Page 1 of 1
Waardasie
Posted: Tue Oct 06, 2015 3:24 pm
by D.H.Botha
Dagsê
Is hier iemand wat julle kan voorstel in die Pretoria omgewing wat waardasies kan doen van vuurwapens vir versekeringsdoeleindes? Enige voorstelle sal waardeer word
Dit sal 'n redelike expert moet wees, en minstens deel van 'n versamelaarsvereniging. Iemand moes seker al 'n wapen of twee opgetel het iewers en die item laat waardeer het?
Dankie,
Re: Waardasie
Posted: Tue Oct 06, 2015 3:25 pm
by DWB
Probeer dalk vir 470rigby
Re: Waardasie
Posted: Tue Oct 06, 2015 3:39 pm
by Chris Swart
Ek weet S.A.A.A.C.A verwys mense gewoonlik na Clasic Arms in Witbank.
Re: Waardasie
Posted: Tue Oct 06, 2015 3:45 pm
by D.H.Botha
Classic arms is ongelukkig bietjie uit die pad uit. Meeste van die goed is op 'n storingspermit by my terwyl ek die lisensies uitsorteer met ons liewe SAPS. So dit sal iemand moet wees wat ek met 'n lekker koppie koffie, beskuit en biltong na my huis toe kan lok in ruil vir die waardering.
Re: Waardasie
Posted: Tue Oct 06, 2015 3:51 pm
by Chris Swart
Net vir interesantheid, watse wapens is dit?
Re: Waardasie
Posted: Wed Oct 07, 2015 7:56 am
by Geno
Kontak vir
470Rigby of
Johan van Wyk hier op die forum. Albei is in Pta, en weet waarvan hulle praat.
Re: Waardasie
Posted: Wed Oct 07, 2015 8:12 am
by Carl
Kontak vir Andrew Tonkin (Johan van Wyk sal jou ook verwys). Epos is purdey@iafrica(punt)com
Re: Waardasie
Posted: Wed Oct 07, 2015 8:13 am
by Geno
Carl wrote:Kontak vir Andrew Tonkin (Johan van Wyk sal jou ook verwys). Epos is purdey@iafrica(punt)com
Andrew Tonkin = 470Rigby soos hier bo genoem.
Click net op hulle name (in blou) dan kom jy op hulle profiele uit.
Re: Waardasie
Posted: Wed Oct 07, 2015 8:17 am
by Carl
Dankie. Ek is nie bevoorreg om die skuilname se regte name te ken nie

Re: Waardasie
Posted: Wed Oct 07, 2015 10:18 am
by D.H.Botha
Baie dankie manne ek kontak hulle vandag. Waardeer die hulp!
Dit is maar 'n reeks wapens, maar die twee wat ek die graagste wil waardeer is twee Ruger swartkruit rewolwers, 'n Old Army en 'n Model 1858. Pragtige grafeerwerk op albei.
Dan is daar 'n 7mm Rem Mag wat 'n oorlede wapensmit van Citrusdal gamaak het - Jock Wolmarans was sy naam gewees, met 'n ongelooflike mooi handgemaakte houtkolf. As enige iemand terloops informasie het oor Wolmarans en van daardie deel van die wêreld afkom sal ek graag met hom/haar wil gesels daaroor.
Dan ook 'n Sako L61 Finnbear met agthoekige loop en 'n unieke kolf. En nog so paar items.
Re: Waardasie
Posted: Mon Oct 12, 2015 9:52 am
by D.H.Botha
Dankie manne, Andrew was gister daar by my en ek glo ek sal uitgesort wees.
Re: Waardasie
Posted: Wed Mar 02, 2016 2:29 pm
by gho
DH
Ek sal jou kan help met die Wolmaranse. Ek ken hulle almal.
Groete
Gerrie
Re: Waardasie
Posted: Wed Mar 02, 2016 5:45 pm
by Ferdi Bam
Die Ruger Old Army in .44 kaliber met n 7" loop vlekvrye staal het verkoop vir net so oor R 5000.00
Groete
Ferdi Bam
Re: Waardasie
Posted: Wed Mar 02, 2016 6:49 pm
by wlm
gho wrote:DH
Ek sal jou kan help met die Wolmaranse. Ek ken hulle almal.
Groete
Gerrie
Ek wou nou net se^ vra vir Gerrie.
Re: Waardasie
Posted: Sun Nov 13, 2016 5:11 pm
by Wollie Wolmarans
D.H.Botha wrote:Baie dankie manne ek kontak hulle vandag. Waardeer die hulp!