Roep v wild

Post Reply
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Roep v wild

Post by Klein Chris »

More Almal,
Sien op youtube die Yanks is hou daarvan om sekere van hulle wild bv takbokke en kalkoene nader te roep

Nou wonder ek of dit moontlik sal wees om van ons wilds bokke soos rooi/spring/blesbok of BWB of koedoe te probeer nader roep

Het iemand al so iets probeer?

Groete
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Roep v wild

Post by Geno »

Hier kan jy sien wie wat ingeroep het.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=57&t=15195
Goed, beter, 6millimeter!
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Roep v wild

Post by Klein Chris »

Heel insiggewend

Gedink die BWB sal kom loer. Die koedoe verbaas my nogal

Sien geen rooi of spring of blesbokke nie
Skiet bly maar lekker
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Roep v wild

Post by Francois Hugo »

Middag almal,

Ek sien die manne reken mens kan wildsbokke inroep as ek so na die lyste kyk. My Namakwalandse vraag, waar die wild natuurlik volop is!! ++>: Is met watter klanke!! ??

Ek het al verskeie nagte steenbokke en duikers by die roeper verby gekry maar nog nooit die idee gekry dat die bok ingeroep is met die normale jakkals jag roepe nie? Het wel al opgemerk dat jy eweskielik die bokke optel in die nag as jy distress klanke van hase/steenbokke/springbokke gebruik, maar nog nooit gesien hulle kom roeper toe nie??

Laat weet bietjie hoe julle dit doen? Man kan mos op die manier baie lekker oneties gaan jag!!! ++>: >:+ :angel:

Groete uit die Namakwaland

Francois Hugo
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Roep v wild

Post by Klein Chris »

Wonder as mens Mei maand n paar rooibok horings teen mekaar stamp as die plaaslike rooibok ram sal kom loer wie skoor soek op sy gebied
Skiet bly maar lekker
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Roep v wild

Post by Capt. Yoda »

Hier is n goeie begin vir die manne wat dit self wil probeer


A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Roep v wild

Post by Johnnie De Wet »

Klanke soos Teff en Rooigras werk goed op springbokke..
Johnnie
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Roep v wild

Post by dehacked »

Johnnie De Wet wrote:Klanke soos Teff en Rooigras werk goed op springbokke..
Vertel asb meer Johnnie.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Roep v wild

Post by Johnnie De Wet »

Nee Dehacked, ek skerts sommer.
Ek het egter ook al hieroor gewonder en dit afgemaak vir die rede dat ons bokke nie n 'mating call' het soos die goed in Amerika wat hul maats km's ver roep nie.
Johnnie
Post Reply