Page 1 of 1

Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 8:10 pm
by Cobus(Cobb)
My pel het so geweer met kamer grootte van +76mm...hoe kry ons sy TPL?
Hoekom is kamer so groot??

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 8:34 pm
by Jagtersdok
Wat is 76mm?

verduidelik mooi wat julle gemeet het?
O ja hys groot want dis 'n voere ;D

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 8:44 pm
by Cobus(Cobb)
askuus neels, het nie mooi verduidelik nie....sy TPL is 75,6mm en punt raak nognie aan die lande nie.
Die punt sit net net in die dop se nek om min.jump te kry...die setup klink vir my net bietjie suspect....

My ore is oop...

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 8:47 pm
by herley
Cobb
My mening sal wees dat jou vriend se loop uitgeskiet is ekt dieselfde oorgekom met my pa se 30-06

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 8:52 pm
by Jagtersdok
Daai throat is al bietjie weg so hyt lang vryboor. Ek weet van gewere wat baie akuraat skiet met 10mm jump, as die ding nie moeilikheid maak nie, is dit nie pyn nie. Inspekter die loop met bore scope as hy fine is kan jy hom terug sny en nog skiet anders kan jy nuwe loop op sit. Een ding wat baie manne nie verstaan nie is loop wat uit geskiet is beteken nie vir elke ou dieselfde nie, daar is groot verskil tussen uitgskiete loop vir jagter en een vir kompetiesie skut

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 8:58 pm
by Cobus(Cobb)
so ons kan maar 75,6mm seat en laai??
anner oom vertel toe ook vandag ons moet kruit in plek hou met stukkies toilet papier ???...lyk soos 'n voorlaaier wat afgegaan het

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:05 pm
by 222
cobb wrote: anner oom vertel toe ook vandag ons moet kruit in plek hou met stukkies toilet papier ???...lyk soos 'n voorlaaier wat afgegaan het
Ken net van daai een as jy reduced loads laai, gebruik eerder Dacron, hy brand heeltemal weg. Watse kaliber is dit?

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:09 pm
by Jagtersdok
Ander oom praat baie poefies.

as jy iets gebruik om kryt in plek te hou is dit klein stukkie DACRON, nie watte of poefpapier nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Die goue reel is om darem 2/3 van die bullet se diameter in die nek vas te kan hou.
So met 30 kaliber so omtrent 5mm.
Dit meet jy dan ook van die deel waar die boattail en die koeel se skag by mekaar kom as jy boattail koeel het of van die asis af met die flatbase koele.

Wat meet die magesyn watse max TPL rondte kan hy vat?

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:19 pm
by Jaco Swart
Jagtersdok wrote: Ek weet van gewere wat baie akuraat skiet met 10mm jump, as die ding nie moeilikheid maak nie, is dit nie pyn nie.
Oom Maurits se 7X57 wat hy is sy DVD gebruik se jump is baie meer as 10 mm en hy werk nog reg volgens hom.

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:31 pm
by Cobus(Cobb)
222, dis .308

Dok, die man vertel my hulle pas nog in die magasyn  in...ek sal maar more vir hom gaan kyk of/hoe die ding groepeer...(sal maar so tussen die stukkies poefpapier probeer deurkyk ;D :D)
hys op besigheid in KZN en my gevra om te gaan toets...

So gelaai:
PMP dop
cc1200 primer
Hornady 180gn punt
42,5gn S341
TPL 75,6mm

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Thu Jun 09, 2011 9:07 am
by James Wilson
my 308 se vorige loop was n voerre, die loop was al uitgeskiet, maar ek het daai tyd al agtergekom as ek met n g/smit praat dat die voerre se kamers maar altyd n bietjie groot is. ek kon net pmp 180grn met sy prominente ogief kry dat ek so n 25mm-30mm groep kry. ek moes ook die punt so vlak in die dop seat dat dit skoon verspot gelyk het.

Re: Foere...kamer grootte...help

Posted: Thu Jun 09, 2011 11:03 am
by 222
Jagtersdok wrote: as jy iets gebruik om kryt in plek te hou is dit klein stukkie DACRON, nie watte of poefpapier nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Stem saam dan kan hy maar staalwol ook gebruik of hoe? ;D