Page 1 of 1
koorsblaar
Posted: Wed Jun 08, 2011 7:31 am
by Francois Briedenhann
Ek wil net graag hoor wat werk vir n koorsblaar?
Re: koorsblaar
Posted: Wed Jun 08, 2011 7:39 am
by grumpy
Polio druppels!
Re: koorsblaar
Posted: Wed Jun 08, 2011 9:17 am
by Dawid
Zambuk, soos ons hom ken Samboksalf, is ook uitstekend vir droee lippe en dan ook vir enige sere en krappe van dorings wat mens in die veld opdoen.
Re: koorsblaar
Posted: Wed Jun 08, 2011 5:11 pm
by prohunt
Kry vir jou "Folic Acid" tablette. Dis nie duur nie. Drink twee sodra jy die krieweling voel en dan vir 'n week een per dag. Dit stop hom of as hy reeds daar is keer hy dat dit nie erger raak nie.
Re: koorsblaar
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:18 pm
by mossie
HOTNOTSVY SE BLAAR. BREEK DIE PUNT AF EN DRUK DIE SAPKANT TEEN DIE KOORSBLAAR. DRA SOMMER DIE "BLAAR" IN JOU SAK ROND EN DRUK KORT-KORT DAARVAN TEEN DIE KOORSBLAAR. DIT KORT SY LEWE IN EN LAAT HOM VINNIGER UITDROOG EN VERDWYN.
MOSSIE
Re: koorsblaar
Posted: Wed Jun 08, 2011 10:55 pm
by Vaalboer
Vir voorsorg drink 2 disprins voor jy in son of wind gaan. As die bogger eers daar is gebruik Zovirax koorsblaarsalf. Kry dit by apteek. Dis my beste medisyne nog.
Re: koorsblaar
Posted: Sun Jun 12, 2011 5:35 pm
by Christo Els
Eintlik werk niks vir die ding, maar hier is 'n paar dinge wat jy kan probeer.
Vitamiene B aanvullings
Lewens Essens is dit op die koorsblaar. Waarskuwing dit
BRAND 
Vicks op die koorsblaar
Hoop jy kom reg
Re: koorsblaar
Posted: Mon Jun 13, 2011 7:33 am
by grumpy
Vicks werk! Ek kan getuig daarvan. Saterdag op gesit en vandag is dit weg!
Re: koorsblaar
Posted: Mon Jun 13, 2011 12:01 pm
by Christo Els
Die grumpy nou weet ek ook
Re: koorsblaar
Posted: Wed Jun 15, 2011 2:14 pm
by D4D
Het eendag by een van my werkers gehoor. dat hulle hulle eie oor was vat en dan op die koorsblaar smeer, dan gaan diet gewoonlik vinnig weg.
Re: koorsblaar
Posted: Wed Jun 15, 2011 2:21 pm
by Louis Kriel
Snaaks genoeg die ding wat die beste werk is ook amper die goedkoopste. Ek is vir jare geteister deur die verdekselse goed totdat ek peroxide probeer het. Dit werk fantasties. Maak die koorsblaar stukkend en sit peroxide (40 volume) met 'n oor-stokkie (earbud) op. More is hy weg.

Re: koorsblaar
Posted: Sun Apr 21, 2013 8:32 pm
by taranaki
Milton waarmee jy bottels steriliseer. Smeer aan hy droog binne 1 dag uit en more is hy weg
Groete
Re: koorsblaar
Posted: Tue Apr 23, 2013 3:14 pm
by ZKK
Ek het op n stadium heelwat koorsblare binne in my mond gekry.
1000mg vitamien C,een in oggend, een in aand, sort gewoonlik die probleem uit.
Re: koorsblaar
Posted: Tue Apr 23, 2013 5:53 pm
by vlakvark1
Julle moet nou nie lag nie maar hierdie raad kom van my ouma af en dit werk. Smeer
gereeld ''vanilla essence'' aan . Koorsblaar verdwyn vinniger as wat hy gekom het
Re: koorsblaar
Posted: Mon May 20, 2013 7:19 pm
by Chris09
Ek het nogal n vreemde ding wat vir my werk! Aquafresh tandepasta sodra jy die kriewel op jou lip voel.
Groete
Re: koorsblaar
Posted: Mon May 20, 2013 8:04 pm
by Piet Pille
'n Koorsblaar word deur die herpes simplex II virus veroorsaak. as jy eenmaal 'n draer vd virus is, het jy dit gewoonlik vir baie jare tot lewenslank. Die virus bly dormant in die sinapse vd senuselle (van die lippe) en sodra die imunnsisteem verswak of die lippe aangetas word deur bv son/wind , trigger dit dat die virus begin vermeerder.
Enige iets wat anti-septies is teen virusse sal dus die virus rem. Alkohol is anti-septies, daarom werk vanilla-essens, witdulsies, lewensessens en selfs aftershave en brandewyn.. (L.W. nie by inname ne, maar vir aanwending

).
Zambuk, vicks, dettol, peroxide, savlon, chloor (milton) ens het almal ook anti-septiese eienskappe, daarom dat dit help.
Dan is daar die anti-virale rome soos bv. Zovirax, Acitop, Lovire, Fenivir ens werk ook goed, meer so as jy dit vroegtydig begin aansmeer.
Vit B, Vit C, foliensuur, sink aanvulings en L-lysine (aminosuur) werk baie goed as jy dit drink, veral voorkomend in tye wat jy weet jy gaan blootstelling gaan kry soos bv verkoues of baie in die son. Van bog. is L-lysine seker die effektiefste.
Antivirale tablette (Zovirax, Acyclovir, Zeletrex ens.) werk ook goed, veral as daar veelvoudige koorsblare is en wanneer jou imuunsisteem 'n kwaai knou weg het soos by siekte ens.
Ek het al baie gehoor van poliodruppels, en baie mense glo vas daaraan. Ek vermoed die werking hou verband met die imuunrespons wat die poliodruppels tot gevolg het, en dat die toename in witbloedseltelling dan ook die koorsblaar virus onderdruk.
Onthou dat die virus 'n destruktiewe effek op die omliggende weefsel het (waar die blasie vorm) en dat dit nogsteeds 'n rofie sal vorm daar, al is die virus onderdruk. Die liggaam moet daardie weefsel vervang en dit sal 'n paar dae neem, soos enige ander seerplek wat gesond word. As die rofie eers gevorm het, is die virus gewoon weg en dis net die liggaam se herstelproses wat jy waarneem. Dis tydens die "blasie fase" wat hy aansteeklik is en die virus nog baljaar!
Re: koorsblaar
Posted: Mon May 20, 2013 9:02 pm
by mariusr
Goeie genade Pieter so uit 'n dokter se mond!

Re: koorsblaar
Posted: Mon May 20, 2013 10:21 pm
by G-force
Pyralvex drupples briek hom dadelik.Sukkel net om te kry deesdae.
Re: koorsblaar
Posted: Tue May 21, 2013 8:07 am
by Nickvn
Dankie Pieter, dit is nou een van die beste poste wat ek nog gelees het hier. Dankie vir die deel.