Page 1 of 1

Baikal 12br O/U

Posted: Mon Dec 07, 2015 8:31 am
by Forester
Goeie môre almal,

Ek sal graag opinies wil hoor asb. Sal julle hierdie haelgeweer koop en wat is 'n billike prys vir hom? Lope is 720mm en chokes full en 3/4. Die idee is om 'n haelgeweer te hê waarvoor ek nie jammer is nie en wat saam geneem kan word vir eend skiet in die modder.

Groete

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Dec 07, 2015 10:00 am
by johannvdg
Hy sal werk daarvoor, veral as die prys reg is, so tussen R2k en 4k, afhangend van die toestand, is wat ek sou spandeer. As die geweer al baie gewerk het, hou verby.

Die toe chokes sal dalk nie ideaal wees vir die nader skote wat mens gewoonlik kry as jy eende oor decoys skiet nie, maar dan moet jy hulle maar net so 'n bietjie vroeër skiet.

Die dimensies op die foto wil dit laat voorkom dat die LOP baie kort is, so jy sal heel waarskynlik die kolf moet verleng, behalwe as jy korter as die normal is. Ook die pitch lyk nie vir my lekker reg nie. Altwee hierdie aspekte kan tot gevolg hê dat jou "felt recoil" ongemaklik gaan wees.

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Dec 07, 2015 10:21 am
by tripodmvr
'n Baikal is 'n onverfynde wapen - AK47 se maat as dit by werk kom. Stem saam oor die kolflengte - tensy die lope so lank is dat die kolf kort lyk.

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Dec 07, 2015 10:35 am
by Forester
Baie dankie vir jou terugvoer Johann, waardeer dit baie! Klink my dan is die prys reg. Ek het beplan om die kolf langer te maak, maar het nie besef daar is fout met die pitch nie. Sal jy asb verduidelik wat jy bedoel? Wat is die goedkoopste manier om die kolf langer te maak, plastiek spacers?

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Dec 07, 2015 11:16 am
by johannvdg
Hierdie artikels sal jou die regte agtergrond gee om die haelgeweer vir jouself te pas en so gemaklik en suksesvol moontlik te kan skiet.

http://www.positiveshooting.com/GunFittingP1Main.html
http://www.positiveshooting.com/GunFittingP2Main.html

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Dec 07, 2015 12:05 pm
by Forester
Weereens dankie Johann!

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Dec 07, 2015 12:07 pm
by THOMAST
Baikal is Russies vir "skop soos 'n donkie"

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Tue Dec 08, 2015 6:29 am
by Henry 7
Ekt n enkelloop en hy kan punch vat!
Hopelik kan jy ook!

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Tue Dec 08, 2015 7:09 am
by Pvdw
Baikal is Russies vir "skop soos 'n donkie"
Thomas praat jy nou waar hier ;D ;D

Ek het die S/S BAIKAL. Hy het my geskop dat ek verleë op die baan gestaan het en kyk wie sien my toe ek wegpak na 20 skote ???

Kolf was amper2" te lank en het 'n metaal butplate gehad. Sissie pad opgesit en korter laat maak. Nou skiet ek met baie meer gemak 80-100 skote op kleie.

Nic Roets van SA Jagters skiet met so 'n BAIKAL O/U as niemand hom sien nie :o ;) Hy het die geweer goedkoop gekry en 1 dag in die reën gaan toets omdat hy jammer was vir sy ander gewere. Hy was aangenaam verras en die geweer het toe 'n permanente plek in die bakkie gekry as backup.

As ek hom kan kry vir 2-4k is hy more myne.

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Tue Dec 08, 2015 7:22 am
by johannvdg
THOMAST wrote:Baikal is Russies vir "skop soos 'n donkie"
Enige haelgeweer wat jou nie pas nie doen dit, maar ja van die ouer gewere het hierdie aspek kwaai verkeerd gekry, en met die Baikal pas hierdie handskoen.

Ek het twee Baikals los geskiet, SbS's so nog ligter as die O/U, en met die eerste een het ek gou besef in fabrieksformaat gaan dit nie vir my werk nie, en toe het ek so 'n bietjie meer uitgevind oor die pas van jou geweer, hom verander en jare lank suksesvol en pynloos met hom gejag. Daarna het ek die tweede geweer se dimensies net dieselfde gehou.

Net so kan ek jou voorstel aan iemand wat 'n Beretta Prevail gekoop het en voordat hy hom laat pas het, het hy dit glad nie geniet om met hom te gaan skiet nie, want die geweer het sy oogbank stukkend geskop.

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Tue Dec 08, 2015 11:50 am
by vossie1
Ek sien hy het die dubbel sneller, ek het ook een O/U met enkel select sneller en ja hy skop en sal nooit skoonheids komp wen nie maar vir n werksgeweer staan hy nie terug nie. ek moet nog by n spesialis kom om my te wys hoe n haelgeweer moet pas,ek is tans n 50% skut met myne.

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Jan 25, 2016 2:06 pm
by Forester
Weet iemand dalk waar ek 'n user manual vir hierdie haelgeweer kan kry? Hy haal blykbaar anders as 'n normale o/u uitmekaar. Hy het nie die hefboom onder aan die voorstuk nie. Dit het blykbaar iets te doen met daai metaal studs aan die kante van die voorstuk.

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Jan 25, 2016 2:19 pm
by tripodmvr
Slaan Google. Daar is heelwat illustrasies.

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Mon Jan 25, 2016 2:22 pm
by Forester
Oom Marius ek soek al 'n paar dae op google en kry niks. Daar is baie manuals op die huidige en ander modelle maar ek sien niks wat hierdie verduidelik nie... Weet nie of ek teen my ooglede vaskyk nie...

Re: Baikal 12br O/U

Posted: Tue Jan 26, 2016 2:48 pm
by Forester
Ek het UITEINDELIK die antwoord gekry. Dis nie 'n Baikal nie, maar wel gemaak deur Tula Arms Plant (Tulsky Oruzheiny Zavod) ook uit Rusland. Blykbaar lank terug was hulle wapens ook onder die Baikal naam bemark, dis die rede vir die verwarring. Die forend op hierdie haelgeweer is permanent vas aan die lope en word nie afgehaal soos met ander haelgewere nie. Die manier om die lope te verwyder is jy moet albei snellers gelyk trek asook die sluithefboom terwyl die kamers oop is.

http://www.tulatoz.ru/en/production/det ... CTION_ID=7