.243 Vir Koedoe?

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

.243 Vir Koedoe?

Post by sako 30-06 »

Ek het die geleentheid om oor n paar weke n Koedoebul te skiet.
Sal die .243 voldoende wees vir n kopskoot? Indien wel die 87gr V-max of Barnes TSX?

Of moet ek maar eerder die 30-06 gebruik?

Wil nie n kans vat nie maar dit sal lekker wees om bloed te trek met die .243.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Supacow »

trek maar bloed met die okwes en tel jou bok op
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 696
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Jaco vdW »

243 sal defnitief werk op n kopskoot. Ek sou in daardie geval die V-max gebruik. Vir n lyfskoot sal ek by die TSX bly. Ons het vroeër hierdie jaar n koedoe met die 243 geskiet met n 85gr TSX, geen probleme. Pasop net baie mooi vir die groot bene.

Veiligste opsie bly die 30-06 as daar kanse is vir lyfskote, en 243 as jy 100% seker is van n kopskoot.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by FHM »

sako 30-06 wrote:Ek het die geleentheid om oor n paar weke n Koedoebul te skiet.
Sal die .243 voldoende wees vir n kopskoot? Indien wel die 87gr V-max of Barnes TSX?

Of moet ek maar eerder die 30-06 gebruik?

Wil nie n kans vat nie maar dit sal lekker wees om bloed te trek met die .243.

Sako, dis nou soos jou spanmaats vra of jy die girl op julle eerste date moet soen of nie....
Sommiges gaan se gaan daarvoor en ander sal se dis nie reg nie, doen sus of so.

Wat as jy op die jag is en glad nie n kopskoot kry nie - gaan jy agter blad gooi met die .243 en hoop hy gaan plankdwars staan (lees presies reg staan) dat jy geen groot bene tref nie?
Uit my ondervinding met kudu-jag kry jy 1 in 20 kere waar die kudu bul presies reg staan. 95 % is hulle in die bos versteek met n kop of nekskoot wat geneem moet word, of dalk n klein spasie oop op die blad - area waar jy skuins van voor na agter moet skiet of skuins van agter na voor, of reg van voor deur die borskas.

Natuurlik sal jy manne kry wat jare lank kudu bulle met die kaliber (.243) suksesvol jag, hetsy met rak-patrone of gelaaide premium punte. Hou net ingedagte dat die suksesvolle manne sekerlik (hopelik) presiese skootplasing as die primere faktor beskou.

PS: my persoonlike opinie - ek sou die o-kwes ten minste saamvat, net vir ingeval ek blaaie toe moet gaan!

Ek hou die een se antwoorde aandagtig dop! ;)
Last edited by FHM on Mon Nov 09, 2015 1:55 pm, edited 5 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Ratel »

Die 3006 is ooglopend die beter opsie. Alhoewel 'n pel my my al jare lank elke jaar sy koedoes jag met 243 sonder probleme. As jy verseker is van kopskoot gaan hy net so dood wees as wat jy met 3006 skiet. Skootplasing gaan van uiterste belang wees. Ek sal as ek moet kies baie eerder die Barnes vat.
Maak 'n verskil
User avatar
Herman Huyser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 268
Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Herman Huyser »

Sako, skootplasing is die deurslaggewende faktor. 'n Bees skiet wat stiltstaan en vir jou kyk op 10meter met .22 skoot reg van voor in die kroontjie laat die dier val, so dit is moontlik om groot diere met klein kalibers te dood. In die veld is daar net te veel veranderlikes en deur die 30.06 te gebruik vir die taak word versekering uitgeneem, dit word meer slaankrag genoem. My beskeie opinie, maak eerder seker en gebruik die 30.06.
Last edited by Herman Huyser on Mon Nov 09, 2015 1:56 pm, edited 1 time in total.
Work To Hunt, Hunt To Live
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by ruaanb »

'n kennis soek nou nog na 2 koedoes wat hy die jaar met die 243 geskiet het, gesien val het en net om dan daar te kom en 'n bloedspoor te kry wat so 1km later ophou. Vat maar die 30.06 eerder.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by win270 »

Om sukses te verseker, gebruik die .30-06. 'n Gekweste dier se lyding plus die impak op jou beursie maak dit nie die moeite werd om met die ligter kaliber die taak aan te durf nie.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by sako 30-06 »

Ek mik na die 30-06 toe.
Maar die rede hoekom ek vra is uit die 4 koedoes wat ek die naweek gesien het
het al 4 net kop of nekskoet gebied. Die bos is baie ruig so die lang gras het die meeste van die tyd die lyf bedek.

So dit maak dit maar moeilik om n lyfskoot te vat. Dis waarom ek gewonder het of die .243 nie dalk beter sal wees nie. Dink ook nie die skote gaan veel verder as 60m wees nie so sal nie n lyfskoot waag met die .243 nie.

Sal maar baie mooi moet dink
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by win270 »

En dan kan daar nog ligte takkies in die pad wees . . .
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by sako 30-06 »

win270 wrote:En dan kan daar nog ligte takkies in die pad wees . . .
Ook weer waar.

So die 30-06 bly maar n beter opsie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by tripodmvr »

Bosjag gee nie altyd perfekte skote nie. "Use enough gun" = 30-06.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Jean Marais »

Sal jy met 243 doodskoot kan gee? Beslis, met perfekte skootplasing.

In baie ruie bos soek jy met 243 egter vir moeilikheid, selfs al tref jy net 'n grashalm met dai ligte koeëls.

FHM gee baie goeie raad - maar jy kan maar luister wat die ander ook sê. Eerder te veel "gun" as te min. Mens weet nooit wat die skietomstandighede sal wees as jy in hom vasloop nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by joe rocket »

Jong die 243 sal werk met n premier koeël, maar daar is mos n nul kwes beskikbaar so gebruik hom.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Wouter Roets »

win270 wrote:En dan kan daar nog ligte takkies in die pad wees . . .
Daai vermaning tel vir alle kalibers. Geeneen is daarvan vrygespreek nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Blackie Swart »

Sako 30-06 ek skiet baie jare lak al my wild met my 243. Maar die jaar se jag was net die laaste strooi gewees. Kudus wou nie onder 400m gaan staan nie en ek wou nie kanse vat met my 243 nie alhoewel op daai afstand klap ek springbokke nog op die kop. Ek skiet 100gr punte. Vat maar eerder jou 30-06 net vir die wis en onwis saam. Ek het nou juis vir my n 308 gekoop vir die doel want ek kan nie weer huis toe ry sonder n kudu nie. Maar net my 2c
Groete
Blackie
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Dimitri »

Blackie Swart wrote:Sako 30-06 ek skiet baie jare lak al my wild met my 243. Maar die jaar se jag was net die laaste strooi gewees. Kudus wou nie onder 400m gaan staan nie en ek wou nie kanse vat met my 243 nie alhoewel op daai afstand klap ek springbokke nog op die kop. Ek skiet 100gr punte. Vat maar eerder jou 30-06 net vir die wis en onwis saam. Ek het nou juis vir my n 308 gekoop vir die doel want ek kan nie weer huis toe ry sonder n kudu nie. Maar net my 2c
Groete
Blackie
Hi Blackie

Hoekom skiet jy spingbokke op 400m maar nie koedoes nie?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Chevvy SS »

Blackie hou van klein teikens..... ++>:
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Blackie Swart »

Hi Dimitri. Al die kere wat ek die kudus gekry het was dit in die aand met n lastige wind. Ek is seker maar outyds maar as n skoot nie vir my reg voel nie skiet ek nie. Wil nie onnodige kanse vat nie en die plaas waar ek die jaar gejag het het ek die kudus ongeveer 600m vanaf die die buurman se draad gestaan. n Sleg skoot sou beten dat die bok vrek in buurman se plaas en die plaas eienaar kry die geld. Maar al hoekom ek nie geskiet het nie.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Hein (Haan) »

Vat die een wat jy die meeste vertroue in het om n klein teiken mee raak te skiet. As jy net kop/nek gaan skiet sal altwee hom neersit met n goeie skoot en jy gaan met altwee soek met n swak skoot. Moenie vertroue onderskat nie.
User avatar
Evert.243
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Sun Jun 01, 2014 12:13 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Evert.243 »

.243 het bealis genoeg oemf ek het die jaar 8 koedoes geskiet met my .243 met 75 gr vmax koeie en bulle gemeng. Slegs kop en hoë nek skote. Nog nie een verloor nie
Talk is cheap money buys the whiskey
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by cassie_calvinia »

het die jaar gemsbokke met my 22-250, 40gr v-maxe geskiet.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Capt. Yoda »

cassie_calvinia wrote:het die jaar gemsbokke met my 22-250, 40gr v-maxe geskiet.

Da vat hy nou!

Vir n klein teiken sal ek ook maar die 243 vat maar dit is die roer wat ek die meeste vertroue in het vir sy akuraatheid. As jy net vir kop en nek in die bos kan/gaan skiet gaan die bok nie die verskil tussen n 243 en 30.06 se koel weet nie, n 11.1.11 kop of nek skoot gaan jy stap.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by Gawie(13mm) »

Skiet hom in die oor. Sonder grappies. Oppas maar vir 'n breinskoot reg van voor met die V-maxe. Dit mag hom dalk net 'n hoofpyn gee.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: .243 Vir Koedoe?

Post by sako 30-06 »

Dankie vir almal se raad en advies.
Ek is maar nogsteeds onseker, nou Is die vraag is v-max n veiliger opsie of eerder die Barnes?

Ek het n idee die koedoes gaan makliker skote reg van voor bied. Die wat ek gesien het het eers n paar sekondes gestaan en reguit gestaar na ons.So gaan n v-max voldoende penetreer van voor af op die voorkop?
Wonder ook soos Gawie se dat die v-max dalk te sag gaan wees.
Post Reply