Page 1 of 1

Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Sat Jan 09, 2016 5:03 pm
by Kubus
Vanoggend op CNN
Duikers het die bron van oliebesoedeling naby Mosselbaai gekry.
:laugh: :laugh:
Landrover.jpg

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Sat Jan 09, 2016 5:26 pm
by Tertius Steyn
Bwahahaa lekker lag ek nou

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Sat Jan 09, 2016 5:30 pm
by henning
Kan nie dink aan n ander vervaardiger wat so swaar trek met n gespottery soos Landrover.

Groete
henning

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Sat Jan 09, 2016 6:38 pm
by JTM
Lyk darem nie of dit te erg roes nie...

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Sat Jan 09, 2016 6:40 pm
by Boesman10
As dit n Toyota was sou daar nog net n bruin roeskolletjie op die seebodem oorgewees het

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Mon Jan 11, 2016 7:01 am
by Ratel
Boesman10 wrote:As dit n Toyota was sou daar nog net n bruin roeskolletjie op die seebodem oorgewees het
Dis omdat Toyota omgewings vriendelik vervaardig word. ++>:

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Fri Jan 15, 2016 12:59 pm
by deserthuntr
Dit kan nie die Landrover se skuld wees nie, hy het nie 'n enjin in nie... En ek sien die dakliggie werk nog :laugh:

Daar word gespot met Landrover, maar daar is darem net nie 'n kar met sy geskiedenis nie. Hy het waarlik Afrika getem. In die oud SWA het ek met hulle grootgeword. My Pa het 4 van hulle gehad en nie 'n enkele dag se probleem nie. Hulle was lig genoeg om bo-op die sand te loop, waar ander voertuie te swaar was. En hulle ratverhoudings was reg vir enige terein, waar "ander" voertuie gespin en gedreun het om uit te kom. Maar ja, julle is nie meer wat hulle was nie en dis jammer.

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Fri Jan 15, 2016 9:19 pm
by henning
Landrover mag wel goed wees in 4x4 omstandighede maar wat help dit as hy nie die pyne kan vat en breek in die veld?
Vandag is daar so baie fabrikaate wat net so goed doen soos Landrover in die veld en nie breek nie, so ek vra jou, hoekom sal n man jouself straf met n Landrover.
Tik net op Google landrover problems en jy word oorweldig met klagtes.

Groete
Henning

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Sat Jan 16, 2016 11:31 am
by Jakkalsgat
Ek wonder of die eienaar en sy hond darem albei kon swem?

Re: Olie besoedeling aan die Kaapse kus

Posted: Wed Jan 20, 2016 1:21 pm
by willemakou
Engin seker op geroes omdat daar nie olie in was nie......
NOOIT weer 'n landy nie! Dis nie spot nie kerels dis waarhede!! Het ongelukkig 4 ge-erf op die plaas ensukkel wraftig elke dag met een of ander ding!! Jy kan maak wat jy wil, as probleem 1 uitgesort is kom probleem 2 , 3 , 4 ens!!! Landy's is net vir manne wat hou van sukkel, die Hilux en Cruizers by my staan net as 'n wiel pap is, lek nie olie nie en die 4x4 werk altyd! As jy kwaad is vir jouself dan kopp jy 'n landy! Sorry landy manne, maar het in my lewe nog nie so gesukkel nie!