Page 1 of 1

Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 11:05 am
by FHM
Manne ek hou vreeslik van die jagbootse - weet iemand dalk of dit inn RSA beskikbaar is en indien, waar?
http://www.realtree.com/global-hunting/ ... e-of-bruar
deertacekeririshsetter.png

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 11:12 am
by Jean Marais
Frnacois, ek weet nie of hierdie presies dieselfde is nie, maar loer gerus hier:

http://www.walkerwargameonline.co.za/in ... 5-footwear

Ek het camo's by hulle gekoop, Gehalte is impressive.

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 11:21 am
by FHM
Dankie Jean - sal gaan loer daarso

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 11:50 am
by alecjohnson
Ek het so 'n paar gesien by wildman, lyk dieselfde, maar weet nie watse maak dit was nie.

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 11:52 am
by Gian_dP
Die by Wildman is Wolverine. Ek het n leer paar wat baie lekker dra

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 12:47 pm
by FHM
Dankie Alec en Gian

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 1:24 pm
by Boesman10
Pasop met die aankoop van stewels van oorsee of wat heelstuks ingevoer is. Ek het myself lelik misgis met 'n stel waterdigte jagstewels amper net soos in die prentjie. Die stewels het fantasties gepas en geloop en was waterdig maar toe my voete lelik begin te sweet in die Karoo hitte besef ek dat die stewels eintlik waterdig is omdat dit gemaak is om in die sneeu te gaan jag.

Net soos slaapsakke wat verskillende koue gradeerings het is die Amerikaanse mark gefokus op somer stewels en winter stewels. Maak dus seker jy koop 'n "somer" stewel en nie 'n minus 20C stewel nie.

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Thu Nov 12, 2015 1:37 pm
by FHM
Boesman jy is reg - ek het alweer nie die fineprint gelees nie :-[
Die bootse is waterdig en gemaak vir onder andere - warmte.
Dit kan n leeulopery raak as jy op n matige wintersdag ver moet stap.
Sal maar verby hou.
Dankie vir die headsup! ;)

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Fri Nov 13, 2015 11:36 am
by Ben
Enige Amerikaanse boot wat die woorde "thinsulate" by het kan jy maak los....

Re: Waar kan ek so paar bootse bestel?

Posted: Fri Nov 13, 2015 12:31 pm
by FHM
Ben wrote:Enige Amerikaanse boot wat die woorde "thinsulate" by het kan jy maak los....
take note Ben - tks