Page 1 of 2
teleskoop keuse
Posted: Sun Oct 25, 2015 8:02 pm
by johans
manne die topic is seker al bespreek maar ek gaan weer vra want daars seker al nuwe modelle uit.ek soek n lekker scope wat meestal vir nagskiet gebruik gaan word so hy moet lekker kan id.ek doen nie langafstand skiet of baie papier skiet nie maar hy gaan ook gebruik word vir bokke skiet in die dag.ek kyk na vortex,sightron en dalk meopta.ek wil nie regtig meer as 14k betaal nie.vergroting moet so 16/20/24x50of 56 wees.kan julle ook se of dit moet ffp of sfp wees,eks nie so op hoogte met dit nie.laat weet bietjie wat julle het en wat werk goed
Re: teleskoop keuse
Posted: Sun Oct 25, 2015 8:46 pm
by alecjohnson
Ek sal se koop vortex 6.5-20x50 dis so raps oor die 10k
Ffp is baie lekker as jy gaan meet, maar vir meeste mense is sfp voldoende.
Re: teleskoop keuse
Posted: Sun Oct 25, 2015 10:27 pm
by Jackalsniper
Kyk bietjie na zeiss hd 5-25x50 . Humansdorp koop kan heel moonlik die beste prys he op hulle.
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 6:43 am
by cassie_calvinia
die ffp scope se kruis kan dik raak op kleiner vergrotings. veral as mens seker max 12-14 skiet.
meopta R1
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 8:32 am
by Geno
Praat as jy 'n Zeiss HD5 5-25x50 Rapid Z-Varmint soek.
Ons het een te koop teen R14,000.00
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 10:37 am
by Capt. Yoda
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 10:43 am
by joe rocket
cassie_calvinia wrote:die ffp scope se kruis kan dik raak op kleiner vergrotings. veral as mens seker max 12-14 skiet.
meopta R1
Sal verseker vir die Meopta gaan vir nagskiet.
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 4:58 pm
by Chrisjan
Ek koop verseker weer Sightron. Lense is super helder en turrets is ultra vertroubaar.
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 5:26 pm
by johans
dankie sover.ek lees dat mens nie met nagskiet veel meer as n 12 vergroting kan gebruik nie dan moet jy begin fokus ook stel?gaan n 20/24 vergroting nie werk om beter te id en dan weer af te draai 12 toe as jy klaar kon id nie?of praat ek nou twak?
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 5:43 pm
by Sangoma (IAN)
Ek glo nie jy gan altyd genoeg tyd kry vir op en af draai nie.
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 6:05 pm
by cassie_calvinia
met goeie scope kan jy op 12x op 400m id.
verder skote help 14x vergroting
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 6:31 pm
by johans
nee ek kan inelkgeval nie so ver skiet nie.ek dink weer mens het baie van die jagte oorgenoeg tyd om met die vergroting te speel.hoe lank kan dit jou nou vat om hom van 12 na 24 te draai en weer terug?eks net moeg om n ding op 400m te sien sit en nie wil inkom nie en ek kan hom nie id nie,mors omtrent heel aand op hom net om uit te vind dis n springhaas of maanhaar
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Oct 26, 2015 7:10 pm
by Jackalsniper
Jy kan maar kyk na die meopta ek het net zeiss onder jou aandag gebring oor die vergroting wat jy soek. ek skiet tans met n leopold vx3 4.5 - 14 x 50 en ek draai hom bitter min na 14 vergroting. hys meeste van die tyd op 11 x. Dis nou vir nag skiet. Ek gaan op n stadium reg wees om n meopta op te gooi en dit gaan of die R1 3 -12 x 56 wees of as die ek by die beter R2 se prys kan uitkom eerder hom opgooi. die R2 is n 2.5 -15 x 56 en ook paralax vry.
Re: teleskoop keuse
Posted: Wed Oct 28, 2015 3:00 pm
by Piet Breedt
cassie_calvinia wrote:die ffp scope se kruis kan dik raak op kleiner vergrotings. veral as mens seker max 12-14 skiet.
meopta R1
Cassie, dit is net andersom. FFP word al dunner hoe kleiner die vergroting
Re: teleskoop keuse
Posted: Wed Oct 28, 2015 3:06 pm
by Piet Breedt
Vir nagskiet sal ek die Meopta kies tussen daardie 3
Re: teleskoop keuse
Posted: Thu Oct 29, 2015 5:57 am
by cassie_calvinia
Piet Breedt wrote:cassie_calvinia wrote:die ffp scope se kruis kan dik raak op kleiner vergrotings. veral as mens seker max 12-14 skiet.
meopta R1
Cassie, dit is net andersom. FFP word al dunner hoe kleiner die vergroting
jammer Oom
Re: teleskoop keuse
Posted: Fri Nov 20, 2015 7:05 pm
by Steppenwolf
FFP scopes is gewoonlik n bietjie duurder en vir my beslis die beter opsie. Ek hou baie van die S&B 3-12x50 Zenith, Leupold Mk 4, Vortex PST 4-16x50, Bushnell LRHS 4.5-18x44, SWFA 3-15x42 - almal uitstekend en ja natuurlik FFP!
Re: teleskoop keuse
Posted: Fri Nov 20, 2015 7:54 pm
by GVC86
Steppenwolf wrote:FFP scopes is gewoonlik n bietjie duurder en vir my beslis die beter opsie. Ek hou baie van die S&B 3-12x50 Zenith, Leupold Mk 4, Vortex PST 4-16x50, Bushnell LRHS 4.5-18x44, SWFA 3-15x42 - almal uitstekend en ja natuurlik FFP!
Maar hoe kry mens die SWFA hier in RSA?
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Nov 23, 2015 6:34 am
by Steppenwolf
GVC86 wrote:Steppenwolf wrote:FFP scopes is gewoonlik n bietjie duurder en vir my beslis die beter opsie. Ek hou baie van die S&B 3-12x50 Zenith, Leupold Mk 4, Vortex PST 4-16x50, Bushnell LRHS 4.5-18x44, SWFA 3-15x42 - almal uitstekend en ja natuurlik FFP!
Maar hoe kry mens die SWFA hier in RSA?
Seker maar soos mens al die ander goed wat mens nie hier kry nie bekom!

Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Nov 23, 2015 7:20 am
by GVC86
Steppenwolf wrote:GVC86 wrote:Steppenwolf wrote:FFP scopes is gewoonlik n bietjie duurder en vir my beslis die beter opsie. Ek hou baie van die S&B 3-12x50 Zenith, Leupold Mk 4, Vortex PST 4-16x50, Bushnell LRHS 4.5-18x44, SWFA 3-15x42 - almal uitstekend en ja natuurlik FFP!
Maar hoe kry mens die SWFA hier in RSA?
Seker maar soos mens al die ander goed wat mens nie hier kry nie bekom!

Soos ek verstaan weier hulle om die scopes hierheen te stuur. Dus het jy n vriend daai kant nodig on dit te koop en te courier...
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Nov 23, 2015 7:27 am
by Steppenwolf
dis jammer, baie lekker scopes. Sal die SWFA maar vervang met IOR op my kortlys.
Re: teleskoop keuse
Posted: Mon Nov 23, 2015 12:30 pm
by Vlakvark Soldaat
Pel van my het sy Vortex -24 ingeruil vir die Meopta -16. Hy mis nie eers die groter vergroting nie, hy se die Meopta is net in n ander klas.
Re: teleskoop keuse
Posted: Fri Dec 18, 2015 5:09 pm
by Shaker
Wie hou n redelike reeks Meopta aan?
Re: teleskoop keuse
Posted: Fri Dec 18, 2015 5:31 pm
by Chris (vdB)
Shaker, Wildman sal jou kan help glo ek. Ek het vroeer die week n' Meopta Meostar R1 3-12X56 by hulle Bethlehem tak gekoop. Humansdorp Kooperasie hou ook Meopta aan as ek reg onthou
Re: teleskoop keuse
Posted: Fri Dec 18, 2015 5:41 pm
by Ranger
I bought my Meopta from the Humansdorp Co-op. Best pricing I found in SA.