Page 1 of 1

Nuwe lid

Posted: Wed Oct 28, 2015 1:28 pm
by RiaanB
Goeie dag

My naam is Riaan Botha, woonagtig te Faerie Glen, Pretoria.

Is al geruime tyd roofkyker op die blad en vandag besluit om aan te sluit.

Ek jag en herlaai al sedert 2002, het so wyle terug my 30.06 verkoop en my broer se 7x57 CZ oorgeneem en nuwe .243 Savage Mod 14 American Classic gekoop. Die lisensies is laas maand en laas week onderskeidelik goedgekeur.
Dan het ek ook nog 12Br d/loop Rossi, .22 Brno Mod 2E, .22 Beretta pistool en .38 Spes Taurus snubby vir selfverdediging.

Hoop om nog baie hier te leer (mens is nooit te oud om te leer nie...hoor ek) ;D

Re: Nuwe lid

Posted: Wed Oct 28, 2015 1:44 pm
by Kubus
Welkom Riaan.
Geniet die forum, en wees verseker hier sal jy nog baie leer.
Hier is geweldig groot manne met baie kennis van omtrent alle onderwerpe

Re: Nuwe lid

Posted: Wed Oct 28, 2015 1:51 pm
by Jake1
Baie welkom, nou kan jy saam deelneem aan die gesprekke, jy gaan dit geniet, jy gaan baie leer en ons kan seker by jou ook iets leer.

Jaco

Re: Nuwe lid

Posted: Wed Oct 28, 2015 2:13 pm
by Jay Jay
Hi Riaan, baie welkom.

Johan

Re: Nuwe lid

Posted: Wed Oct 28, 2015 3:26 pm
by jamalley
Welkom Riaan, ek hoop jy geniet dit baie hier op die forum