Page 1 of 1
Man eerste springbok
Posted: Sun Jun 12, 2011 7:32 pm
by Yalair
60m agter die kop geskiet

Re: Man eerste springbok
Posted: Sun Jun 12, 2011 7:36 pm
by Francois Marais
Ben
Daai mannetjie is sommer nog baie jonk, familie??, geluk man, mooi gegooi.
Mooi loop
Francois
Re: Man eerste springbok
Posted: Sun Jun 12, 2011 7:38 pm
by Geno
Kyk hoe trots is daai klein yster!
Baie geluk!
Groete,
Eugene
Re: Man eerste springbok
Posted: Sun Jun 12, 2011 7:42 pm
by Yalair
Dis my middelste laaitie, hy oeffen nou al die laaste jaar om 'n bok te skiet, baie hase, meerkatte en tarentale op sy kerfstok, gister na oefensessie het ek hom uitgevat om te skiet, hy's nou 6 1/2 jaar oud. Het help afsag ook en more moet hy biltong sny.
Groete
Ben
Re: Man eerste springbok
Posted: Sun Jun 12, 2011 9:30 pm
by Christo
Yalair wrote:
60m agter die kop geskiet
Bly om te sien dit is nie my ram daai nie. Voer jy hom nog.
Mooi gemaak daar.
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 6:42 am
by marno
Dis great man!! Baie geluk!
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 6:54 am
by Gerhard
Baie mooi.
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 7:38 am
by BLOK
Mooi man, dis lekker as mens se kinders die selfde belangstelling het, maak mens sommer trots op hulle
Blok
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 7:45 am
by Freek
Pragtig!!!!!!!
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 8:01 am
by Wielie Waps
Benna
Ek het gehoop om by te wees as dit gebeur , maar ek is bly hy het haar gekap.
Se vir Reinardt ek se baie geluk - ek weet dis net die begin.
Met watter geweer het hy toe geskiet - aangesien die 22 honnert nie beskikbaar was nie?
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 11:53 am
by Armand Steenkamp
Joh as die mannetjie so trots was dan wonder ek hoe trots was sy pa nie! Weet ek sou wees!
groetnis
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 11:54 am
by Monrique (SJ)
Daai mannetjie is n ystertjie.
Mooi geskiet!!
Groetnis
Re: Man eerste springbok
Posted: Mon Jun 13, 2011 10:09 pm
by Stefan764
Appels!! Daai man is so trots hy kry nie sy oge van dai kopskoot af weg nie!! G'n saak met die kamera nie!!
Baie geluk Benna, weet sommer dit was n lekker dag vir julle almal.
Groete
Stef
Re: Man eerste springbok
Posted: Tue Jun 14, 2011 11:22 am
by Yalair
Dankie almal mannetjie kan nie uitgepraat raak nie.
WW
Ek het hom met sy .22 laat skiet met lapua high velocity's, mooi senter agter die kop, bok het weggekyk, koe?l het regdeur gegaan en net bo die neus uit opslag dood.
Christo
Dis jou ram se aanteel wat ek nou begin uitskiet, sal vir jou rekening aanstuur vir huur van veld
Groete
Ben
Re: Man eerste springbok
Posted: Tue Jun 14, 2011 11:59 am
by PITSMIT
ben
baie geluk aan jou en jou mannetjie. se vir hom hierdie oom se hy is n bulperd 1000.

dit wil gedoen wees met n .22
al was dit sestig meter dit bly n puik skoot vir so n mannetjie op daai ouderdom.
dit is die goed waarvan kampvuur stories gemaak word.
lekker verder jag my maat