Page 1 of 1

Blondine vs. Blou Bul

Posted: Tue Dec 15, 2015 5:25 pm
by Gawie(13mm)
Die blonde dame loop teen skemer in die pad af, toe sy 'n plakaat teen 'n lamppaal gewaar.
"Woonstel te huur. Doen navraag binne."
"Dit is nou bakgat", dink sy by haarself". Sy is hoeka opsoek na 'n woonstel. Sy klop dadelik aan die lamppaal. Na die vyfde keer se klop begin sy half vererg raak. 'n Man met 'n Blou Bul trui kom oor die pad gestap en vra vriendelik wat dan nou haar toere so opjaag?
Sy wys hom die plakkaat en klop weer.

Die kerel kan homself nie help nie en klop self aan die paal. Hy kyk op na die lig bo op die paal en kry 'n skalkse glimlag.

"Dame, ons klop verniet! Daar is niemand tuis nie. Die ligte is dood!"

Re: Blondine vs. Blou Bul

Posted: Tue Dec 15, 2015 6:17 pm
by Heinz Petersen
Nie veel verskil tussen die twee nie.

Re: Blondine vs. Blou Bul

Posted: Tue Dec 15, 2015 9:06 pm
by TOKELOS
PRESIES! Die twee weet ewe veel van rugby! Ne Gawie?

Re: Blondine vs. Blou Bul

Posted: Thu Dec 17, 2015 2:52 pm
by morne smith
Lmga

Re: Blondine vs. Blou Bul

Posted: Fri Dec 18, 2015 9:33 am
by Wouter Roets
Daar is nie so grappie nie!

Re: Blondine vs. Blou Bul

Posted: Fri Dec 18, 2015 10:47 am
by Gawie(13mm)
Wouter Roets wrote:Daar is nie so grappie nie!
Jammer. Ek sal dit onder algemeen plaas. >:D

Re: Blondine vs. Blou Bul

Posted: Fri Dec 18, 2015 12:30 pm
by DawieKotze
Gawie(13mm) wrote:
Wouter Roets wrote:Daar is nie so grappie nie!
Jammer. Ek sal dit onder algemeen plaas. >:D
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Skerp een Gawie!