Page 1 of 1

300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:55 am
by Ramius35
Goeie dag manne en Dammes.

Ek benodig julle insigte oor iet waaroor ek wonder. Die geweer is 'n Savage Arms 111 300 Win Mag 24" loop. Aug 2015 skiet ek en die geweer nog konstante 1" (5 skoot) groepe. Sept
2015 begin ek nuwe lading ontwikkeling die keer egter met S385 i.p.v s365. Quick Load en Chronno help en kom toe op iets wat werk volgens die rekenaar. Laai toe twee stelle wat onderskeidelik Node 5 en Node 6 sou wees vir fyn verstellings en hier kom die lollery in. Ek heg fotos van die groepe aan.

My vraag is kan hierdie die resultaat wees van 'n klein kraakie (in die sintetiese kolf) wat ek op die gat van die agterste aksie skroef opgemerk het wees?

Hoor graag wat julle dink die moeilikheid kan wees...

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 10:11 am
by mossie
Ek sou onrustig wees rondom enige kraak rondom aksieskroewe. Is dit moontlik om die ou lading S365 weer te skiet om te kyk of die resultaat dieselde is as wat jy nou ondervind met S385? Is die dryfmiddel al wat jy verander het, of gebruik jy nou n ander koeel, slagdop ens? Interessant dat die een groep vertikaal string en die ander een meer horisontaal.

Ek wil my egter verstout om te se dat dit dalk maar daai kraak kan wees.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 10:17 am
by Ramius35
Hi Mossie

Dankie vir jou terugvoer. Koeel en dryf middel het verander. Wat ek wel kan se is dat daar reeds met die kombinasie kleiner groepe was, maar niks kleiner as 1.5" nie. Ek wou maar net hoor wat die manne dink voor ek "geweer dokter" toe hardloop. Hierdie was volgens alle indikasies veronderstel om die "fine tune" van die lading te wees... Maar soos jy kan sien nie!

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 10:20 am
by mossie
Sorry, moes byvoeg _ as dit wel die kraak is sal ek uitkyk vir n goeie aksie bed - nee laat kyk in elk geval na die bedding, die kanse is groot dat die kraak net groter kan word a.g.v. die beweging in die aksie - veral met die 300 wat maar bietjie meer trap.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 11:03 am
by Andre308
Hi Ramius,

Gloei jy jou doppe uit? Indien so, hoeveel keer was doppe gelaai van laaste uitgloei?

In dien jy nie uitgloei nie, hoeveel laaie totaal al op doppe?

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 12:27 pm
by Ramius35
Hi Andre308, Ek gloei wel die doppe, maar hierdie is nuwe doppe...3de skoot op die spesifieke lot. Sal gewoonlik eers op die 5de skoot weer uitgloei. @ Mossie, die geweer is nie gebed nie, so ek daarom dink ek die beweging is besig om te mors met my.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 12:28 pm
by Gian_dP
As daar n kraak rondom die gat vir die agterste aksieskroef is, is jou aksie vir alle praktiese doeleindes los.

Laat geweersmit kyk of hy dit kan regmaak met pillars en bedding.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 12:51 pm
by Boesman10
Ek vind op die .300WM dat S385 vir my beter dop vulling gee maar dan moet ek 'n swaar punt skiet. Ek skiet 210 grein teen 2711 fps en dit werk goed. Ek vind vir ligter punte vanag 170 grein en ondertoe verkies my wapen eerder S365. Wat is die gewig van jou nuwe punte? Miskien sal dit die moeite werd wees om die S365 ook te probeer op jou nuwe punte.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 12:59 pm
by mossie
Hy meld op die inligting dat dit 180 gr rondeneuse is.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 1:13 pm
by tripodmvr
Vra vir OomMatt wat sy ervaring met 'n gekraakte sintetiese kolf was op sy 30-06. Fout gesoek by loop, teleskoop ens. Sit ou houtkolf op en daar skiet die geweer weer tops.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 1:30 pm
by Ramius35
Dankie Manne! Ek het vermoed die moeilikheid mag dalk by die kolf le... Wardeer almal!

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 1:32 pm
by Ramius35
@Boesman10, Dankie ek sal dit oorweeg... Wat sou jy se is die ligste punt vir S385?

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Mon Jan 04, 2016 1:47 pm
by tripodmvr
As jy jou geweergegewens verskaf kan QL die berekeninge doen en nodespoed en drukke vir verskillende gewigte gee. Daarvolgens kan jy dan sien watter dryfmiddel die beste behoort te werk.

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Thu Jan 07, 2016 10:18 am
by Ramius35
@tripodmvr, Baie dankie vir die aanbod! Ek het ladings gehad wat gewerk het met quick load. Die ding is dit het net eendag begin oop maak... Daarom het ek gewonder of mense sou saam stem dat dit die kolf kan wees wat lol? Of sou mens dit net kan toeskryf aan lading?

Re: 300WM Diagnosis benodig! Help!

Posted: Tue Jan 19, 2016 10:02 pm
by vergund
My 300 het ook begin lol uit die bloute, aksie skroewe was los. Hulle weer getrek en al die gesukkel verby.