Page 1 of 1
Soek hulp
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:20 pm
by Omnia
Kan iemand my hier dalk van hulp wees om te weet watse dokumentasie ek als gaan benodig om 'n jaggeweer uit my oom se boedel op my naam te kry . My tannie ( sy vrou) is die eksekuteur van die boedel
Ek het so 'n gelukkie losgeslaan en 'n Sako 375 te kon kry , nog nie eers 'n scope op die outjie gewees , nog net so 10 skote na papier geskiet gewees , so hy is so rou soos kan kom .
Re: Soek hulp
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:25 pm
by FHM
PM vir Eugene hier op die forum - hy is n prokureur en sal jou sekerlik kan help
Re: Soek hulp
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:30 pm
by 243Songdaug
Omnia dis redelik maklik:
Jy kry:
'n afskrif van die oom se Lisensie
afskrif van die eksekuteur se ID
Afskrif van die Eksekuteursbrief
Laat die eksekuteur op die SAP271 die deel invul waar aangedui is dat die wapen uit 'n boedel verkry is - sy/hy teken dan ook as die huidige eienaar van die wapen.
Niks snaaks omtrent 'n boedel wapen nie - jy kort net die eksekuteeur se goed.
Re: Soek hulp
Posted: Tue Dec 15, 2015 2:33 pm
by Omnia
Dankie dit klink heel eenvoudig , ek het nou maar net gedink as ek moes 8 maande wag vir my eerste jaglisensie watse @#$^& gaan hulle my nou gee hier by Sasolburg SAP vir die storie!!!
Re: Soek hulp
Posted: Tue Dec 15, 2015 3:30 pm
by 243Songdaug
Ek het al 'n paar 100 motiverings en aansoeke gedoen. 'n Boedel wapen is niks snaaks nie - dit raak eers snaaks wanneer die Eksekuteur nie die aansoek wil teken nie of die kinders begin baklei onder mekaar - veral as die eksekuteur self van die wapens wil hê en hyt niks ge-erf nie.
Re: Soek hulp
Posted: Tue Dec 22, 2015 7:59 am
by Omnia
Ok die papier werk is in , moet se sover het dit glad verloop 'n pakkie droewors verrig nogal wonders , kom ons kyk of die tyd verbeter kan word teen die vorige 1 van 7 maande.
Re: Soek hulp
Posted: Tue Apr 19, 2016 2:07 pm
by Jake1
243Son waar kom die sap534 in (Transfer of firearm ownership) Ofd kom dit glad nie by nie?
Re: Soek hulp
Posted: Tue Apr 19, 2016 2:16 pm
by Carl
Volgens my is die eienaar nou afgesterwe en kan nie die eienaarskap oordra nie. Die eksekuteur is nie die eienaar nie.
Re: Soek hulp
Posted: Tue Apr 19, 2016 3:43 pm
by JuanVE
Omnie. sit bietjie vir ons 'n foto van daardie Sako op!
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 10:19 am
by 243Songdaug
Carl, die eksekuteur teken in die plek van die eienaar - hy/sy is deur die eienaar of die se agtergeblewenes aangestel om met volmag namens die eienaar op te tree in die hantering van die afgestrorwene se boedel in die se afwesigheid - dit sluit eiendom, beleggings, uitstaande skulde en vuurwapens in.
Indien die eksekuteur nie kon teken namens die eienaar nie, sou alle boedel wapens met die afsterwe van die gelisensieerde eienaar ingehandig moes word vir vernietiging, aangesien hulle dan eienaarloos sou wees, aangesien niemand dan die aansoekvorms kon teken nie.
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 11:04 am
by Carl
Ek is nie regs opgelei nie, maar as ek die erfgenaam is dan is ek mos die eienaar? Die eksekuteur is nie die eienaar van enige boedel bates nie - hy is meer 'n tipe van agent of bestuurder
Punt 81 van die SAP 271 sê
Declaration by person who is lawfully in possession of the firearm.
Ek het die storings permit en die wapens word by my gestoor omdat ek 'n kluis het en bevoegheid het. Dus is ek mos "lawfully in possession".
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 11:35 am
by Viking
Carl jy blaf agter die verkeerde boom!
Die oorledene was tot met sy dood die eienaar van die wapens, maar sy testament stel (benoem) die eksekuteur wat na sy dood namens hom sal uitvoering gee aan sy wense.
Dus "staan die eksekuteur in die skoene van die oorledene" en daarom is die wapens onder sy beheer en teken hy die aansoek van die erfgenaam of koper.
Indien die eksekuteur nie die nodige beveiliging van die wapens kan doen nie moet hy daarvoor reelings tref - maar hy bly steeds "lawfully in possession" !
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 11:40 am
by 243Songdaug
Interesante punt.......
Soos Viking dit stel is 100% soos ek(en die Registrateur, uit die onderstaande voorbeeld wil voorkom) dit ook vertolk. Eksekuteur is wetlik in besit/verantwoordelik agv sy aanstelling.
Nou 'n geval gehad waar 'n tannie 'n addisionele lisensie gehou het vir 'n haelgeweer, na die oom se afsterwe het sy die wapen vererf en het dit toe aan 'n kleinseun gegee en hyt aansoek gedoen. Syt geteken vir die lisensie aansoek - die aansoek is afgekeur met die opdrag dat die eksekuteur vir die aansoek moet teken.
Net so vir interessantheid: Die tannie is ook deur die DFO ingelig dat sy inbesit is van 'n onwettige wapen en dat sy 'n stoorpermit moet kry.
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 11:57 am
by Viking
243Songdaug wrote:Interesante punt.......
Soos Viking dit stel is 100% soos ek(en die Registrateur, uit die onderstaande voorbeeld wil voorkom) dit ook vertolk. Eksekuteur is wetlik in besit/verantwoordelik agv sy aanstelling.
Nou 'n geval gehad waar 'n tannie 'n addisionele lisensie gehou het vir 'n haelgeweer, na die oom se afsterwe het sy die wapen vererf en het dit toe aan 'n kleinseun gegee en hyt aansoek gedoen. Syt geteken vir die lisensie aansoek - die aansoek is afgekeur met die opdrag dat die eksekuteur vir die aansoek moet teken.
Net so vir interessantheid: Die tannie is ook deur die DFO ingelig dat sy inbesit is van 'n onwettige wapen en dat sy 'n stoorpermit moet kry.
243Songdaug,
Die tannie kon 'n addisionele lisensie gehad het vir dieselfde wapen maar die oorspronklike lisensie was die oom s'n. Indien die tannie die wapen geerf het sou sy steeds aansoek moes doen vir 'n "nuwe" lisensie aangesien die addisionele lisensie nie meer geldig kon wees sonder die oom nie.
"12. (1) The Registrar may issue an additional licence in respect of a firearm
contemplated in section 13, 14, 15 and 16 to every person who resides on the same
premises as the
holder of the licence in respect of the firearm in question."
Die tannie sou dus nie die kleinseun se aansoek kon teken as eienaar van die wapen nie!
Die DFO is dus korrek!
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 12:05 pm
by 243Songdaug
Ek het hom ook so en stem sammet die DFO - die tannie het aangeneem dat aangesien die hoof lisensie houer waggeval het sy outomaties die nuwe hoof lisensie houer raak - wat natuurlik verkeerd was.
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 12:12 pm
by Carl
Viking wrote:Carl jy blaf agter die verkeerde boom!
Indien die eksekuteur nie die nodige beveiliging van die wapens kan doen nie moet hy daarvoor reelings tref - maar hy bly steeds "lawfully in possession" !

nee wat ek blaf nie, honde blaf.
As ek die wapen stoor en die SAPS539 geteken deur my DFO is in my besit - Is ek nie wettig in besit van die wapen nie? Ek het 'n brief van die eksekuteur wat die wapens in my sorg plaas.
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 1:24 pm
by Viking
Carl kom ek help jou:
Daar is 'n verskil tussen "lawfully possession en safe custody" -
Possession = the state of having, owning, or controlling something
Custody = the protective care or guardianship of someone or something.
Custody word verkry deur SAPS539...so terug by die "possession"
Disposal of firearms in case of death
147. (1) In the case of the death of the holder of a firearm licence, the firearm in
question must be disposed of as prescribed.
(2)
The executor of the estate of a deceased person who comes into possession of a
firearm licensed to the deceased must store the firearm as prescribed.
Wat betref die stoor van wapens is die regulasies as volg:
(1) Where a person provides storage facilities for firearms or ammunition to another persons, such storage facilities must conform to the applicable requirements for a safe or strong-room as set in the SABS Standard 953-1 or 953-2.
(2)
Storage may only be provided to a person who may lawfully possess the firearm or ammunition.
Jy stoor dus die wapen namens die eksekuteur wat die "possession of the firearm" verkry het na afsterwe en die wapen word in jou sorg geplaas (dis duidelik nie possession nie.)
Die tannie se posisie is duidelik hieronder:
Inherited firearms
148. (1) A person who inherits a firearm must—
(a) if he or she wishes to keep the firearm, apply for an appropriate licence, permit
or authorisation in terms of this Act; or
Ek hoop dit help vir meer duidelikheid.

Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 2:30 pm
by Carl
Dis hoekom ek gesukkel het net met Komm Reg
Possession = the state of having, owning, or controlling something
*I am having the rifle in my safe.
*Occasionally I am controlling the rifle when I pick it up.
Indien ek die wapen erf wanneer gaan eienaarskap oor?
Re: Soek hulp
Posted: Thu Apr 21, 2016 2:35 pm
by Viking
sal jou PM ons hi-jack nou die draad