Page 1 of 1

Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:22 am
by mar
Dag Manne.

My naam is Mariette van Dyk. Ek is woonagtig in Pretoria en gewone huisvrou met kinders en 'n man. In my vrye tyd doen ek bemarking en verkope vir E-Shepherd.biz se skaaphalsbande teen roofdiere. Die eienaars van die skaaphalsbande is LifeTime Designs en dis goeie huisvriende en kollegas van my.

Die produk wat ek bemark vir E-Shepherd.biz is 'n produk wat na ons mening ordentelik getoets is soos wat groot internasionale maatskappye met hulle produkte doen. Daarom word die produk nie net  in Suid-Afrika bemark nie maar ook in ander lande met groot kleinvee populasies. Hierdie ander lande vereis ho? standaarde en wetenskaplike toetse van ons voor hulle enigesins kyk na ons produk en dit is wat ons maatskappy doen om kwaliteit produk te stel.

Dankie en groetex

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:55 am
by Monrique (SJ)
Baie welkom en geniet dit hier by ons.  Hoop jy like dit!!

Groetnis

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 08, 2011 1:58 pm
by jaracal
Welkom hoop jy sal dit geniet en goeie terugvoering kry oor julle produk.
Hein

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 08, 2011 3:18 pm
by mar
Middag!!!

Dankie ek waardeer dit baie.

@ Hein. Mag ek my produk adverteer op die forum?

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 08, 2011 6:28 pm
by PITSMIT
dagse mariette

welkom hier en gesels lekker saam

groete
pitsmit

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 08, 2011 7:35 pm
by Jagtersdok
Welkom Mariette

Wel gewoonlik as jy so met die intrap slag adverteer is ons hoof speurder Kaptein SJ nogal skerp en wys die manne gou tereg, maar duidelik het jy heel ander efek op die man gehad ;D ;D

Baie welkom hier. Vertel ons asb meer van jou produk en moenie terug hou op die ins en outs nie gee ons die volle behandeling met al die detail.

Ek hoop van harte jy skiet darem geweer of boog ook ;)

Neels

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 08, 2011 9:33 pm
by Christo
Mariette

Welkom hier by ons. Tuff plek die maar eintlik het die lede maar klein harte, dit is net as dit oor ons brood en botter gaan dat ons gou op die agterpoot is.

Geniet dit hier.

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 22, 2011 2:07 pm
by mar
Is ek nog welkom om met julle te gesels of is daar kwaai gevoelens? Want ek wil so graag met julle wil gesels oor ons halsband want ons gaan einde van die maand ons kliniese toets bekend stel en ek wil dit graag met julle deel.

Hello

Posted: Wed Jun 22, 2011 4:26 pm
by pirot79
Angename kennis, ek is Niel en ek boer naby Beaufort Wes met dorpers en boerbokke. Ek is ook nuut op die front van forums oor die algemeen nevermind hier. Ek sal graag die waters wil toets oor gekoordineerde jagte met klomp jagters soos hulle in die ou dae gedoen het. Waar moet ek hieroor post?

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 22, 2011 4:47 pm
by Dawid
Aangename kennis en welkom hier Niel......Vra is vry en insette is gratis, glo jy gaan dit geniet hier

Re: Hello

Posted: Wed Jun 22, 2011 4:48 pm
by Louis102
pirot79 wrote: ... Waar moet ek hieroor post? ...
Seerower, welkom hier!  Ek sou s? jy moet sommer 'n nuwe "topic" hier oopmaak:   http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... .php?f=7.0

Jy sal sien bo-aan die bladsy is daar 'n blokkie wat s?: "New Topic"  Click op hom en laat waai.

Mooiloop
Louis

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 22, 2011 5:52 pm
by MEERKAT
Pirot van Beaufort West
Welkom , lyk my hele Beaufort is al op die forum een van die dae kan Beaufort die prys wen vir die dorp met meeste jakkals skieters per vierkante meter.

Mooi loop
MEERKAT

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 22, 2011 6:09 pm
by pirot79
die park teel hulle dat daar genoeg vir almal is he he

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 22, 2011 7:33 pm
by .::Alwyn-U::.
Baie welkom geniet dit hier!

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 22, 2011 7:51 pm
by theedge
Dag Baie WELKOM

Re: Aangename kennis manne

Posted: Wed Jun 22, 2011 9:41 pm
by erx
Welkom, hoop jy geniet dit!
He He, ja nes jagtersdok gese het, SJ het heel ander benadering getoon.

Hoe nou mater ;D ;D

Groete
erx

Re: Aangename kennis manne

Posted: Thu Jun 23, 2011 9:15 am
by PITSMIT
laat waai mariette  die manne spot sommer goediglik.  jy is welkom ek glo die manne sal luister