Page 1 of 2

Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Mon Oct 12, 2015 1:05 pm
by Henry
More

My seun het die naweek sy eerste bokkie geskiet, en ek wil graag vir hom (hy is 15 jaar oud) 'n jagmes koop. Wil nie graag meer as R500 betaal nie. Waarna kan ek kyk?

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Mon Oct 12, 2015 1:14 pm
by henning
Vir so n jong man gaan die een mes net so kosbaar wees soos die volgende een dus gaan dit nou oor pa se smaak.

Groete
Henning

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Mon Oct 12, 2015 1:18 pm
by Dirkvh
Opinel nr. 6 sou my keuse wees.

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Mon Oct 12, 2015 1:20 pm
by DanieDegenaar
Henning,

Dis 'n goeie gebaar en glo die jong man sal hom vir sy hele lewe lank oppas. In daai prys sal ek kyk na Kershaw. Goeie messe en kan 'n leeftyd hou. Kyk na die Gemsbok of Kudu van Kershaw.

Geluk met jou man se eerste bok.

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Mon Oct 12, 2015 1:53 pm
by Viking
Henry,

http://www.knivesforafrica.co.za/

Kyk gerus na die DOW reeks messe - hulle is goed geprys en goeie waarde vir geld. Veral die Oryx is veeldoelig en het 'n belly ripper op.

Die meeste ouens koop DUUR messe om net op die belt te dra, maar as dit by gebruik kom dan staan hulle terug dat die helper moet keelaf sny of pens uithaal.

Dirk

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 2:33 pm
by JTM
Ek sien in SA Jag tydskrif adver teer hulle in die aanlyn winkel die SA Jag Meula jagmes vir so R500.

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 2:45 pm
by Henry
Dankie mense.

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 3:11 pm
by ruaanb
kyk ook na Guerilla Skinman of Sharpman. Boks ver bo sy prys klas. Online is hulle net so oor die R200.

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 3:15 pm
by vossie1
Henry n pel van my maak messe in die strand,gaan loer gerus by hom hy het al n paar wat klaar gemaak is en sy pryse is baie goed. Sy naam is Hine Storm en is mede eienaar van die Spar langs die BP op die R44 net voor Charls morkel stadion.

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 4:12 pm
by Henry
vossie1 wrote:Henry n pel van my maak messe in die strand,gaan loer gerus by hom hy het al n paar wat klaar gemaak is en sy pryse is baie goed. Sy naam is Hine Storm en is mede eienaar van die Spar langs die BP op die R44 net voor Charls morkel stadion.
Ken die man. Bly net hier agter my. Ek het seker al heelwat aandele in sy Spar. ;D

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 4:13 pm
by vossie1
Daarshy praat met hom miskien kan hy help

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 4:46 pm
by DWB
Ek dink ook elke laaitie se eerste mes moet 'n ordentlike een wees!

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Tue Oct 13, 2015 10:33 pm
by Suikermuis
Goeienaand

Stem ook saam dat n man se eerste mes baie spesiaal is. Jy is gretig om hom te gebruik, maar sodra jy hom uitgehaal het raak jy jammer vir die mes en slag maar net versigtig by die sagte vleisies rond.

Ek ken ongelukkig min van die messe wat hierbo genoem word. My eerste mes was n Victorinox knipmes. Weet ongelukkig nie wat die model se naam is nie. Een van daardie rooies met die enkel lem (nie die multitool tipe nie) wat plusmin vier duim lank is as hy toegevou is. Sedertdien koop ek net daardie tipe mes en gebruik hom daagliks. Ons koöperasie verkoop hulle, maar ek is onseker oor die prys. Dit is dalk nie n Spiderco nie, maar indien hy sou verloor is dit ook nie R1000 nie.

Ek het vir my vrou vroeër die jaar n camo pienk Buck knipmes gekoop vir R430 by Wildman. Hulle het oranje camo messe ook gehad, wat nogal help om hom maklik raak te sien indien hy val. Daardie messe slag baie lekker, maar met sy skerp punt het ek al n pens of twee geraps.

Groete

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 6:21 am
by DWB
Kyk ook bietjie na Piet van der Westhuizen se Large Utility mes.

Dis 'n handgemaakte mes teen net 'n bietjie meer as jou begroting. (R650 as ek reg onthou)

Maar hy sal hom in sy lewe nooit opgebruik nie.

www.gardenrouteblades.co.za

Hy is in Mosselbaai en sy diens is lekker vining.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/IMG-20150810-WA0038.jpeg

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 8:44 am
by Chevvy SS
Koos Barnard se mes?

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 9:17 am
by GERT vd M
Maar net my opinie. Koop vir hom n goeie mes soos Kershaw, Boker ens. Bly weg van goedkoop China gemors. Baie belangrik, koop vir hom n KNIPMES MET N LEER SKEDE!! Guthook is opsioneel. My rede is dat hy daai mes na die eerste en laaste braai toe ook sal wil dra dra
Groetnis
Gert

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 12:36 pm
by Apie
In die SA Jagter tydskrif agterlangs is daar n SA Jagter Meula mes vir R550 as ek reg het.
Lyk na net die ding daai

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 5:27 pm
by JTM
http://winkel.sajagtertydskrif.co.za/

Die SA jagter mes kan jy hier na kyk.

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 7:43 pm
by Dries101
GERT vd M wrote:Maar net my opinie. Koop vir hom n goeie mes soos Kershaw, Boker ens. Bly weg van goedkoop China gemors. Baie belangrik, koop vir hom n KNIPMES MET N LEER SKEDE!! Guthook is opsioneel. My rede is dat hy daai mes na die eerste en laaste braai toe ook sal wil dra dra
Groetnis
Gert
Ek bereid om te se dat alle Kershaws, bokers ens in daai prys klas in elk geval van china af kom

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 8:26 pm
by Arnold
Op die Kershaw wat ek noudie dag staan en kyk het staan made in China

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 8:27 pm
by Arnold
Ek sou ook stem vir n knipmes

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 9:02 pm
by Dries101
Ek sou R850 bymekaar skraap en n Buck110 vir hom koop

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 9:40 pm
by alecjohnson
Ek het nou nog my eerste "groot" mes by my oupa gekry. Dit is n swiss army met n kort lem en lang lem. Ook n kurktrekker in. Ek het steeds die mes. Dis baie waardevol vir my en het dit op al my jagte saamgeneem.


So my raad sal wees om n goeie knipmes te koop en sy naam op die lem te laat grafeer. Dit sal vir hom baie beteken!

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 10:13 pm
by Chevvy SS
Selfs Buck word tans in China vir die Buck maatskappy vervaardig. Word onder streng maatreëls van die moedermaatskappy gedoen. Het dit uitgevind nadat ek een gekoop het met die China "stamp".

Re: Eerste Jagmes Vir Seun

Posted: Wed Oct 14, 2015 10:19 pm
by Dries101
Chevvy SS wrote:Selfs Buck word tans in China vir die Buck maatskappy vervaardig. Word onder streng maatreëls van die moedermaatskappy gedoen. Het dit uitgevind nadat ek een gekoop het met die China "stamp".

Die 110? Weet Buck se goedkoper reeks kom uit China -110 word nog in VSA vervaardig. Spyderco doen dieseldfe- china, japan en vsa asook benchmade. Boker het china en duitsland. Ens ens.