Cahorra Basa dam Tiervis.
Posted: Thu Dec 24, 2015 10:21 am
Ons het Cahorra gaan hengel vir 4 dae die vakansie, meer as 60 tiere gevang tussen 2 van ons (miskien nader aan 70 maar na n ruk het ons opgehou tel.) Dit was n groot voorreg om saam met die legende Emildo Sada te vang. Ons het op Emildo se eiland- "Casa da Pesca" gebly wat baie mooi toegerus is. Ek het al tiere op die zambezi gaan vang maar dis nie n "patch" teen Cahorra Basa nie.
Ons het self gery, deur Zimbabwe en noord oos in mosambiek in. Beitbrug Zim alleen het ons 6 ure gevat agv almal wat omkoopgeld soek en stelsels wat "glo" van lyn af was...... Ons het 2 dae Cahorra toe gery en 3 dae terug wat nogal uitmergelend was.
Die hengel was ongelooflik, almal was op "Africa lures spinners" en "Tiger wakka spinners" met n stukkie tiervis fillet op gevang. Braid lyn van ten minste 40 pond is n vereiste, elke tier gaan jou knope en gerei tot die uiterste beproef. Verdere vereiste is n gids wat jou na die beste plekke toe vat wat tot so ver as 30km weg is. Probeer n pakket vat wat kos insluit want daar is nie nog tyd of lus vir kosmaak nie, dis vrek warm. n Alternatief is ook om een van die huisbote te vat en dan nader aan die goeie hengelplekke te anker en te bly.
n Mens kan ook probeer vundu en bream vang maar ons tyd was bietjie beperk en as mens eers die tiere kry dan is dit al wat jy wil doen. Ons was n paar keer al 3 op die boot (Emildo ingesluit) op dieselfde tyd vas met n tier.
Ek beveel hierdie trippie sterk aan as jy ordentlik wil tiervis vang, dis Tiervis hemel.