Page 1 of 1
Nuwe Lid
Posted: Mon Dec 28, 2015 1:13 pm
by Meerkat007
Goeie Middag Almal
Ek het nou aangesluit en sien uit om bietjie te gesels hier by julle. Ek is `n toegewyde jagter en skiet .243, 30-06 en .416 Rigby. Soos julle kan aflui skiet ek van klein tot groot
Ek wens julle almal n voorspoedige nuwe jaar en `n baie suksesvolle 2016 toe.
"So lank daar lood in die lug is, is daar hoop"
Meerkat007
Re: Nuwe Lid
Posted: Mon Dec 28, 2015 1:22 pm
by FHM
Dagse uit n papnat Tsumeb - het lekker gereen gisteraand hierso en vanoggend ook - dis nog dik bewolk.
Welkom by die forum - jy sal merk (of nie) dinge loop maar bietjie stadig nou tot so middel Januarie - dan begin die manne weer gons, veral met die jagseisoen wat voorle.
Hoop jy geniet dit hier by ons kampvuur

Re: Nuwe Lid
Posted: Mon Dec 28, 2015 1:45 pm
by Burger
Welkom Meerkat007, mooi nuwe jaar vir jou ook.
Re: Nuwe Lid
Posted: Mon Dec 28, 2015 2:13 pm
by Dolf014
Baie welkom Meerkat 007.
Vertel vir ons waar woon jy.
FHM; ek is baie bly vir julle part oor die reen.
Re: Nuwe Lid
Posted: Mon Dec 28, 2015 5:01 pm
by boepensie
Welkom Meerkat007!
Gooi lood!
Re: Nuwe Lid
Posted: Tue Dec 29, 2015 11:56 am
by Meerkat007
Dankie vir die lekker verwelkoming manne.
Ek is vanaf Pretoria, Centurion. maar ons prober maar so veel as wat ons kan uit die stad uit beweeg na stil plekkie in die bos.
ja ek sien dis maar stil, maar ek sien groot uit na die 2016 jag seisoen. Ons probeer n plekkie in die Kalahari kry om par springbokke en gemsbokke te gaan skiet maar ek hoor die manne praat klaar dat hulle vol bespreek is en dat dit baie droog is. Groot skade op die diere gemaak.
Re: Nuwe Lid
Posted: Tue Dec 29, 2015 12:37 pm
by kudu375
Baie welkom Meerkat
Hoop ons loop mekaar raak op die skietbaan
