Page 1 of 1

Nuwe Doppe Resize??

Posted: Mon Jun 13, 2011 10:35 am
by SS
Dagse Manne ,

Wil hoor of julle dink dis nodig om splinternuwe doppe te resize (of te neck size) voor mens dit vir die eerste keer laai??

Die spisifieke doppe waarvan ekke praat is Nuwe Winchester doppe vir n 30-06 springfield????

Groete :D

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Mon Jun 13, 2011 10:44 am
by Jagtersdok
Het jy al gesien hoe lyk daai doppe se bekkies as hulle uit daai sak kom.
verseker moet jy hulle eers size en goeie praktyk is om hulle sommer klaar te prep en als

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Mon Jun 13, 2011 10:55 am
by Arnold
Nosler doppe kom klaar geprep in die pakkie ... dit is seker waarvoor daai ekstra paar rand is  :o

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Mon Jun 13, 2011 12:46 pm
by Jagtersdok
Jy weet dit dan Arnoldus ;D

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Tue Jun 14, 2011 10:23 am
by PITSMIT
SS

ek het al daai strik afgetrap toe ek my nuwe remington doppe gekoop het.  hulle is NIE ge-prep nie.  dit het ek in die veld agtergekom toe die geweer die wereld vol geskiet het. moes al die punte trek en nekke krimp.  sal nooit weer daai fout maak nie.

krimp vandag nog n nuwe dop

groetnis

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Tue Jun 14, 2011 10:48 am
by Louis Kriel
Ek het onlangs by Midway USA doppe gekoop met die volgende "Warning" op "Due to the packaging we use for bulk brass the necks of some cases may be out of round and needs to be resized before re-loading can commence."

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Tue Jun 14, 2011 11:35 am
by SS
pitsmit

Nee kyk ekke het gaan kyk na daai doppe en dit lyk kompleet of die bekkies met n hammer geslaan is voor dit in die sakkie gegooi was!!LOL

Het toe almal ge resize en lyk baie beter! Jy noem dat jy die nekke gekrimp het, is die nodig vir n full resize op nuwe doppe of neck size jy slegs jou nuwe doppe?

Groete

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Tue Jun 14, 2011 11:43 am
by PITSMIT
ss

ek necksize net die dop tot hy gefireform is die eerste keer.  ek doen nie n fullsize nie op nuwe dop nie want hy moet nog gefireform word so dit is nie nodig nie

praat nou maar net van my eie oogpunt en ondervinding uit

lekker dag

Re: Nuwe Doppe Resize??

Posted: Tue Jun 14, 2011 12:40 pm
by John101
Middag manne ,

Ek het so 2 jaar terug ook nuwe winchester doppe herlaai vir my 222-50 , vir n springbok oes , meer as die helfde
van die doppe het op hulle skouers gebars . Toe ek rerug by die huis gekom het , het ek die oorblywende patrone
se punte getrek , en toe " anneal " , en ge - resize . Ek weet nie of dit dalk n swak batch doppe was nie , maar
darm na die annealing , het die skouer bars probleem op gehou .

lekker dag

John .