Page 1 of 1
Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Mon Jun 06, 2011 5:33 pm
by Nico Harris
Ek kan n Leupold vx3 4.5-14x40 kry vir R6500. Ek wou hoor wat dink julle manne van die scope. ek gebruik die geweer vir bietjie skyfskiet,bietjie ape en bobbejane skiet,bietjie jakkals skiet en bietjie uitdun van wild! so die scope sal so bitjie

van alles doen! net gewonder wat julle manne darrvan dink?
ps-sal hom kry met n net n gewone duplex kruishaar>
groete
Nico
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Mon Jun 06, 2011 6:21 pm
by klipspringer
Hello Nico
Die prys/waarde verhouding van die teleskoop is na my mening goed. Dit het 'n bruikbare vergroting-reeks en goeie kwaliteit optika. Ek sien dit as 'n goeie teleskoop vir vlakteskiet gedurende die dag.
Groete
Jan
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Mon Jun 06, 2011 9:13 pm
by Nico Harris
?
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Mon Jun 06, 2011 9:33 pm
by Sako75
Nico,
Koop my vriend s'n wat omtrent ongebruik is vir R5,000. Hy het duplex kruishaar. Kontak my vir sy besonderhede.
Ek dink dis van die beste gebalanseerde teleskope - lekker kompak met 'n wye reeks van vergroting. Dalk nie die beste opsie vir nagskiet nie maar baie goed vir gewone jag.
Danie
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Mon Jun 06, 2011 11:38 pm
by Francois Marais
Nico
Ek dink dis n goeie koop, jy salli spyt wees nie.......
Mooi loop
Francois
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:01 am
by MJK
Manne
Oor die algemeen : Oppas vir fakes. Sien die volgende wat gebeur het op airrifle.co.za. Maak seker van jou produk voordat die "bargain" aangekoop word.
http://www.airrifle.co.za/showthread.ph ... ht=leupold
http://www.airrifle.co.za/showthread.ph ... ht=leupold
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Tue Jun 07, 2011 8:49 am
by Wouter Roets
Nico
Jy ken al seker my opinie oor Leupold teen hierdie tyd! Daai einste model pryk op n hele paar van my gewere. As ek dalk net iets kan aanheg en dit is om die Boonne&Crockett kruishaar te kry. Nie die Varment Hunters nie, hy is te besig. Jy sal nie glo hoe goed hulle werk as jy eers vertoud is met hulle nie! Kyk nou maar vir Taffie en daai skoot van hom! Daai recticles help ontsaglik.
Groetnis
Wout
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Tue Jun 07, 2011 11:05 am
by Nico Harris
Hey Wouter! as hy goed genoeg is vir jou is ek sker hy sal reg wees vir my!
MJK die ou by wie ek koop se prys is eintlik R7500 maar ek het al agt(8) geweere vir hom verkoop die jaar vir geen komisie nie so dis n beter prys vir my!
Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Tue Jun 07, 2011 1:08 pm
by MJK
Nico
Jammer ek wou nie jou aankoop afkraak nie maar as algemene waarskuwing dien. Dalk aparte thread?
Great! kan ek deel in jou goeie guns??

Re: Leupold 4.5-14x40 vx3
Posted: Tue Jun 07, 2011 4:01 pm
by Nico Harris
mjk daar is geen pyne? pm my oor die guns!(of dit nou "guns" in engels was of "guns" in afrikaans was)
groete
nico