Page 1 of 1
Droewors resep.
Posted: Mon Jun 06, 2011 2:24 pm
by C.J.
Dag manne,
Ek soek bietjie 'n lekker droewors resep vir Koedoe, iets wat nie te veel na kruie proe nie. Help asb!
Groete
C.J.
Re: Droewors resep.
Posted: Sun Jan 15, 2012 6:20 pm
by Henk100
Ek gebruik Deli se Kameel Doring Boerewors. Dan gooi ek 'n half lieter asyn plus half lieter Lazenby woestersous .Dis vir klein gebruik.
Wanneer ek gaan jag maak ek klomp wors en maalvleis. Steeds gebruik ek Deli produkte. Ek het ook Freddie Hirsh produkte gebruik, maar staan my nie aan nie. Gelukkig smaak verskil'
Re: Droewors resep.
Posted: Sun Jan 15, 2012 6:35 pm
by pietjacobs
Deli kameeldoring is bobaas. Ek gebruik ook hom en selfs die kameeldoring biltong is net so lekker
Re: Droewors resep.
Posted: Sun Jan 15, 2012 6:49 pm
by jl1904
Crown se Safari spice werk ook lekker, die resep is op die pakkie, maak net seker jy kry goeie kwaliteit derms ander sukkel mens te veel.
Groete
Johan
Re: Droewors resep.
Posted: Sun Jan 15, 2012 8:24 pm
by Christo
jl1904 wrote:
Crown se Safari spice werk ook lekker, die resep is op die pakkie, maak net seker jy kry goeie kwaliteit derms ander sukkel mens te veel.
Groete
Johan
Gebruik hom self, gooi net ekstra koljander by, maar dan hou ek van die meer speserye smaak.
Vervang ook die asyn met worstersous, dit is baie lekkerder as asyn.
Re: Droewors resep.
Posted: Mon Jan 16, 2012 8:31 am
by jl1904
Sien so leer ons elke dag iets nuuts Christo,
Ek hou daarvan om my gewone braaiwors in 'n pan gaar te maak met Worchester sous, maar sal bietjie die droe wors resep van jou probeer, kan net lekker wees.
Groetnis
Re: Droewors resep.
Posted: Thu Jan 19, 2012 8:09 am
by C.J.
Dankie manne,
Ek sal bietjie probeer hierdie winter, daar is 'n jong Koedoe bulletjie wat moet uit. Hopelik maak die nuwe Springbok afrigter die dro?wors nog lekkerder.
Groete,
C.J.
Re: Droewors resep.
Posted: Thu Jan 26, 2012 4:25 pm
by LUAN
Ek dog ek gaan nou lees van n droewors resep? Kom nou manne skryf bietjie wat gebruik julle als om droewors te maak. Kom ons se ek het Kudu vleis. Hoeveel van als en als?
Re: Droewors resep.
Posted: Thu Jan 26, 2012 8:39 pm
by jl1904
303, Die resep is op Crown se pakkie, een ding wat ek kan se, is om maar vet stert skaap se vet te gebruik en nie brisket vet nie. Dit sit nie so aan mens se verhemelte vas nie.
Groetnis
Re: Droewors resep.
Posted: Thu Jan 26, 2012 10:16 pm
by Christo
jl1904 wrote:
303, Die resep is op Crown se pakkie, een ding wat ek kan se, is om maar vet stert skaap se vet te gebruik en nie brisket vet nie. Dit sit nie so aan mens se verhemelte vas nie.
Groetnis
Daar is nie beter resep as een koedoe of Gemsbok ( beter in my opinie ) en een lekker vet persiese skaap (alles) in dro?wors resep nie.
Brisket vat langer om galstarig te word as skaapvet.
Re: Droewors resep.
Posted: Sat Jan 28, 2012 4:39 pm
by wlm
CJ
Ek hou nie van die klaargemaakte resepte soos Crown e.d.m. nie. Die kruie is vir my te skerp. Die boek "Knuppeldik aan koningskos" saamgestel deur die Pretoria Polisie Offisiersvroueklub se worsresepte is vir my 'n wenner. Met erkenning aan Joey Pienaar, die samestellers en uitgewers gee ek dit.
Droewors (Wild)
22 kg wildsvleis
3 kg skaapstertvet
200 ml sout (3/4K)
50 ml peper (4 e)
500 ml fyn gebrande koljander (2 k)
1 k asyn (250)
12.5 ml gerasperde neut (1 e)
Re: Droewors resep.
Posted: Sat Jan 28, 2012 7:42 pm
by C.J.
WLM,
Jy sal sien ek het die post in 2011 se winter begin, en dit is die resep wat ek gesoek het, ek het ook 'n ready mix gebruik en die kruie het my afgesit, ek sal jou resep probeer. Dankie!!
C.J.
Re: Droewors resep.
Posted: Sat Jan 28, 2012 10:06 pm
by wlm
Die boek is regtig vol goeie resepte. Dit is vroeer deur die polisiestasies verkoop ten bate van hulle welsynsprojekte soos bv. weduwee- en weesfonds. Dit is regtig die moeite werd om dit te probeer kry. Hier is mos lede van die Mag op die Forum wat dalk kan help.
Praat maar as jy nie regkom nie, daar is nog 'n nat worsresep wat ek ook kan aanbeveel.
Willem