Page 1 of 1

Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 3:40 pm
by Striker.
Goeie middag forumlede

Ek is Ruann Olivier, oom Maruis (dalk beter bekend as driepoot of tripodmvr) het my na die forum verwys. Ek het ‘n groot liefde vir skiet, jag, natuur, buitelewe, visvang en herlaai, is tans in die begin fase met Quick Load ook besig. Ek woon in Vereeniging asook Potchefstroom, hang af waste tyd van die week dit is. Op die oomblik het ek net ‘n 357 Magnum revolver asook ‘n 30-06 jaggeweer.

Baie beindruk met die forum met die bietjie “roofkyk” wat ek al gedoen het.

Ek wil by voorbaat dankie se vir almal se hulp wat ek nog gaan vra op die forum en dat hulle bereid is om hulle kennis met my te deel. Ek sien baie uit om meer te leer, my kennis te verbreed en nuwe vriende te maak.

Sien uit om saam te gesels

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 3:42 pm
by tripodmvr
Baba treetjies ne. Bly om te sien jy kom gesels.

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 3:53 pm
by Striker.
Baie dankie oom, maak so!

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 4:11 pm
by Heinz Petersen
Welkom Ruann. Weet nie wat jy nog op die forum kan leer nie, jy ken dan die groot leermeester.
Hoop jy geniet dit hier en dalk leer ons iets by jou.

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 4:30 pm
by Striker.
Middag Heinz

Ja dit help vreeslik baie om iemand soos hom naby te he en so bereidwillig om te help, maar kan hom ook nie dood gooi met al my vrae nie, hy sal dan amper nooit meer tyd he vir die forum nie, kan darem nie so maak nie. Seker ek gaan dit baie geniet.

Dankie

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 6:52 pm
by jamalley
Welkom Ruan

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 9:12 pm
by Philip J
Hallo Ruann.
Baie welkom. Ek glo jy sal dit geniet hier.

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 10:29 pm
by Gawie(13mm)
Welkom Ruann.

Hoop jy het baie data tot jou beskikking, want hier kuier ons lekker.

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Oct 25, 2015 10:53 pm
by Striker.
Baie dankie manne, Gawie ek is juis hier om daai data te versamel en weer aan ander oor te dra en kuier graag saam.

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Oct 26, 2015 5:57 am
by ruaanb
Baie welkom hier!