Page 1 of 2
Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 12:47 pm
by Ben
More Kerels,
Ek weet dit is baie droog in die bosveld, maar ek het al besluit verlede jaar ek wil baie graag in 2016 bietjie Springbok jag. Ek het nog net in die bosveld gejag, so nog nooit springbok geskiet nie.
Ek weet meeste mense se altyd hulle is rustig en gedra hulself, maar ons is werklik. Paar ou manne en paar jong manne, maar ons het Baie respek vir die Boer en sy diere.
Ek het gedink Noord Kaap of Vrystaat sal seker die beste opsie vir ons wees!
As enige iemand weet van n goeie/lekker plaas sal baie waardeer word.
Groete
Ben
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 1:28 pm
by win270
Ben, net vir interessantheidshalwe kan jy gerus vertel watter kaliber, teleskoop en ander toerusting jy wil saamneem vir die springbokjag.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 2:00 pm
by Boesman10
Kan help maar dit sal bietjie verder wees. So na die Karoo se rigting naby Beaufort Wes.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 2:14 pm
by Ben
win270 wrote:Ben, net vir interessantheidshalwe kan jy gerus vertel watter kaliber, teleskoop en ander toerusting jy wil saamneem vir die springbokjag.
Ek het n 308 wat ek skiet met 130gn TTSX teen 2930ft/s, Scope is Vortex 4-16x50
dan het ek ook 243 met 80gn TTSX teen 3250ft/s, Scope Vortex PST 6-24x50
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 2:45 pm
by win270
Albei daardie kalibers sal die ding doen. As die wind nie sterk waai nie, sal ek die .243 gebruik.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 4:54 pm
by Riebeeker
Ben, daar is verskil tussen die definisie van gedra as jy van Boksburg afkom en as jy van 'n ander plek afkom. Ek vra sommer nou al verskoning, maar ek kon nie help nie. Skuld jou 'n bottel wyn.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 7:21 pm
by MONTIE
Boksburgers kan hulle gedra. Dit is daai mense van klein plekkies soos Riebeeck Kasteel wat nog steeds alles op die ou kaapse manier wil reg klap.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 7:22 pm
by MONTIE
Boksburgers kan hulle gedra. Dit is daai mense van klein plekkies soos Riebeeck Kasteel wat nog steeds alles op die ou kaapse manier wil reg klap.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 8:28 pm
by DeonvTonder
Ben, ek het so paar jaar terug naby Britstown gejag in hulle jaarlikse vat 5 jagkompetisie. So twee dae voor die tyd jag jy by van die boere in die distrik. Is beslis die moeite werd om so iets te oorweeg, die kompetisie ook. Was een van my lekkerste springbok jagtrippies gewees. Plat op die aarde mense in daardie omgewing.
Google britstown vat 5 jag vir meer info
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 8:33 pm
by Riebeeker
Geweet ek gaan moeilikheid kry. Als in goeie gees. Ben laat weet my op my pm waar jy die Springbok wil skiet. Het darem n paar pelle in die Karoo

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 9:01 pm
by Gawie(13mm)
Riebeeker wrote:Geweet ek gaan moeilikheid kry. Als in goeie gees. Ben laat weet my op my pm waar jy die Springbok wil skiet. Het darem n paar pelle in die Karoo

Jy kan my ook maar beledig!

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Wed Nov 11, 2015 9:04 pm
by win270
Ben wil hom seker agter die blad skiet, Riebeeker! Korswel nou sommer net, hoor.

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 12:59 am
by Pappabeer
Ben, doen jouself n groot guns, en gaan jag vir n week in Namibiƫ se suide. Dit is springbokjag op sy beste. Jy kan loop en bekruip, bakkieskiet, nagoes, voorsit, en wat nog anders daar moontlik is. Die bokke is mooi groot, die mense se gasvryheid ongekend, en jy gaan daarna probeer planmaak om jaarliks terug te gaan.
O. En natuurlik skiet jy nog daar Gemsbok, Rooihartbees en Koedoe per kilogram.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 5:49 am
by sako 30-06
Pappabeer wrote:Ben, doen jouself n groot guns, en gaan jag vir n week in Namibiƫ se suide. Dit is springbokjag op sy beste. Jy kan loop en bekruip, bakkieskiet, nagoes, voorsit, en wat nog anders daar moontlik is. Die bokke is mooi groot, die mense se gasvryheid ongekend, en jy gaan daarna probeer planmaak om jaarliks terug te gaan.
O. En natuurlik skiet jy nog daar Gemsbok, Rooihartbees en Koedoe per kilogram.
As jy praat van in die Suide, na wat se dorpe kyk n mens. Ek oorweeg self n Namibie jag volgende jaar, so sal graag wil sien wat die afstand sal wees.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:14 am
by Ben
Riebeeker wrote:Ben, daar is verskil tussen die definisie van gedra as jy van Boksburg afkom en as jy van 'n ander plek afkom. Ek vra sommer nou al verskoning, maar ek kon nie help nie. Skuld jou 'n bottel wyn.
Kyk die "Far East" verdien somtyds sy reputasie, maar gelukkig bly ek Noord van Paul Smit Straat......Suid van hom is waar "Boksburg" rerig begin...
Ek wil baie graag een jaar in Namibie gaan jag, maar los dit as my bucket list item vir oor so paar jaar, dan kan ek dalk my seuntjie saamvat.
Intussen dink ek die Karoo mag dalk lekker wees. Ek wil nie graag vanaf n bakkie skiet as dit nie hoef nie.
So terloops nog n vraag wat ek het, Wat is die beste manier om springbok ram en ooie te identifiseer? Net op groote van lyf?
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:19 am
by sako 30-06
Ben wrote:Riebeeker wrote:Ben, daar is verskil tussen die definisie van gedra as jy van Boksburg afkom en as jy van 'n ander plek afkom. Ek vra sommer nou al verskoning, maar ek kon nie help nie. Skuld jou 'n bottel wyn.
Kyk die "Far East" verdien somtyds sy reputasie, maar gelukkig bly ek Noord van Paul Smit Straat......Suid van hom is waar "Boksburg" rerig begin...
Ek wil baie graag een jaar in Namibie gaan jag, maar los dit as my bucket list item vir oor so paar jaar, dan kan ek dalk my seuntjie saamvat.
Intussen dink ek die Karoo mag dalk lekker wees. Ek wil nie graag vanaf n bakkie skiet as dit nie hoef nie.
So terloops nog n vraag wat ek het, Wat is die beste manier om springbok ram en ooie te identifiseer? Net op groote van lyf?
Ben sover ek weet is die ooie se horings baie dunner as die ramme sin.
Ek is self opsoek na Springbok jagplek, so ek sal jou laat weet as ek op iets afkom.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:21 am
by Riebeeker
Ram het heelwat dikker horings met 'n meer prominente krul na binne. Ooie se horings dunner en meer reguit. Daar is natuurlik uitsonderings, soos ooie met baie lang en gekrulde horings.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:23 am
by Ben
Dankie Sako,
Ek dink regtig met die gebrek aan reen gaan die gewone plekke soos Thaba en Zeerust bietjie eil wees volgende jaar.
As ek n plaas daar besit het dink ek nie ek sou laat jag nie,
Dankie Riebeeker (Boksburg Basher) Sal bietjie fotos soek ek swot!
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:27 am
by Capt. Yoda
Ben jy sal hom maklik kan sien dit is maar soos Riebeeker hom daar verduidelik. As ek jy was sou ek meer Van Zylsrus, Askham, Upington, Deben se werled toe gery het vir springbok as jy nie Nam toe wil gaan nie. Daar in die Kalahari lyk n springbok darem na iets
Ram (groot een)
http://thumbs.dreamstime.com/x/springbok-ram-12492665.jpg
Ooi
http://api.ning.com/files/Hu6bOG3IkcQ35HWfp0X4ir431RrFluHWpW2Bbitgb61gK76MzKtryDnC501g6JfdDKJKhCyWBwlkoXnRpdNaiLuiONVkOu6p/springbokooi.JPG?width=728&height=600
Die ram is gewoonlik ook aansienlik groter
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:34 am
by Ben
Dankie Capt. Daai foto verduidelik mooi. Ek was nog nooit in die Karoo nie, een keer al in die Kalahari toe ek nog op skool was. Pragtige wereld!
Ek sal maar kyk waar ek regkom!
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:43 am
by win270
Groot ramme is lief om eenkant te hou en nie noodwendig deel van die trop te wees nie. Voorsit jag is die algemene metode in die Karoo. Jy gaan sukkel om skote onder ongeveer 150 meter te kry, afhangende van die tipe terrein en jagmetode.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:50 am
by Ben
win270 wrote:Groot ramme is lief om eenkant te hou en nie noodwendig deel van die trop te wees nie. Voorsit jag is die algemene metode in die Karoo. Jy gaan sukkel om skote onder ongeveer 150 meter te kry, afhangende van die tipe terrein en jagmetode.
Die afstand pla my nie te veel nie, ek oefen al die hele jaar my skiet tegniek, ek en my vriend het die onlangse middelburg bisley skiet bygewoon, en met my standaard 308 kon ek die disprin op 700m raakskiet. Ons word al hoe meer gemaklik to en met 300m. Dink persoonlik ek sal nie sommer n skoot op dier vat verder as dit nie....maar ons sal sien.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 7:53 am
by Ben
Julle maak my nou sommer opgewonde!
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 8:05 am
by sako 30-06
Weet iemand hoe lyk die plase en pryse in Kuruman omgewing?
Ben dis darem nie so ver van Boksburg af nie.
Re: Wil graag Springbok Jag in 2016
Posted: Thu Nov 12, 2015 8:22 am
by Ben
Sako jy is heeltemal reg...Karoo is tussen 800 - 1000km, Kuruman is 560km vanaf boksburg....
"565km Vanaf Brakpan"
