ek sien nie 'n kontaknommer om die mense te kontak nie. Kan iemand dalk hiermee help asb!
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Mon Jan 18, 2016 8:38 am
by ruaanb
begin maar met die email adres in 1ste post.
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Mon Jan 18, 2016 10:12 am
by ruaanb
Die nou ook op fb gekry.
040 555 0067
0760757272
Re: Nuwe Jag Plek - Oos Kaap, Graaff-Reinet
Posted: Sat Jan 23, 2016 10:13 pm
by Termiet
Die mense van Highland Safaris is nie vol #% nie. As jy nou 'n vleis bull soek van 40" en onder en skiet 'n bull wat nou 41" meet gaan hulle jou nie meer vra nie. Die ph maak die roep wat jy skiet en hy is goed daarmee. Daar loop elande op daai plaas om elke hoek en draai. As ek dit reg het is daar ongeveer 250 elande getel met hul laaste wildtelling.
Hulle het klein wild, maar skiet nie op hulle nie omrede daar 'n gekolde kat rondloop wat die klein wild bietjie geknak het, maar hulle werk daaraan om die kat te vang en weer klein wild aan te koop.
As daar manne is met kinders sal ek se dit is die plek vir julle. Die ph het die wereld se geduld en laat ons pa's op die bakkie bly sit terwyl hy loop met die kinders. Se ons pa's maak die kinders stress, maar hy kom haal jou darem met die "doop" en foto's neem, so jy voel darem nog deel van die eerste bok saam jou seun.
Hulle diens is ongelooflik en plek is skoon. Ek hou van hoe hulle met die karkas werk en gooi nie net 'n man se bok van die bakkie af nie.
Hier kan 'n mens se jy het 'n regte jag gedoen en geloop vir jou vleis.
Ek het al kamp jagte gedoen en ek het twee probleme begin ondervind. Die eerste is dat die grond eienaar te veel mense vat en amper almal in een kamp druk, behalwe die gevaar dat ander manne binne paar 100m van jou sit word die bokke so opgewerk dat jy kan later die verskil proe in die vleis. Ek het geleer na 13 jaar se jag om eerder in klein groepe te gaan jag en op 'n regte wildsplaas te gaan jag. Die voordeel is dat jy het beter kans om wild te kry op 'n regte wildplaas en jy kry meer kwaliteit in die jag en ondervinding. Ons almal het maar ons eie doen en late, maar kamp jagte doen dit nie meer vir my nie. Jy is ook maar net 'n nommer by kamp jagte.
Lekker aand manne.