Page 1 of 1

Beste gom vir ivoor op hout kolf vassit

Posted: Sat Dec 12, 2015 7:25 pm
by Jackalsniper
Manne ek doen my .22 se kolf oor, hy is op die oomblik met 220 grit geskuur, ek gaan hom vat tot op 2000. maar onder die greep en voor op die punt van die kolf wil ek n ysterhout, ivoor trimming opsit. Hoe nou? Moet ek epoxy gebruik?, iemand het my gese hout kan krimp en uitsit agv vog en ivoor laat loskraak. Die kolf lyk of dit eike hout is en daaraan gaan ek die yster hout vassit en dan die ivoor caps bo op.

Re: Beste gom vir ivoor op hout kolf vassit

Posted: Sat Dec 12, 2015 7:42 pm
by Gawie(13mm)
Is jy seker dit is eike hout?
Eike= akker hout.
Jy kan enige poliuritaan lym gebruik. Plak net maskeerband op die hout om die greep. Maak die ivoor effens grof aan die kant wat op die hout gaan plak. Dit help vir 'n stewige meganiese las.

Re: Beste gom vir ivoor op hout kolf vassit

Posted: Sat Dec 12, 2015 7:53 pm
by Jackalsniper
Lyk soos akker , maar ek is nie seker nie. dis n Voere. was n mislike coating opgewees wat ek afgehaal het en baie gelukkig om mooi grein hout onder dit te he. Wat is n voorbeeld van poliuritaan gom? pratley quickset tipe goed?

Re: Beste gom vir ivoor op hout kolf vassit

Posted: Sat Dec 12, 2015 8:28 pm
by tripodmvr

Re: Beste gom vir ivoor op hout kolf vassit

Posted: Sun Dec 13, 2015 8:10 am
by 470rigby
Probleem is ivoor gee mettertyd 'n klein bietjie olie intern afgee, wat gewoonlik dit uiteindelik laat afval, maar miskien is jy gelukkig. Ontvet dit so goed jy kan met alkohol, maak die plak oppervalk grof, en plak met Epidermix 372. Dis 'n baie sterk gom, maar dit vat 'n hele 24 uur om droog te word. Het sover baie goed by my gewerk

Beste gom vir ivoor op hout kolf vassit

Posted: Sun Dec 13, 2015 9:22 am
by NJ_v_N
+1 vir epidermix 372, sover my navorsing strek is dit die beste locale 2deel stadige set epoxy.

Het dit self gebuik op my kolf vir Swarthout (wat ook baie olie in het) op plak.