Page 1 of 1
Dagse Jagters
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:37 pm
by Christiaan
Hallo almal,
Wil my self net gou voorstel. Ek bly in Pretoria en jag al vandat ek jonk is. Ek is in die bevoregte posisie dat my Pa n plaas besit in die Noord Kaap, Winton distrik, ek gebruik elke geleentheid moontlik om daar uit te kom. Ek sien julle weet baie van ondiere vankant maak, moet maar vinnig leer die goed maak amok tussen die skaap en bok.
Ek het n 9mm Par, 300WM en 375 H&H op my naam en wag nog vir die papier werk op n 7x64 Benneke en 222 Rem.
Ek herlaai vir die 300 en my lading lyk soos volg:
Punt: 200g Nosler Accubond
Dop: Remmington
TPL: 90,3
Dryfmiddel: S385 66gr
Spoed: 2650
Ek sien uit om van julle te leer en my ondervindings te deel.
Lekker middag,
Christiaan
Re: Dagse Jagters
Posted: Wed Jun 08, 2011 2:39 pm
by Geno
Welkom Christiaan!
Laat weet my wanneer jy weer plaas toe gaan, KSV bly daar in Deben, dan ry ek saam met jou tot by hom. Ons (eintlik KSV, ekself roep nognie te lank nie) sal jou lekker leer.
Groete,
Eugene
Re: Dagse Jagters
Posted: Wed Jun 08, 2011 3:42 pm
by Monrique (SJ)
Welkom maat
Hoop jy geniet dit sommer baie.
Groetnis
Re: Dagse Jagters
Posted: Wed Jun 08, 2011 7:40 pm
by Jagtersdok
Welkom Buurman
daai lading van jou lyk heel reg met 300.
ek is ook hier in PTA
Hoop jy geniet dit hier. Ons moet maar loads kry vir jou ander roere ook. Daai 3skewe5 hou Van 260gr Nosler Accubond
Re: Dagse Jagters
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:51 pm
by Christiaan
Geno,
Ek dink dis great voorstel, dankie. Die plaas is net 65km van Deben af. Sal seker eers in Aug weer kann gaan, moet nou eers biltong bymekaar maak.
Piet-Skiet,
Ek bly in Menlo Park. Gaan gewoonlik Bluegum toe om n paar papier bokke te skiet. Watse omgewing is jy?
Jagtersdok,
Ek het begin met die skewe5 se ladings met n 300g Hornady interbond. Die groepe het nie great gelyk nie. Wil baie eerder ook oorskuif na 260g punte, maar eers na die biltong seisoen. Hulle is nogal duur, maar verseker die moeitewerd.
Groete,
Christiaan
Re: Dagse Jagters
Posted: Tue Jun 21, 2011 10:06 am
by PITSMIT
welkom christiaan
geniet dit hier en vat maar dok se raad hy gaan jou mooi help het my van baie groot hulp gewees met my 270
pitsmit
uitenhage
Re: Dagse Jagters
Posted: Tue Jun 21, 2011 2:46 pm
by Dawid
Baie welkom Christiaan, glo beslis jy gaan dit geniet hier.
Re: Dagse Jagters
Posted: Wed Jun 22, 2011 7:31 pm
by .::Alwyn-U::.
Baie welkom hier!
Re: Dagse Jagters
Posted: Thu Jun 23, 2011 7:52 am
by BLOK
Welkom en geniet hom.
Jy ken nie dalk vir ou Poen Jacobs in daai geweste nie, verskriklike omie met n interresante taalgebruik.
Blok
Re: Dagse Jagters
Posted: Thu Jun 23, 2011 1:52 pm
by Francois Marais
Christiaan
WELKOM, hoop jy like.....
Mooi loop
Francois
Re: Dagse Jagters
Posted: Sat Jul 02, 2011 8:06 am
by Wiehan111
Welkom
Moet net nie soos ek in die strik trap deur verslaaf te raak aan die site nie
Groete