Page 1 of 1
Spier besering
Posted: Thu Nov 12, 2015 11:15 am
by HJA
Goeie môre,
Soek bietjie mediese hulp asb.
Ek het my bors spier beseer met op trekke.
Dit is die bors spier wat voor van jou skouer/arm na jou bors toegaan.(Vrouens het groter spiere daar)
Enige raad wat smeer ek aan of wat staan my te doen.
Dankie
Henk
Re: Spier besering
Posted: Thu Nov 12, 2015 11:20 am
by Jean Marais
Ek gebruik Arnika salf en maseer jellie vir enige sulke tipe beserings. Ou mense ken dit ook as perdesalf. Werk uitstekend vir my.
Re: Spier besering
Posted: Thu Nov 12, 2015 12:18 pm
by RUPERT
+1
Re: Spier besering
Posted: Thu Nov 12, 2015 12:22 pm
by Smirre
Jy is nie veronderstel om jou pecks seer te maak as jy pull ups doen nie
Jou biseps, triseps, deltoids en lats moet werk as jy jou opterk
Jou bors of pectorals oefen meer as jy bench press
Maar ja ...smeer n salfie
Re: Spier besering
Posted: Thu Nov 12, 2015 12:28 pm
by Ashley
Jean Marais wrote:Ek gebruik Arnika salf en maseer jellie vir enige sulke tipe beserings. Ou mense ken dit ook as perdesalf. Werk uitstekend vir my.
Stem met Jean.
Dischem het wat hulle noem "Arnica Ice Gel" of "Hot Ice Arnica gel". Ekt n tussen-rib spier besering gehad in die jaar en daai goed is al wat werk.
Ek meng dit soms ook met gewone room en smeer sommer hele lyf- koel jou af veral in die hitte
Sterkte met daai eina
Re: Spier besering
Posted: Thu Nov 12, 2015 4:05 pm
by Kolhasie
Het jy nie dalk die spier net laat oefen nie?
Om n spier seer te maak is n ander storie!
Groete KH
Re: Spier besering
Posted: Fri Nov 13, 2015 10:41 am
by Apie
Dalk bietjie Voltaren of Cataflam? EN rus
Maar ek is nie 'n dokter of veearts nie. SO gebruik my raad op jou eie risiko!
Re: Spier besering
Posted: Fri Nov 13, 2015 10:47 am
by HJA
Goeie môre,
Dankie vir al julle raad.
Het die spier net gerek of getrek.
Ek het hom so twee weke laat rus maar hy voel nog nie te lekker nie.
Dit het so brand pyn gevoel en soos n rekkie wat breek toe pyn.
lekker dag
Henk
Re: Spier besering
Posted: Fri Nov 13, 2015 10:54 am
by Piet Pille
Cataflam 3x dag vir 5 dae
Arnica/Fastum gel bedags aansmeer
TransAct medisinale pleister saans
Laat spier volkome herstel voordat jy weer oefen (3-6 weke)
Re: Spier besering
Posted: Fri Nov 13, 2015 11:00 am
by HJA
Baie dankie
Re: Spier besering
Posted: Fri Nov 13, 2015 11:01 am
by cassie_calvinia
prevention is better than cure...
moenie optreke doen nie!
die wiel het gekom om te bly
Re: Spier besering
Posted: Fri Nov 13, 2015 11:10 am
by Piet Pille
cassie_calvinia wrote:prevention is better than cure...
moenie optreke doen nie!
die wiel het gekom om te bly
Feite.
Die petrol enjin ook. Verstaan nie die fietstrappery nie??