Page 1 of 1

Teleskoop opgradeer

Posted: Fri Sep 25, 2015 10:48 pm
by Ockert1992
Naand julle,

Ek is besig om bietjie navorsing te doen. Ek wil my .270 se teleskoop bietjie opgradeer. Ek het tans 'n Rudolph H1 3-9x40 TS.

Dit is 'n baie lekker teleskoop en ek het nog nooit probleme met hom gehad nie, maar ek sukkel bietjie op die veldskiete met die klein vergroting op die ver teikens en gonge.

Die geweer word hoofsaaklik vir teiken(veldskiet) en karoo jag gebruik.

Ek soek iets wat in die volgende katogorieë val:

- 4 - 16 vergroting klas
- 50 objektief
- Moet 'n tipe BDC Kruis hê
- Ek kyk so na R7000 - R9000 prysklas
- Goeie diens en waarborg

Die volgende is wat ek tans oorweeg:

Lynx 2.5-15x50 met SAH of RF reticle(Net bang kruis is te dik)
Meopta Meopro 3-18x50 BDC Retical
Rudolph VH 4-16x50 T3 Reticle
Nikon Monarch 3 4-16x50 (Ek sien oral net die met die plex reticle)
Vortex Viper HS 4-16x50 (Met die huidige wisselkoers is die outjie se prys so bietjie aan die stywe kant)

Is daar enige teleskope wat ek gemis het wat nog hier kan by kom? Het van julle ervaring met die teleskope en aanwending?

Ek sal graag julle opinies wil hoor.

Dis baie geld en ek wil een keer reg koop.

Groete
Ockert

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 6:11 am
by 6.5/284Norma
Ockert1992 wrote:Naand julle,

Ek is besig om bietjie navorsing te doen. Ek wil my .270 se teleskoop bietjie opgradeer. Ek het tans 'n Rudolph H1 3-9x40 TS.

Dit is 'n baie lekker teleskoop en ek het nog nooit probleme met hom gehad nie, maar ek sukkel bietjie op die veldskiete met die klein vergroting op die ver teikens en gonge.

Die geweer word hoofsaaklik vir teiken(veldskiet) en karoo jag gebruik.

Ek soek iets wat in die volgende katogorieë val:

- 4 - 16 vergroting klas
- 50 objektief
- Moet 'n tipe BDC Kruis hê
- Ek kyk so na R7000 - R9000 prysklas
- Goeie diens en waarborg

Die volgende is wat ek tans oorweeg:

Lynx 2.5-15x50 met SAH of RF reticle(Net bang kruis is te dik)
Meopta Meopro 3-18x50 BDC Retical
Rudolph VH 4-16x50 T3 Reticle
Nikon Monarch 3 4-16x50 (Ek sien oral net die met die plex reticle)
Vortex Viper HS 4-16x50 (Met die huidige wisselkoers is die outjie se prys so bietjie aan die stywe kant)

Is daar enige teleskope wat ek gemis het wat nog hier kan by kom? Het van julle ervaring met die teleskope en aanwending?

Ek sal graag julle opinies wil hoor.

Dis baie geld en ek wil een keer reg koop.

Groete
Ockert
Hallo Ockert,

jy sal geen fout maak met die Meopta nie. Ek het twee van hulle: Meopro en Meostar en hulle is baie goeie waarde vir geld.

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 6:44 am
by alecjohnson
Met jou begroting sal ek beslis kyk na die vortex viper 6.5-20x50 BDC (R9.6K) dan na die Vortex Viper HS 4-16x50

hulle is baie goed en hul waarborg uit die boonste rakke.

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 7:38 am
by Capt. Yoda
Koop vir jou nog n Rudolph

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 10:15 am
by Steppenwolf
As jy nie a FFP man is nie, loer ook na Minox, Vixen, Trijicon, Burris. Zeiss. Die Zeiss Terra reeks is die goedkoper reeks wat nie eg Duits is nie maar miskien a kyk werd.

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 1:17 pm
by jassonmoss38
Hey I own a Viper Vortex HS 4-16X44. Really happy with it. Just to mention the cross hairs are a lil fine for early morning or late afternoon. When I bought, I was deciding between the Nikon and Vortex but chose the Vortex for there after sales guarantee. I can't comment on the other brands.

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 8:31 pm
by visser
Die Vortex scopes is regtig baie goed.Ek was altyd n Lynx man,maar na n Huntex waar ek deur n Vortex gekyk het,was daar net een pad.Ek het n Viper 6.5-20x50 0p my 25-06 en sien lekker tot 400m snags.n Diamondback 3.5-10x50 op my 223.Baie helder en goeie field of view.Shop n bietjie rond,ek het my Viper vir R6700 gekry deur ons kooperasie.Moet noem dit was April vanjaar.Sterkte met n lekker soektog.

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 8:58 pm
by Ockert1992
Weet iemand dalk waar ek 'n Vortex Viper 6.5-20x50 in die hande kan kry? Of wie voorraad het?

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 9:49 pm
by HoggerNaut
Griffin Tactical het voorraad

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 10:16 pm
by Rudie
EK het vir jou 'n Vortex Viper 6.5-20X50 met BDC. Een wat nou al 'n geruime tyd in die kas lê. Ek het hom hier by 'n forum lid gekoop en het hom nog nie op 'n geweer gesit nie, die projek het so bietjie ander rigting in gegaan. Ek het R 7500.00 vir hom betaal met ekstra sunshade wat so R 600 werd is.

As jy belang stel, laat weet my dan gesêls ons. Ek wil basies net my geld weer terug kry op hom, ek gaan hom saam met ander scopes hier op sit more.

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sat Sep 26, 2015 11:30 pm
by Mellies
Ockert ek sien NWK het die nikon monarch 3 6-24x50 BDC @ R8000 op promosie.

Met n vleisie...

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sun Sep 27, 2015 11:50 am
by Plaashaas
KOOP die lynx lx2 wat op die forum is!!!

Ek dink dis n baie goeie koop. Soveel so dat ek al aan verskonings dink om n geweer vir daai scope te koop.

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sun Sep 27, 2015 4:08 pm
by Ockert1992
Hi julle,

Dankie vir almal se raad.

Ek het Rudie se Vortex gekoop.

Sien baie uit na die nuwe teleskoop!

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Sun Sep 27, 2015 5:59 pm
by jassonmoss38
I'm sure you gonna be happy with the scope but do share ur thoughts when you recieve it. Like I said I love mine ; )

Re: 30 mm ringe vir warne basisse

Posted: Thu Oct 01, 2015 12:36 pm
by Ockert1992
Rudie wrote:EK het vir jou 'n Vortex Viper 6.5-20X50 met BDC. Een wat nou al 'n geruime tyd in die kas lê. Ek het hom hier by 'n forum lid gekoop en het hom nog nie op 'n geweer gesit nie, die projek het so bietjie ander rigting in gegaan. Ek het R 7500.00 vir hom betaal met ekstra sunshade wat so R 600 werd is.

As jy belang stel, laat weet my dan gesêls ons. Ek wil basies net my geld weer terug kry op hom, ek gaan hom saam met ander scopes hier op sit more.
Ek het vir my 'n Vortex Viper 6.5-20x50 by Rudie gekoop.

Ek moet nou vir my 'n stel 30mm ringe kry wat op warne basisse pas.

Ek sien S&O het Warne Med ringe vir R830.00

Watter ander opsies is daar?

Groete
Ockert

Re: Teleskoop opgradeer

Posted: Thu Oct 01, 2015 1:15 pm
by Rudie
Ek is nie 'n baie groot fan van Warne ringe nie. Kyk na die Burris Signature ringe met inserts.