Page 1 of 1

spur hot rock tray?

Posted: Thu Nov 05, 2015 9:28 pm
by vossie1
Manne waar kan ek n paar van die nommers kry? Ek weet spur doen dit nie meer nie so daar behoort iewers nog n paar verlate te le. As iemand weet laatweet gerus.

Groete
Vossie

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 10:52 am
by Frederik
Vossie so ver ek weet moet jy net daarvoor vrae dan bedien hulle jou vleisie so.

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 11:49 am
by Gawie(13mm)
Spur hot rock plates for sale
Klik asb. op die skakel hierbo.
Dankie.

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:21 pm
by Chevvy SS
Vossie, ek het lank gelede 2 sulke borde by 'n hardeware/braaiwinkel gekoop, kompleet met die houtbord waaarop dit kom. Die materiaal is dieselfde as waarvan swartpotjies gemaak word. Ek is seker as jy 'n bietjie soek sal jy soortgelykes kry.

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:44 pm
by RUPERT
As ek reg verstaan soek vossie die lawa klip waarop Spur jou steak vir jou gebring het sodat jy hom self kon braai na jou smaak. Dit is nog voordat hulle die castiron weergawe gedoen het.

Ek dink jou cateringcompanies sal jou kan help met die klip, hulle cater tog vir resturante en hotele ens

Groente

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:54 pm
by vossie1
Rupert ja ek soek daai Lava klip een as dit mootlik is. Ek sal maar rondshop vir die regte ding.

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:55 pm
by JohanM
Is die dalk iets soort gelyk? Dink ek het dit in Builders of erens gesien op die rakke.

http://www.lks.co.za/index.php/cookware ... -enamelled

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:57 pm
by vossie1
Nee Johan dit is ongelukkig nie hy daai nie.

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 12:57 pm
by Gawie(13mm)
So ek mors my tyd en my data om jou te help soek? >:D
$_20.jpg

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 1:00 pm
by vossie1
Gawie jy is die beste,ek gaan daai man in Krugersdorp kontak. Jy was net bietjie vinniger as ek.

Thanks Man

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 1:06 pm
by PWV
vossie1 wrote:Gawie jy is die beste,ek gaan daai man in Krugersdorp kontak. Jy was net bietjie vinniger as ek.

Thanks Man
Nuwe Sherlock!

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 2:09 pm
by RUPERT
R 900 LIEWE HEL

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 2:15 pm
by Gawie(13mm)
RUPERT wrote:R 900 LIEWE HEL
R 150.00 X 6 = R 900.00.

Het jy die hele advertensie gelees of is jy net suinig? >:D

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Nov 06, 2015 3:11 pm
by RUPERT
Daar vang jy my uit! Te lui om te lees :-[

Re: spur hot rock tray?

Posted: Tue Dec 15, 2015 12:15 pm
by vossie1
Ek het my Hot Rocks gekry,die man het al 6 vir my gegee vir R700,bargain van die jaar.

Thanks vir die hulp manne

Re: spur hot rock tray?

Posted: Tue Dec 15, 2015 2:49 pm
by Gawie(13mm)
Mooi man!!!
Geseënde Kersfees. ;D

Re: spur hot rock tray?

Posted: Tue Dec 15, 2015 2:53 pm
by vossie1
;D Dankie ou Gawie,as jy wildtuin toe kom moet jy maar kom stop dat ons daai goed mooi kan toets.

Re: spur hot rock tray?

Posted: Tue Dec 15, 2015 2:55 pm
by Gawie(13mm)
Mis ek nou daai braai met ses maande >:D

Re: spur hot rock tray?

Posted: Fri Dec 23, 2016 8:44 pm
by Nico Harris
Weet iemand van nog wat te koop is?

Re: spur hot rock tray?

Posted: Sat Dec 24, 2016 4:50 am
by Bierseun
Nico ek sal bietjie uitvind hier by ons, sal jou laat weet as ek kry hoeveel soek jy ?


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: spur hot rock tray?

Posted: Sat Dec 24, 2016 5:22 am
by Nico Harris
So 6 of 8 asb Bierseun!

Re: spur hot rock tray?

Posted: Sat Dec 24, 2016 5:50 am
by tripodmvr
Google "hot rock plates south africa" en daar is verskeie plekke wat aanbiedinge het.