Page 1 of 1
Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Sep 28, 2015 10:50 am
by cassie_calvinia
Hier in die Noord Kaap het jy geen permit nodig, tensy, jy vir vergoeding jag. maw, as jou buurman vir jou 'n bottle brandewyn gee vir 'n jakkals, moet jy 'n permit he.
die permit kos R1000, en daarna iets soos R50/jaar.
dit is maar slegs klomp forms wat geteken moet word. en, dan moet jy 'n besigheids plan opstel.
jou ervaring, hoe lank jy jag, toerusting, ens, ens,
hoe werk dit in die ander provinsies waar mens vir vegoeding jag?
ek jag naby aan die wes kaap grense, en wil maar graag 'n weskaap permit ook kry.
en, ek dink as jakkals jagters, moet ons maar ons kante skoon hou, en met die regte papierwerke in die bakkie he.
kom ons stel 'n lys hier op, sodat almal dit weet, en die nuwe manne in toekoms dit ook kan bekom.
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Sep 28, 2015 11:51 am
by cassie_calvinia
jy kry dan papiere wat jy so nou en dan moet invul van waar jy jakkalse geskiet het, waypoints, pens inhoud, ens. en die klient moet teken
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Sep 28, 2015 1:44 pm
by cg rossouw
Cassie hier in Oos Kaap weet hulle lyk my ook nie regtig wat aan gaan tussen die verskillende munisipaliteite nie, ek val onder die Queenstown deel en kry net n permit om met n spotlight te jag in die aand. Daarby moet jy n helse lys goed saam gee, bv bakkie regstrasie papiere, id, bevoegtheidsertifikate, wapenlisensies ens, Aliwal weer kort jy niks, net jou id. hulle wil graag he jy moet hulle help met data en al daai dinge dat ek al van die begin van die jaar af wag vir my permit
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Sep 28, 2015 1:47 pm
by cassie_calvinia
ek moes ook maar al daardie goed gegee het.
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Sep 28, 2015 6:28 pm
by Rot
Moet jy permit he vir mpumalanga
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Sep 28, 2015 9:18 pm
by Christo
Cassie in die WesKaap moet jy permit uitneem. Die eienaar van die grond moet dit doen en dan op die permit aansoek aandui wie die jagter sal wees. As jy op jou eie grond jag moet jy ook permit uitneem en hy is geldig vir max 6 maande. Dan is hy kosteloos. Vir ander jagter as eienaar was dit laas nog R80.
Baie gesprekke om die permitte slegs deur verenigings uit te reik en net aan profesionele jagters of geregistreerde jagters. Weet nie lekker hoe die kite vlieg nie. Soverhou ek maar by die permitte elke 6 maande en dit werk vir my.
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Sep 28, 2015 10:44 pm
by Jackalsniper
Jis Christo is reg. In die Weskaap neem die grond eienaar of huurder die permit uit. Eienaar mag self met die permit jag,maar elke ander jagter moet op die permit bygevoeg word om wettig te mag nag jag. Vyf jakkalse of rooikatte kan wettig geskiet word per nag en die permit is 6 maande geldig.
Dis 3 vorms wat ingevul word.
1 ste die eienaar se permit. 2de die jagter se besonderhede en 3de n lys van diere wat geskiet is,die getal jakkalse of rooikatte, die geslag, die pens inhoud en die gewig moet opgeskryf word . die 3de vorm is nodig om aansoek te doen vir die opvolgende permit van 6 maande. Sover nog niks hoev te betaal as jagter nie, maar het al n ekstra permit gekry om takbokke in die nag te skiet. was R100 gewees. Nie n groot storie om te kry nie. wag gewoonlik n halfuur by Cape Nature. Ek vat sommer die vorms na die boer , kyk na sy setup en doen self aansoek dan weet ek dis in plek en niks kort paaie wat gevat word nie. Hou sommer die copies in my bakkie ingeval iemand met n groen g string my moeilikheid wil gee
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Wed Sep 30, 2015 4:52 pm
by shimano
Hallo manne!
Nou verstaan ek nie lekker nie, Verduidelik my hoe werk die goed dan in elke dorp anders en HOE dit moontlik in een provinsie dat dit een hand nie eers weet wat die ander moet doen nie.
Weet hul wat hul doen en hoe dit veronderstel is om te werk en wat gaan vir wat???
En wat is dien primere rede hoekom n jagter n permit moet he of is daar n ander rede mmmmm
Groete
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Wed Sep 30, 2015 8:53 pm
by Jackalsniper
Elke provinsie is anders. jy moet maar Natuur bewaring kontak in jou provinsie en hoor wat jy nodig het. Ek neem aan hulle het permit stelsel inplek gekry om te help met vee/ wild diefstal te vertraag. As hulle jou vang in die nag op n bakkie met n lig en n geweer het jy moeilik as jy nie die regte papiere het nie.
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Sat Oct 03, 2015 7:33 am
by Wayne
CG, if you do not keep at them you are going to wait a long time. As CG said, the permit in the Qtn area is for the light, and there is no cost. Then you have to report in each time you are going to go out and where you are going to hunt, so that if there is a report of a light in the area they know if it is necessary to go investigate or not.( that is what we are told), then the normal hunting practices count, you need your Hunting license and permission to hunt from the owner.
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Sat Oct 03, 2015 8:06 am
by NicoSmit
Wat sê Gauteng en NW se natuurbewaring?
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Sat Oct 03, 2015 8:41 am
by Flip Fouche
NicoSmit wrote:Wat sê Gauteng en NW se natuurbewaring?
Sal ook wil weet van Noord Wes.
Flip
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Sun Oct 04, 2015 10:26 am
by SmitH
Hier by my in die Oos Kaap doen ek net elke jaar aansoek vir hernuwing van permit dit vat so n dag dan het ek my nuwe permit vir die jaar
Groete Smit
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Oct 05, 2015 9:06 am
by Swartsak
Gauteng se ordinansies bepaal dat daar 5 probleem diere in die provinsie is naamlik jakkals, rooikat, bosvark, blouaap en bobbejaan (schedule 8, section 56). Vêrder word ook genoem dat geen wild mag in die nag gejag word sonder die nodige permit nie. Hierdie bogenoemde diere word egter spesifiek uitgesluit van die beskrywing as gewone en beskermde wild en daarom is daar geen beperking op die jag daarvan i.t.v. permitte of wyse tensy dit deur 'n klub en/of opgeleide honde gedoen word nie. In beide die uitsonderings is daar ekstra vereistes van registrasie en/of permitte nodig. Die eienaar het ook geen skadepermit nodig vir hierdie diere nie. Dit is ook hoe Leon Labuschagne van Gauteng Natuurbewaring dit aan my verduidelik het.
Elke provinsie se ordinansies is egter vrylik beskikbaar op die internet en ek verbeel my dit is op die forum verkrygbaar...?
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Oct 05, 2015 9:37 am
by Hein M.
Christo wrote:Cassie in die WesKaap moet jy permit uitneem. Die eienaar van die grond moet dit doen en dan op die permit aansoek aandui wie die jagter sal wees. As jy op jou eie grond jag moet jy ook permit uitneem en hy is geldig vir max 6 maande. Dan is hy kosteloos. Vir ander jagter as eienaar was dit laas nog R80.
Baie gesprekke om die permitte slegs deur verenigings uit te reik en net aan profesionele jagters of geregistreerde jagters. Weet nie lekker hoe die kite vlieg nie. Soverhou ek maar by die permitte elke 6 maande en dit werk vir my.
Christo,
Is die vorms net by Cape Nature se kantore beskikbaar of kan jy dit iewers aflaai?
Hoor graag...
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Oct 05, 2015 10:19 am
by Geno
Flip Fouche wrote:NicoSmit wrote:Wat sê Gauteng en NW se natuurbewaring?
Sal ook wil weet van Noord Wes.
Flip
NW is dieselfde as Gauteng, soos verduidelik hier bo deur Swartsak.
Jy kort 'n toestemmingsbrief om te jag op die grond.
Hoe lank operate julle al in die nag sonder om die wetlike aspekte te ken?
http://www.africahunting.com/hunting/so ... h-west.pdf
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Oct 05, 2015 10:23 am
by NicoSmit
het in elk geval toestemming brief van plaas boer as ek daar is .
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Oct 05, 2015 10:34 am
by Hein M.
Skuus vir die hi-jack
Sien hier in die Cape Nature se ordonansie dat dit onwettig is om te jag met 'n 223

Die kaliber met mistens 'n "five comma six" of groter wees...
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Oct 05, 2015 7:45 pm
by Christo
Hein ek het van hulle website laas afgelaai. Gebruik die een steeds en verander net datums elke keer. Weet nie of hy verander het nie. Hulle bly happy met die een wat ek stuur.
Re: Permitte vir jakkals jag, verskillende provinsies
Posted: Mon Oct 05, 2015 8:59 pm
by Hein M.
Christo wrote:Hein ek het van hulle website laas afgelaai. Gebruik die een steeds en verander net datums elke keer. Weet nie of hy verander het nie. Hulle bly happy met die een wat ek stuur.
Dankie Christo!
Sal daar gaan loer!
Mooiloop!