Page 1 of 1

mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 11:19 am
by golf3
Weet iemand daar buite hoe om mieliebom te maak (nie die chick chick een nie) die goed het nogal n duur item geword
Of waar kan jy direk by die suppliers koop

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 11:23 am
by Capt. Yoda
Kook mielies in pot, gooi mielies deur vleismeul, spice to taste.

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 11:43 am
by golf3
Ek ken daai trick maar daai bom word vinnig suur

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 12:13 pm
by Eugene
Jy kan gewone mieliegruis of hoenderkos by Spar koop, so koppie koekmeel bysit en ek gooi ook so 2 koppies popcorn by. Dis nie dieselfde as die gekoopte goed nie, maar dit werk as alternatief.

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 12:43 pm
by RUPERT
I.p.v mielies gebruik dan eerder wild bird seed saam met morvite werk 100 beter

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 12:50 pm
by golf3
Maar moet jy die wildbird ook eers kook

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 12:58 pm
by Lourens Potgieter
As jy ernstig hengel wil gesels stel ek voor jy sluit aan by www.papgooianonymous.com . Baie nice hengel forum en die manne help graag. As ek mag vra, hoekom wil jy voer maak? Daar is uitstekende voer op die mark waar jy slegs water bygooi. Boulyn, Supercast, Trucella, daar is klomp make. Enige hengelwinkel hou aan.

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 1:10 pm
by golf3
Ek en my seuns vang nogal baie spesie en papgooi en dit gaan alles maar net oor die pry
Ek kan 5kg mielies koop vir R25 compare dit teen R40 vir 2kg supercast wat mooi 1 dag hou en dan gaan vang ons so 4 dae op n slag

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 1:33 pm
by RUPERT
golf3 wrote:Maar moet jy die wildbird ook eers kook
Nee dit is wat hom so greate maak. Jy mix wat jy nodig het.

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 1:38 pm
by RUPERT
golf3 wrote:Ek en my seuns vang nogal baie spesie en papgooi en dit gaan alles maar net oor die pry
Ek kan 5kg mielies koop vir R25 compare dit teen R40 vir 2kg supercast wat mooi 1 dag hou en dan gaan vang ons so 4 dae op n slag
Probeer dan die wildbird seed of maak jou mix soos jy dit wil he. Die morvite is net daar om alles tebint maar het baie voedings waarde.
Ek het al van my grootste karp met daai mix gevang (44 Pond)

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 2:02 pm
by golf3
Regso baie dankie ek gaan somer vanaand vir my van die morvite koop
Is enige flavour reg of is dit up to me

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 2:20 pm
by RUPERT
Ek het altyd vir die plein gegaan omdat ek my bait so natuurlik as moontlik hou. Dit is die triek met groot karp hulle wort slim met tyt so probeer hom flous.

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 2:21 pm
by RUPERT
Golf waar hengel julle vir die karp

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 2:37 pm
by Frikkiedbr
RUPERT wrote:Golf waar hengel julle vir die karp
Germiston Meer (dam) >:D ++>:

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 3:45 pm
by golf3
Private spot by die vaalrivier, en dan privaat damme rondom Krugersdorp

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 3:54 pm
by andre007
Ons koop straightrun, jy kan dit of in n pot kook maar die mikrogolfoond werk net so lekker, gooi net jou geur en kleursel vooraf in die water, werk goed

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 3:57 pm
by golf3
Wat is Straightrun ? Waar kry mens dit ?

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 4:05 pm
by andre007
golf3 wrote:Wat is Straightrun ? Waar kry mens dit ?
Baie fyngemaalde mieliegruis. Dis in baie veevoermengsels en die ouens wat braaikuikens teel gebruik dit as die kuikens grootmaak (altans ons het). Vra vir die manne wat veevoer verkoop en die Ko-ops

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 4:12 pm
by golf3
baie dankie met anderwoorde n plek soos obaro sal my kan help en vra ek net vir straightrun

Re: mieliebom

Posted: Mon Oct 26, 2015 4:25 pm
by andre007
golf3 wrote:baie dankie met anderwoorde n plek soos obaro sal my kan help en vra ek net vir straightrun
Yip

Re: mieliebom

Posted: Tue Oct 27, 2015 10:10 am
by golf3
thanks a mil

Re: mieliebom

Posted: Tue Oct 27, 2015 2:21 pm
by Lourens Potgieter
Ek het die ou site genoem. Dis www.papgooianonymous.co.za