Page 1 of 1

Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 10:34 am
by LouisC
Middag manne.

Ek is al lank op soek na so "rifle chassis" vir my Savage mod12 vlp, 300wsm.
Maar soos julle weet word alles op n budget gedoen en die ingevoerde chassis wat mens kan koop is net vir my te duur.

Ek loop toe een op ]dag by Frontier in Klerksdorp die chassis op n Howatjie raak.
Doen toe verder ondersoek en nie lank daarna nie toe is ek in kontak met Warren van Britplast, die manne wat die chassis vervaardig.

Warren het vir my een gemasjien vir die Savage aksie. Ekt hom die 23ste gekry, julle weet mos so "van Louis aan Louis" waarop elke man geregtig is 1x n jaar!

Ekt hom gemonteer en hy pas presies. Wat die Warrior lekker maak is jy gebruik jou eie triggerguard en magesyn jy sit dit net oor. Verder voordeel die bedrag sluit die grip en verstelbare kolf in. Waar met die ingevoerde chassis koop jy alles apart.

Die chassis is effe swaarder as die standaard gelamineerde hout waarmee hy uitkom, maar dit is te danke aan die vol aliminium waaruit die chassis masjien is!

Vandag op die baan met n onplesierige noordweste wind maar skiet goeie groepe op 200m

As dit iets is wat jy in gedagte gehad het vir jou roer sal ek jou definietief aanraai om met Warren hulle in kontak te kom. Weet dit is nie almal se smaak nie, maar gelukkig verskil ons!
Gunwarrior.co.za

Geniet die res van julle vakansietyd manne

Groete!

Louis

Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 10:39 am
by LouisC
ImageImage[IMG]

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 10:49 am
by LouisC

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 10:52 am
by LouisC

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 10:54 am
by LouisC
Na ek gezero het. Kon ek die 5skoot groep op 200m bewerkstellig.




[IMG]//images.tapatalk-cdn.com/15/12/26 ... 5ed10d.jpg[/IMG]

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 12:09 pm
by 1250bandit
Wat was die prys van die kolf? ;D

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 12:11 pm
by LouisC
R7000

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 12:56 pm
by JTM
Om pics te kan sien moet jy daai IMG in die haakies verander na IMAGE.

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 4:59 pm
by LouisC
//images.tapatalk-cdn.com/15/12/26/72268374904ff7b93d6a0c2442cbd4bb.jpg

//images.tapatalk-cdn.com/15/12/26/d924c22c7a5d563b98ffb57ba0eab30f.jpg

//images.tapatalk-cdn.com/15/12/26/8c09e37339be7574b01c829b507bb09d.jpg

//images.tapatalk-cdn.com/15/12/26/437aaa6b6c0682bc9f0de4d4aefc8c0c.jpg

//images.tapatalk-cdn.com/15/12/26/4fa0a6eb61ab618a0cc3f71a97d0a8ea.jpg

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 4:59 pm
by LouisC
Dankie JTM. Groete

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 6:08 pm
by 1250bandit
Hoe is jou cheek weld met die stock met scope eye relief? Is hy gemaklik ? Dit lyk baie nice! En n mooi groepering daar!

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 7:53 pm
by LouisC
1250bandit wrote:Hoe is jou cheek weld met die stock met scope eye relief? Is hy gemaklik ? Dit lyk baie nice! En n mooi groepering daar!
Lenght Off Pull is verstelbaar, so ook die wangstuk! Ek is lief vir lĂȘ en skiet, skiet baie gemakliker met die pistool greep as met gewone kolf.

Wat lekker is met die silencer op druk ek hom heel trug dan pas hy met silencer en al in die kluis.

Dankie Bandit, ek wou dit nog altyd doen die tac chassis is mar my smaak.

Die groep het plek vir verbetering... Maar dankie.

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 8:13 pm
by JTM
Lyk lekker Louis! Ek dink dit kan baie lekker werk.

Is die wangstuk lank genoeg vir mens se gesig agter die scope?

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sat Dec 26, 2015 10:37 pm
by LouisC
Ja hy is vir my lank genoeg JTM.

Re: Warrior tactical rifle chassis.

Posted: Sun Dec 27, 2015 9:34 pm
by fanie.myburgh
Mooi man.. Ek sal hom in die nuwe jaar vir n draai moet kom vat daar by jou. Sal maar n naweek moet vasmaak meskien in maart iewers.
Groete